Nasionale kroon by Swakop gejaag

05 November 2020 | Sports

Windhoek · [email protected]


Die Walvisbaai-motorklub sal op Vrydag 13 en Saterdag 14 November twee nasionale Shell V-Power tydrenkampioen­skaps­byeenkomste in die omgewing van Swakopmund aanbied.

Vivo Energy Namibia met sy Shell V-Power-handelsmerk, as hoofborg vir die twee oorblywende kompetisies, is 'n getroue ondersteuner van tydrenne en van die Walvisbaai-klub as dryfveer agter die laaste twee byeenkomste. Die Walvisbaaiers het reeds die tweede nasionale byeenkoms vir 2020 aangebied wat ook deur Shell V-Power geborg was.

Mnr. Jan Everson, voorsitter en jaer van die Walvisbaai-klub, sê sonder Vivo en Shell V-Power se steun sou dit nie moontlik gewees om die knoop deur te haak nie.

“Ons wil uit die staanspoor graag vir Vivo Energy bedank omdat hulle al 'n klomp geld hierdie jaar vir ons gegee het om tydrenne aan te bied. Vivo het ons reeds met die tweede been van die nasionale kampioenskap geborg en nou het hulle vir ons nog geld gegee om die laaste twee kompetisies te hou.

“Omrede Covid-19 sport in Namibië tot stilstand geruk het, moes Windhoek-motorklub noodgedwonge die ikoniese Tara-tydren kanselleer wat vandeesmaand moes plaasvind. Walvisbaai-motorklub was in die verlede nou betrokke by die laaste twee Tara-tydrenne wat vanaf Swakopmund tot in Windhoek gehou was.

“Dus is die roetebeplanning en roetenotas van die trajekte naby Swakopmund niks vreemds vir ons nie en ons het besluit om in te spring om te sorg dat die nasionale kampioen­skap voltooi kan word.

“Om die nasionale kampioenskap suksesvol te voltooi, moet ten minste vier byeenkomste gehou word. Ons moes hard spook om 'n borg vir die laaste twee kompetisies te vind en Shell V-Power was opnuut daar om tydrenne se hand te vat.

“Ons het op die gekanselleerde Tara se twee datums besluit en sal twee volledige tydrenne oor twee dae aanbied. Plaaslike entoesiaste en ondersteuners is honger vir aksie en sien baie uit na die voorgenome byeenkomste en dan praat ek nie eens van die jaers wat die hele jaar al droëbek moes sit nie.

“Ocean View Shell, Skyway, J&P Hydraulics, Seal Consulting Engineers, Swakopmund Go Karts, Hardap Freight Services asook Malan's Meat Market en Safeware is uitstekende ondersteunende borge wat deurgaans mildelik tot tydrenne bydra om byeenkomste suksesvol aan te bied.

“Die dryfveer agter alles is die span van Walvisbaai-motorklub wat nie terugdeins om hul tyd op te offer vir die reël van tydrenne nie. Ons spesiale dank aan mense soos Oswaldo Mendes, Allan Martin en Tinus Malan vir die reëlings, roetebeplanning en roetenotas en al die ure se tyd wat hulle ingesit het om die twee byeenkomste moontlik te maak.

“Met twee vollengte byeenkomste agtermekaar het dit sake verder vir ons bemoeilik om dinge te reël.

“Ons bedank vir Geraldine Naude, ons topklas roeteklerk, en André Everts, ons klubverteenwoordiger by die NMSF (Namibiese Motorsportfederasie), opreg vir hul hulp en insette,” het die voorsitter aan Republikein gesê.

Van die besonderhede vir die komende byeenkomste:

Tydren 1 (100.45 km) op Vrydag 13 November se aksie bied nege nuwe trajekte waarvan agt in die daglig en een nagtelike sneldeel in die nywerheidsgebied gejaag word. Die nuwerheidsgebied bied uitstekende kykgenot aan toeskouers en dié skof sal om 19:30 wegspring.

Tydren 2 (104.5 km): Die volgende oggend om elfuur sal die eerste span by Ocean View Shell wegspring om die eerste van agt sneldele aan te durf.

Bekende kykervriendelike sneldele sluit in: Daggabos, MX en NamPower waar toeskouers in die verlede die spanne in aksie kon sien. Sneldeel 7 begin om 15:00 langs NamPower – 'n gewilde skof wat tevore hordes toeskouers gelok het.

Nagenoeg 20 inskrywings word verwag.

Similar News

 

Cultivating discipline, positivity and a great value system

1 week ago - 07 January 2021 | Sports

FNB Namibia supported a collaborative effort between the Shotokan Karata Academy International (SKIA) and the Namibia Children’s Home (NCH) with N$103 200 for the year...

Another sailing season in the bag

1 week ago - 06 January 2021 | Sports

Walvis Bay • [email protected] The Namibian sailing season concluded with a prize giving ceremony hosted at the Walvis Bay Yacht Club last week...

NIIHA finishes the year on a high

1 week ago - 06 January 2021 | Sports

The Bank Windhoek Namibia Ice and Inline Hockey (NIIHA) Championships were held at the Dome in Swakopmund, from 18 to 22 December. All the NIIHA...

Leonard Martin completes the Munga

2 weeks ago - 30 December 2020 | Sports

Walvis Bay • [email protected] Well-known sportsman from the coast Leonard “Ironman” Martin completed the 2020 Munga mountain bike race in neighbouring South Africa last...

Ramblers crowned 2020 SFC X-Mas Cup champions

2 weeks ago - 30 December 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Ramblers won the 40th edition of the 2020 SFC X-Mas Cup league division, which concluded on Tuesday at the SFC sports...

Eight in a row for Seidler

2 weeks ago - 28 December 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] champion Phillip Seidler won the 14th edition of the Pupkewitz Jetty Mile for the eighth consecutive year on Sunday. Despite hitting a...

Sokkertradisie leef voort

2 weeks ago - 28 December 2020 | Sports

Die 64ste SFC Xmas Cup-toernooi verwelkom weer vanjaar sokkertalent van oraloor die land . Die Swakopmund Sokkerklub (SFC) is sedert 1956 gasheer vir die jaarlikse...

Rossmund to host Nedbank Desert Classic

2 weeks ago - 27 December 2020 | Sports

Nedbank Namibia has once again committed N$110,000.00 (one hundred and ten thousand Namibian dollars) towards hosting the Nedbank Desert Classic golf event at the Rossmund...

Bonanzavis voed outehuis

2 weeks ago - 27 December 2020 | Sports

Hentiesbaai • [email protected] Vanjaar se Hengelbonanza het ongeveer 720 hengelaars gelok.Walter Kinnear Jr. het egter kop en skouers uitgestaan, met sy 16,125kg kabeljou wat...

Key’s unlock victory

2 weeks ago - 27 December 2020 | Sports

Walvis Bay •[email protected] Father and son team Brian and Adriaan Key were the winners of the annual offshore race hosted by the Walvis...

Latest News

Melodies of Pepi at ‘Art...

18 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The “Art Chor – De” event hosted on Wednesday was outstanding.Although there was no sound system, the event met expectations as...

Erongo schools ready

19 hours ago | Education

Swakopmund • [email protected] The majority of schools in the Erongo region are ready to resume face-to-face teaching later this month or early in February,...

Top Cheri’s ‘Calling Heaven’ hits...

1 day - 15 January 2021 | Art and Entertainment

Walvis Bay • [email protected] Award-winning musician Monica “Top Cheri” Pinias (29) is overjoyed after her music video for her hit “Calling Heaven” reached one...

Namibia’s current account deteriorating

1 day - 15 January 2021 | Economics

Windhoek ∙ [email protected] A recovery in imports following the easing of local and global Covid-19 restrictions, as well as a bounce-back in oil prices...

AR stands alongside NAFAU in...

2 days ago - 14 January 2021 | Labour

The Affirmative Repositioning (AR) movement has combined forces with the Namibian Food and Allied Workers’ Union (NAFAU) in support of Shoprite workers during their industrial...

Manica pumping massive funds into...

2 days ago - 14 January 2021 | Business

Walvis Bay ∙ [email protected] Manica Group Namibia has recently invested in an advanced mobile hopper and bagging system, the first of its kind in...

Covid vaccine: Healthcare workers, vulnerable...

2 days ago - 14 January 2021 | Ministries

Namibia has made progress in preparation to acquire suitable Covid-19 vaccines, health minister Dr Kalumbi Shangula said.“We will provide additional details in coming days. The...

Suicides worry police

2 days ago - 14 January 2021 | Crime

Walvis Bay • [email protected] In the past week, three suicides were reported in Kuisebmund, Walvis Bay – a trend that is worrying the police.“We call...

Ministry readying to reopen schools

3 days ago - 14 January 2021 | Ministries

Swakopmund • [email protected] The ministry of education, arts and culture (MoEAC) will table a plan of action on the reopening of schools for the...

Load More