’n Simbool van omgee

Sê Covid-19 só die stryd aan

14 July 2020 | Health

Hannes Olivier; Pensioenaris; “... so kan ons ander aanmoedig om vir mekaar om te gee.”

Walvisbaai • [email protected]


Walvisbaaiers bevind hulself te midde van die Covid-19-storm, met meer as 800 positiewe gevalle van die virus wat reeds landwyd aangemeld is.

Hannes Olivier (74) glo vas dat die mensdom se beste wapen teen Covid-19 die dra van maskers is.

Olivier is ’n afgetrede meganiese ingenieur wat meeste van sy werksjare aan die Oosrand in Suid-Afrika deurgebring het. Ná die inperkings is hy nou op Walvisbaai saam met sy suster gehok.

Hy meen die pandemie is besig om verwoesting te saai.

“Die omvang van die skade sal waarskynlik nooit bereken kan word nie. Een waarheid is egter duidelik: die situasie is reeds katastrofies. Indien ’n teenmiddel nie vinnig gevind word nie, gaan elkeen van ons op een of ander tyd direk met die virus gekonfronteer word. Kundiges is tegelyk hoopvol en ook skepties oor die moontlikheid van ’n doeltreffende teenmiddel. Verder blyk dit dat indien ’n teenmiddel ontwikkel word, dit waarskynlik nie gou en vir almal toeganklik sal wees nie.”

Olivier sê die gebruik van maskers is vir hom ’n doeltreffende manier om medemenslikheid prakties toe te pas.

“Ek is nie ’n mediese kenner nie, maar ek val onder die hoërisiko groep en moet seker maak ek pas al die [veiligheids]maatreëls toe. Maskers beskerm nie die draers nie, maar wel alle ander persone wat in die omtrek mag wees.”

Hy voer aan die dra van ’n masker ’n simbool moet word van omgee vir die welstand van ander.

“Ek beskou die versuim om ’n masker te dra as asosiaal. Daar moet aangedring word op samewerking in hierdie verband en só kan ons ander aanmoedig om vir mekaar om te gee. Diegene wat weier om maskers te dra onder die voorwendsel dat dit ’n skending van hulle menseregte sou wees, is juis besig om die regte van ander te skend. Ontmasker hulle onmenslikheid. Ons kan hulle gedrag nie duld nie. Die koste sal te hoog wees.”

Olivier wys ook daarop dat maskers reg gebruik moet word.

“Jou mond en neus moet ten alle tye effektief bedek wees. ’n Mens sien te veel ontblote neuse of maskers wat onder die ken hang. Ander basiese maatreëls soos byvoorbeeld die handhawing van sosiale afstand, die ontsmetting van voorwerpe en oppervlaktes, gereelde ontsmetting van hande en die gebruik om nie aan die gesig te vat nie, moet ook toegepas word. Die gebruik van maskers is egter die een maatreël wat van kardinale belang is.”

Olivier verkies herbruikbare maskers wat van lap gemaak word.

“Die is beter as weggooimaskers en só sien jy ook om na die omgewing. Herbruikbare maskers moet elke dag gewas of ontsmet word. Dit is raadsaam om meer as een masker byderhand te hou.”

Hy sê ook dat hy heeltemal ten gunste daarvan is dat die dra van maskers verpligtend moet wees.

“Die aanvanklike ongemak wat met die dra van ’n masker ondervind word, is niks in vergelyking met die lyding verbonde aan die onvermoë om asem te haal of aan ’n ventilator gekoppel te word nie. Niemand wil in a bodybag of ’n kis eindig nie.”

Olivier voer ook aan dat daar daarop aangedring word dat die owerhede, skole, die media en ander instansies ’n groter poging aanwend om die dra van maskers verpligtend te maak.

“Maak dit deel van onderwys en opvoeding. Verkondig dit op ’n verstaanbare manier aan mense wat die voorreg van opvoeding ontsê is. Blaker dit van orals uit; maskers is ons beste wapen teen Covid-19.”

Hy sê niemand kan waarborg dat hierdie strategie die einde van Covid-19 sal meebring nie.

“Dit gaan beslis die verlies aan gesondheid en lewens in bedwang hou en kosbare tyd gee vir die ontwikkeling van doeltreffende teenmiddels en/of behandeling. Wie weet, moontlik sal dit ook die bestryding van griep in die toekoms makliker maak.”

Erongo 24/7 het ’n onderhoud met Olivier gevoer wat op ons daaglikse program Erongo Talk gesien kan word.

Similar News

 

Sixty-four new cases

13 hours ago | Health

Namibia recorded 64 new Covid-19 cases today. The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula also announced 24 new recoveries. This number also...

Another life lost to Covid

1 day - 03 August 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced another Covid-19 death today, saying that the man (49) was admitted to the Windhoek...

No Covid-19 deaths reported today

2 days ago - 02 August 2020 | Health

A total of 766 Covid-19 test results were received from NIP and Pathcare laboratories over the past 24 hours, the minister of health and social...

Another life lost to Covid-19

3 days ago - 01 August 2020 | Health

The minister of health and social services Kalumbi Shangula announced that another live was lost due to Covid-19 today. This brings the number of Covid-19...

New Covid-19 quarantine, isolation regulations

4 days ago - 31 July 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced new regulations pertaining to quarantine and isolation of Covid-19 patients. The minister...

One more death, 60 recoveries

5 days ago - 30 July 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced that Windhoek recorded its first death due to Covid-19. “A 41-year old man presented...

Covid patients to be released quicker

5 days ago - 30 July 2020 | Health

Walvis Bay • [email protected] The deputy minister of health and social services Ester Muinjangue said on Wednesday that some patients being quarantined for...

Another Covid death reported in Walvis Bay

6 days ago - 29 July 2020 | Health

The minister of health Dr. Kalumbi Shangula announced that another Covid-19 related death occurred in Walvis Bay. He said that the deceased – a female...

Health minister emphasises self-care

1 week ago - 28 July 2020 | Health

Namibia recorded 74 new Covid-19 cases, with positive cases being registered in almost every region of the country. Three recoveries (Cases 292, 306 and 315)...

No deaths, more recoveries

1 week ago - 27 July 2020 | Health

The minister of health Dr Kalumbi Shangula announced that a record number of 1 295 Covid-19 test results were received over the past 24 hours....

Latest News

Mother sacrifices her life in...

13 hours ago | Disasters

Swakopmund Three people lost their lives in a shack fire that broke out in Swakopmund’s DRC informal settlement on Sunday.The regional crime investigations...

Ministry of defence rubbishes bogus...

13 hours ago | Ministries

Audio and video footage that has been circulating on social media claiming that Chinese soldiers have entered into Namibia, are untrue.“There is no iota of...

Sixty-four new cases

13 hours ago | Health

Namibia recorded 64 new Covid-19 cases today. The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula also announced 24 new recoveries. This number also...

Majority of police station attackers...

23 hours ago | Crime

Swakopmund Eighteen of the 20 people accused of damaging and destroying public property at the Mondesa police station were denied bail during their first appearance...

Maskers vir bewaring

1 day - 04 August 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Met die Covid-19-pandemie op hande het die gesigmasker’n deel van die ‘voel-voel aan jou sakke of alles daar is’-roetine geword....

Toerisme bedryf se kommer aangespreek...

1 day - 04 August 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] Besighede in die toerisme bedryf bevind hulself in ’n penarie sedert die sluiting van die land se grense vir toeriste...

No electricity tariff increases for...

1 day - 04 August 2020 | Energy

Walvis Bay Erongo RED announced a weighted average tariff adjustment of -1.6% in compliance with approval from the Electricity Control Board (ECB). This is...

Navigational warning issued

1 day - 04 August 2020 | Infrastructure

Port captain Lukas Kaufuna issued a written navigational warning to all vessels tied up in the commercial harbour regarding the seasonal surge currently experienced. Swell...

We are in this together...

1 day - 04 August 2020 | Local News

Walvis Bay “EBH with its large and long-serving local workforce are extremely concerned by the effects and ramifications of this on...

Load More