'n Tweede kans vir Swakop se haweloses

Tydens die Covid-19-pandemie is 'n langtermynplan vir die dorp se haweloses geïmplementeer en dit lewer goeie resultate.

29 September 2020 | Local News

Morris de Klerk; Street Based Network-lid; “. . .ek wil nooit weer teruggaan strate toe nie.”

Swakopmund

[email protected]



Die Covid-19-pandemie was vir meeste mense 'n ongelooflike terugslag, maar vir Swakopmund se haweloses is daar uiteindelik 'n langtermynoplossing.

Die Jeugkoshuis op die kusdorp is as tydelike huisvesting vir haweloses aangebied, maar die deelnemers aan die projek het die res van hul lewens in gedagte.

Die groep besef hulle kan nie altyd die Jeugkoshuis as skuiling gebruik nie, het 'n lid van die Swakopmund Street Based Network, me. Sonja Malherbe, gesê. Die groep hoop om 'n leë halfweghuis in Mondesa hul permanente vesting te maak.

Die veilige hawe in Mondesa is vir mnr. Morris de Klerk net die volgende stap, maar nie sy eindbestemming nie.

“Ek het my ma gebel en gesê ek het die dwelms gelos en sy het gesê ek moet na haar toe kom, maar ek het gesê ek gaan nie.

“Ek kan mos nie met leë hande na haar toe gaan nie. Ek wil 'n werk kry en geld verdien sodat sy kan kom kuier. Ek wil vir haar my plek wys en ek wil hê sy moet my sukses kan sien.”

De Klerk was onder meer verslaaf aan “klip” en sê dit het hom voor 'n moeilike kruispad geplaas.

“Toe daar nog toeriste was, sou ons maklik N$600 of N$800 'n dag gebedel het en ons het alles net so gebruik om dwelms te koop. Toe daar nie meer toeriste was nie, het ek besluit om dit te los. Dit was nie goed nie en ek wil nooit weer teruggaan na die strate toe nie.”

Mnr. Marcel Josef is reeds vanaf die ouderdom van 13 op straat en later het sy verkose dwelm mandrax geword. Vandag is sy dwelm egter die kunste.

“Ek geniet my kunsklasse (wat as deel van die Street Based Network-program aangebied word). My kuns­onderwyseres het my baie geleer en ek is goed daarmee. Ek is dankbaar sy glo in my en help my. Dit voel goed om kuns te maak,” sê hy.

Josef het tot graad 8 skoolgegaan en De Klerk tot graad 6, maar hul program bied hulle opnuut opvoeding.

“Daar is 'n vrou wat inkom om hulle te leer lees en skryf,” sê Malherbe en De Klerk voeg by: “My Engels is nie so goed nie. Ek kan hom hoor, maar ek sukkel nog om hom te skryf. Daarmee help die klasse darem.”

Die projek se deelnemers help Vrydae die munisipaliteit gratis, maar beide Josef en De Klerk hoop om 'n nuwe lewe te bou.

“Ek wil net werk. Ek sal vir N$10 iemand se stoep vee. Ek sal enigiets doen om nie weer strate toe te gaan nie. Nou dat ek hier is en nie meer selfbewus hoef te wees oor my lyf­reuk of hoe ek lyk en my voorkoms nie, wil ek nie weer teruggaan nie. Ek wil nooit weer bedel nie, ek wil net vooruit gaan,” sê De Klerk.

Malherbe sê dat werk juis nie die enigste doel van die program is nie.

“Ons wil hulle leer om alles te kan doen sodat hulle kan geld verdien. Ons wil hulle nie gemaklik maak in die projek nie; ons wil hulle net ophef tot hulle op hul eie kan staan.”

Die publiek word ook genooi om te help. Saterdae word 'n sopkombuis gehou en 'n brood is al vereiste vir deelname.

“Al kan hulle net hul tyd en kennis gee, is dit meer as genoeg. Enigiets wat hulle hierdie ouens kan leer, is goud werd. Hulle wil leer en ons wil hulle daardie geleentheid gee,” sê Malherbe.

Die groep het onder meer al geleer om houtwerk te doen en tuin te maak. Tans word die houtwerk verkoop en die helfte van die winste gaan

aan die deelnemers wat dit gemaak het, terwyl die ander helfte gespaar word.

“Hulle wil so graag geld spaar, maar as hulle geld het, wil hulle net wegneemetes en sjokolade koop, so ons gee hulle daardie kans om hulself te bederf, maar dan spaar ons ook vir hulle,” sê Malherbe.

Similar News

 

Land for SDFN

3 days ago - 22 October 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] The Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) received land from the Swakopmund municipality to build 31 houses. Speaking at the handover,...

Kayaking guide takes own life

5 days ago - 20 October 2020 | Local News

The owner and guide of the Namibia Kayak Tours in Walvis Bay committed suicide on Saturday evening.Craig Robert Gibson (52) who is a British national...

Election candidates registration concludes

5 days ago - 20 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Electoral Commission of Namibia (ECN) has concluded the process for the submission of candidates for the 2020 Regional...

Construction starts for new Mole toilets

5 days ago - 20 October 2020 | Local News

Swakopmund · [email protected] modern, public toilet facility is now being built at the Mole in Swakopmund.Town council recently started this project worth N$3.3 million, with...

Gesloer pootjie dalk belegging

6 days ago - 20 October 2020 | Local News

Walvisbaai Daar gaan waarskynlik niks kom van ’n multimiljoen-dollar beleggingsprojek wat onlangs munisipale goedkeuring ontvang het nie. Volgens ’n betroubare bron is die projek...

Samaritaan se motiewe bevraagteken

6 days ago - 20 October 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Skerp kritiek is besig om mnr. George Olivier en sy liefdadigheidsorganisasie, A Better Life Project, wat hy vroeër vanjaar met...

Vragmotor gaan lewens verander

6 days ago - 20 October 2020 | Local News

Arandis • [email protected] Die gemeenskap van Arandis sal baat by die skenking van 'n vragmotor ter waarde van N$330 000 aan 'n plaaslike entrepreneur. Die...

New junior council for Walvis Bay

6 days ago - 19 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] Kristine Shetunyenga from the International School of Walvis Bay was elected as the new junior town council mayor for Walvis Bay...

Sewer blockages caused by debris dumped in drains

1 week ago - 17 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] After complaints surfaced that the sewage has been overflowing and blocked for quite some time in Maraboe Street, Kuisebmond,...

Food insecurity on the increase

1 week ago - 15 October 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner More than 400 000 Namibians are in need food aid.This figure was announced by George Fedha, Namibia’s World Food Program...

Latest News

Vroue blink uit in politiek

13 hours ago | Politics

Swakopmund • [email protected] se komitee vir vrouebelange het Saterdagoggend ’n mylpaal gevier: Vyftien vroue van die Erongostreek sal onder die vaandel van die party deelneem...

Prediger to share on Pangolins

13 hours ago | Events

Pangolins are considered the most trafficked mammal in the world, but very little research on this mammal and its behaviours have been done.Despite this, many...

Reshaping realities

16 hours ago | Economics

The Covid-19 pandemic has undoubtedly eroded the overall improvement in risk-reward scores seen across Africa in recent years, but this should not deter investors. Africa’s...

Four new Covid positive cases...

20 hours ago | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 78 new cases and 27 recoveries. Shangula explained that 1 150 results were...

Restaurantbedryf langs die kus toon...

1 day - 24 October 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] Restauranteurs aan die kus sê dat hulle kwale stadig maar seker besig is om ’n onaangename herinnering te word ná die...

Cricket festival keeps on going

1 day - 24 October 2020 | Sports

Walvis Bay The annual Coastal Cricket Youth Festival sponsored by Walvis Bay Salt Refiners and hosted by Cricket Namibia, is being hosted for...

Covid’s real impact on the...

2 days ago - 23 October 2020 | Economics

The Covid-19 pandemic is a crisis like no other, and there was a substantial degree of uncertainty around its impact on lives and livelihoods. “Governments...

Geingob kommentaar ‘nie haatspraak’

2 days ago - 23 October 2020 | Government

Swakopmund • [email protected] Oomblikke ná President Hage Geingob sy gevoel oor wit stemmers geuiter het, het ’n storm oor sy opmerkings op sosiale media...

Calling all dancers

3 days ago - 22 October 2020 | Art and Entertainment

Walvis Bay •[email protected] The Namibia Dance Sport Academy is hosting the Global Dance Supreme – Namibia online qualifiers from 1 to 3 November...

Load More