Net Toiings word laslappies vir nuwe digbundel

15 September 2016 | Life Style

Charles Zandberg het aan ’n vrou gesê hy gaan nou aftree. Onmiddellik het haar teenvraag gekom: “Hoe sal ek dit agterkom?”
Maar net een van die werklikhede van menswees wat deur die gemoed van die digter speel en wat hy met ’n streel van sy grys baard tussen die duim en die voorvinger probeer stukkend vryf. Dan vee hy ’n haarlok weg wat op sy voorkop koers wou vat oë toe. “Aftree is ’n bliksem. Ons was medereisigers in ’n leeftyd, maar nou gedeporteer na ’n nuwe begin.”
Met die wysgeer van Omaruru is onder ’n grasdakkie op die kuierblad van ’n hotel gesels. Dis waar sy nuwe versebundel Tydtoiings op 23 en 24 September vrygestel gaan word. Dis sy vyfde bundel ná Ver verse en ander fratse, Tydsaam met tyd saam, Tot hiertoe en verder en Die maan bloei. Op 69 jaar is dit vir Charles ’n oorgaan na die twyfel van nog ’n onbekende terwyl hy steeds aan die dryfhout van die werklikhede van ’n vol lewe klou.
“Toe ek klein was, het ek anders oor aftree gedink. Ek het gemeen dit is om Henties toe te trek, ’n ou Land Rover te koop en vis te vang. Dit het maklik gelyk.
“Nou lyk dit nie meer so lekker nie. ’n Wete is dat jy nog goed kan skryf, maar jy het ’n probleem. Hoe tree jy af? Vir mense wat lewenslank vaste betrekkinge beklee het, is dit anders. Jy bereik aftreeouderdom op sestig jaar en dan gaan jy aan met dit waarop jy jou in ’n leeftyd voorberei het. Dan is daar die ander gevalle. Jy bereik ’n stadium waar jy vrae vra, maar nie die antwoorde kry nie.”
Charles bly nou alleen op Omaruru. “My blyplek is so tussen verskillende kerke waar hulle Sondagoggend die klokke lui. Dis amper soos ’n franchise, amper soos Kentucky Fry”.
Charles kyk terug op ’n leeftyd waarin sy liefde vir die geologie en kennis van minerale en edelstene hom na die uithoeke van Namibië gebring het waar hy gewoel en gewerskaf het. Saam met die natuur het hy geleef en ’n wedersydse liefde gekoester met ’n landskap wat hom verstaan het. Dit het hom weer na verre oorsese lande gevoer terwyl buitelandse instansies weer hier te lande uit sy kennis geput het.
Ook dit het tot vrae gelei wat weer in sy digkuns uitslaan sonder om die antwoorde te vind. “Wie is nou eintlik slim? Is dit jy of die klipkapper wat in ’n afgesonderde gebied vir die skatte van die aarde grawe? Net ’n saamslaanplekkie vir hom, sy vrou en die suigeling van ses maande wat daar lê.
“Die lewe vertel vir ons goed waarvan ons niks weet nie. Dan word ’n verwagting gekoester dat jy iets daarmee moet maak. Die wêreld verkeer reeds in chaos. En dit terwyl ons niks gedoen het om dit te maak nie.”
Op die gebied van minerale en edelstene is Charles Zandberg steeds bedrywig, maar die jare het sy werkgebied verklein. “Dis al ’n pyn net om ’n kamp op te slaan”. Van Omaruru konsentreer hy nou op nabyvelde soos die van Uis en Karibib. In sy visier bly tin, tantaliet en berillium.
Juis die vryheid van sy denke het die dood van Koos van Ellinckhuijzen, die gevierde Namibiese kunstenaar met Swakopmund as sy laaste rusplek, vir Charles ’n harde slag gemaak.
“Eens het ek ’n huis by Koos gekoop. Toe die transaksie sy finale stadium bereik het, het ek vir Koos gevra: “Waar gaan jy nou bly?”
Koos het kort en kragtig geantwoord: “By jou.”
Daarom word die voorblad van Tydtoiings aan die kuns van Van Ellinckhuijzen afgestaan. Toe die dood gekom het, was Tydtoiings reeds in druk. Dit is Van Ellinckhuijzen wat met sy dood vir Charles Swakopmund toe laat ry het om onder meer sy hulde in ’n geklassifiseerde seksie van Republikein te bring.
Ook in die verse van Tydtoiings word hierdie wroeging tussen wat was, is en kan of gaan wees verwoord:
Die lewe is ’n strafskop
voor die pale
in beseringstyd van ’n gelykop stryd
wat mis is (amper raak bly mis)
niemand wen niemand verloor
net die perfekte balans bly oor
dan blaas die eindfluitjie sy laaste asem uit
Of in:
Vir Wotan
Hoekom is die lewe so wreed
om ons te laat weet
van dinge wat ons weet
ons niks van weet
(He that knows not - sin not -
why tel him).

Similar News

 

Get your accessories here!

1 month - 08 November 2019 | Life Style

Swakopmund • [email protected] Well-known coastal fashionista Alba Hamukwaya recently launched the latest line of her accessory brand, House of Nalo.The 27-year-old, also known as...

Kamanya doing Namibia proud

11 months ago - 17 December 2018 | Life Style

Miss Namibia 2018, Selma Carlicia Kamanya (22), made it into the top five of the Miss Universe national costumes competition with her beautiful outfit inspired...

Namases inducted into hall of fame

1 year - 19 November 2018 | Life Style

Adolf KaureLocal entrepreneur Dianah Namases was recently inducted into the Namibia Business Hall of Fame as an emerging entrepreneur in a ceremony which took place...

Couture by Kim

1 year - 12 November 2018 | Life Style

Adolf KaureKaino Ipuleni Matheus (Kim) is taking the world of fashion by storm.The 28-year-old Matheus, who is a creative executive for Kimatheus Boutique also known...

Araffath releases ‘Owela’

1 year - 22 October 2018 | Life Style

Adolf Kaure - Arandis born producer Araffath Muhuure has released his latest single titled “Owela”. The producer features legendary Namibian musician Hishishi Papa on the...

Quick and easy kids’ rooms

1 year - 10 September 2018 | Life Style

Did you get all psyched up to decorate your baby’s nursery only to learn that time moves really fast and now all of a sudden...

Foot massage for Father’s Day

1 year - 15 June 2018 | Life Style

Adolf KaureFather’s Day is a day when fathers are celebrated for all the efforts they have mustered up for their families throughout the year.Since the...

Local pole dancers heading for Hollywood

1 year - 01 June 2018 | Life Style

Leandrea Louw - Childhood friends and now pole dancing enthusiasts Sonja Keil (27) and Charlotte Ann Taylor-Debortoli (27) are on their way to Los...

Your one-stop oasis of wellness

1 year - 01 June 2018 | Life Style

Marion von Maltzahn established the first Ciana Day Spa facility with support from her husband towards the end of 2013 in Windhoek. When...

English works for it

2 years ago - 27 July 2017 | Life Style

Adolf KaureThe 2017 Namibia Annual Music Award (NAMA) Female Artist of the Year, Monique English, has released her first music video of her debut album,...

Latest News

Desert Dash delivers once more...

1 day - 07 December 2019 | Sports

Swakopmund · [email protected] Nedbank Desert Dash competitors competed in various categories such as the solo (men’s and women), mixed two, four as well as four...

Headmaster arrested for corruption

3 days ago - 05 December 2019 | Crime

Swakopmund A 39-year old former headmaster of Vrede Rede Primary School, Lizette Hedwig Fisher-Lucas, was arrested on a charge of theft after she allegedly misused...

Danie van Antwerpen and Pikkie...

4 days ago - 05 December 2019 | Sports

The 54 players that competed in the Namib Mills better ball competition was the biggest field for many a month and what a good day...

Wêreldvigsdag herdenk

4 days ago - 05 December 2019 | Health

Walvisbaai • [email protected] Walvisbaai se munisipaliteit het Vrydag saam met die res van die wêreld, Wêreldvigsdag herdenk onder die tema “Gemeenskappe maak die verskil”.Tydens...

Fuel prices unchanged

5 days ago - 04 December 2019 | Energy

Fuel pump prices in Walvis Bay for 95 Octane Unleaded Petrol amount to N$ 13.05 per liter and that of Diesel 50 ppm is N$...

Fishermen protest against ‘fishrot’ accused

5 days ago - 03 December 2019 | Crime

Walvis Bay · [email protected] Approximately 300 fishermen held a peaceful demonstration outside the Kuisebmond Stadium in Walvis Bay earlier today.The fishermen, who are all unemployed...

Strawberry Fields Forever!

6 days ago - 03 December 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Strawberry Fields Vocal Training Academy hosted a show to commemorate the past year on Saturday evening. “The evening was just for...

Youth stand against femicide

6 days ago - 03 December 2019 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Youth Against Femicide (YAF) movement operating with the backing of Dipogenic Media, are in the process of hosting...

“Rol met my” – op...

6 days ago - 03 December 2019 | Health

Swakopmund • [email protected]ë is berug vir die talle motorongelukke wat op sy paaie voorkom asook die gepaardgaande verlies van lewens. Naas die fisiese gevolge, raak...

Load More