'n Helpende hand uitreik

'n Broer en suster gee Saterdae kos aan meer as 300 kinders in Kuisebmond.

08 September 2020 | Local News

Tanya Seibes - Stigter - “Ons is hier om seker te maak elkeen kry 'n bord kos.”

Walvisbaai • [email protected]



'n Sopkombuis wat vier jaar gelede deur 'n broer en suster, Gerson Seibeb en Tanya Seibes, in Tutaleni, Kuisebmond, begin is, is steeds volstoom aan die gang.

Tanya sê sy het die liefdadigheidsorganisasie “Home Away from Home” in 2016 gestig.

“Die afgelope vier jaar gee ons vir kinders in Tutaleni kos –- elke Saterdag tussen 11:00 en 12:00. Ons het tans meer as 300 kinders vir wie ons kos gee.”

Die kos word by die Tutaleni Hoërskool in Kuisebmond uitgedeel.

Gerson sê hul ma berei die kos by die huis voor en dat hulle met die Walvisbaai-rotariërs saamge­span het om kos vir die kinders te voorsien.

“Ek moet my suster die krediet gee omdat sy met hierdie inisiatief voren­dag gekom het. Daar was tye wat ek oor naweke moes werk en dan het sy dit op haar eie saam met vrywilligers gedoen.”

Hy sê hulle deel kos uit vanweë die liefde wat hulle vir kinders het. “Dit is ook ons manier om vir die kinders te wys daar is iemand wat vir hulle omgee. Dit herinner ons ook van waar ons kom. Mens mag nie vergeet van waar jy kom nie. Ons wens ons kon meer gee, maar dit is nie altyd moontlik nie.”

Gerson sê die sopkombuis is oop vir almal.

“Ons diskrimineer nie en behandel almal gelyk. Dit is ons op die hart gelê om seker te maak dat ­elkeen wat in hierdie ry kom staan, iets kry.”

Hy sê mense lyk soms uiterlik goed, maar dat hul innerlike dikwels 'n ander verhaal vertel. “Ons het geen lys waarvan ons werk nie. As jy 'n bord kos soek – ons is hier.”

Tanya sê hulle bestuur nie net die sopkombuis nie, maar maak ook kos­pakkies op en deel in die gemeenskap uit. “Ons help graag waar ons kan.”

Gerson sê hulle het gedink Covid-19 gaan vir hulle 'n terugslag wees. “Ons het gedink in hierdie tyd waar mense hul werk verloor en salarisse gesny word, moet die sopkombuis juis meer as ooit vorentoe gaan. Ons het die nodige toestemming by die polisie gekry om voort te gaan. Ons kon nie net sien dat ons kinders sonder kos sit nie.”

Die twee werk nie met geld nie en verkies dat die publiek eerder bydra wat hulle kan. “Enige kosskenking is meer as welkom en die publiek is ook welkom om Saterdae te kom hand bysit.”

Verlede Saterdag het hulle saamgespan met Greycon Inc. en Bright Spark Marketing wat vir elke kind 'n masker gegee het met die boodskap #ILoveMy(Your)Life.

Similar News

 

Kambueshe not in the running

21 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] The chairman of the Erongo regional council and the regional council member of the Swakopmund constituency, Juuso Kambueshe (SWAPO), will not...

New lift for at Antonius Residence

3 days ago - 24 September 2020 | Local News

Finally, after five decades, the lift at the Antonius-Residenz old age home in Swakopmund has been replaced by a modern elevator. The new elevator officially...

Rough seas flood Tiger Reef again

3 days ago - 24 September 2020 | Local News

A high swell hit large parts of the Namibian coast at the weekend. In Swakopmund on Saturday, Tiger Reef Beach Bar’s parking lot was...

Tempers flare at Windpomp 14

4 days ago - 23 September 2020 | Local News

Mile 14 • [email protected] The Windpomp 14 campsite outside Swakopmund was the focus of a heated debate on social media over the weekend....

Stepping Stones sit bouplanne op ys

6 days ago - 22 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Voor die Covid-19-pandemie die Namibiese ekonomie verpletter het, was me. Almarie Mostert en haar span by Stepping Stones hard aan...

Hulp vir bejaardes

6 days ago - 22 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Vir bejaardes, wat as kwesbaar vir die Covid-19-virus beskou word, is die alledaagse lewe deur die pandemie omver gegooi. Spar Swakopmund...

Namdock housing plans on ice

6 days ago - 21 September 2020 | Local News

The management of the Walvis Bay ship repair company Namdock said that in looking to create a stable future for both its employees and the...

Mine employee collapses, dies

1 week ago - 20 September 2020 | Local News

An employee of the CGN Swakop Uranium mine passed away after he collapsed while working at the mine on Saturday, chief executive Cai Yusheng confirmed....

Community association established in Walvis Bay

1 week ago - 17 September 2020 | Local News

Walvis Bay •[email protected] A newly formed organisation aimed at representing the interests of the Walvis Bay community was officially launched on Tuesday. The...

Soeke na vermiste miljoene

1 week ago - 15 September 2020 | Local News

Walvisbaai · [email protected] Volgens die raadslid vir Walvisbaai se stedelike kiesafdeling, mnr Knowledge Ipinge, het die uitvoerende hoof van die munisipaliteit Muringa Haingura versuim om...

Latest News

115 New Covid-19 cases reported...

11 hours ago | Health

The minister of health and social services Dr. Kalumbi Shangula announced 920 Covid test results were received from the laboratories. Shangula said that of these...

Kambueshe not in the running

21 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] The chairman of the Erongo regional council and the regional council member of the Swakopmund constituency, Juuso Kambueshe (SWAPO), will not...

Walvis Bay represented at Miss...

21 hours ago | Events

Walvis Bay •[email protected] Former Miss Walvis Bay Monique Smith is a semi-finalist in the prestigious Miss Supranational Namibia beauty pageant slated to take place on...

Laptop thieves on the prowl

21 hours ago | Crime

Swakopmund • [email protected] Police in the Erongo region have called on the public, especially shop owners, to be on their guard against a new...

Hotto switch to Pirates

21 hours ago | Sports

Swakopmund • [email protected] Deon Hotto was recently unveiled as signing for South African soccer giants Orlando Pirates.Gerald Güther, who formerly coached Hotto at Swakopmund...

Celebrating black women

21 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Swakopmund-raised poet Frieda Mukufa (26) who goes by the stage name Damn_Etu, has embarked on a journey to have her poetic...

Eighty three Covid positive cases...

1 day - 26 September 2020 | Infrastructure

The minister of health and social services Kalumbi Shangula announced that a total number of 1 075 results were received from the laboratories. Shangula said...

Ninety-five new Covid cases, 87...

2 days ago - 25 September 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 95 new Covid-19 cases and 87 recoveries on Friday afternoon. Shangula said that no...

Girls cricket action at the...

2 days ago - 25 September 2020 | Sports

Walvis Bay •[email protected] practicing contact sports has been allowed after the end of the State of Emergency, more sporting events are expected to start at...

Load More