Myl 108 laat tonge klap

Namibia Wildlife Resorts (NWR) was vroeër vanjaar vuur en vlam om opknappingswerk by Myl 108 se kampeerterrein te begin, maar met vakansiegangers reeds daar, is die bouery steeds aan die gang.

15 December 2020 | Tourism

Mufaro Nesongano; Namibia Wildlife Resorts; “. . . tydens inperkings kon ons (NWR) nie die geld beskikbaar stel nie.”

Swakopmund • [email protected]





Vakansiegangers wat beplan het om by die nuut opgeknapte Myl 108-kampeerterrein hul feesseisoen deur te bring, is met ’n wrang smaak in die mond gelaat met hul beplande rus en vrede wat te midde van bougeraas moet plaasvind.

“Jy moet eers jou eie staanplek van die bourommel skoonmaak. Werkers omsingel jou tent terwyl hulle rioolpype installeer. Sementmengers raas harder as die branders van die see reg langsaan jou. Teen N$400 ’n aand en 3 000 km ver se reis, is dit beslis nie die vakansie waarna mens uitsien ná hierdie aaklige 2020 nie,” skryf Schalk Rabe in die sosiale media.

Rabe sê sy gesin kom kamp sedert 1984 elke jaar hier en het vanjaar 3 000 km gereis om in die middel van die bouwerk te kamp.

Jack Enright, ’n verteenwoordiger vir die groep wat die opgradering aan NWR voorgestel het, het in ’n sosialemediaplasing geantwoord.

“Op ses kampplekke vind ontwikkeling plaas. Daar is meer as 150 ander staanplekke waar mens kan kamp.”

Enright het aan Erongo 24/7 gesê hy verneem Rabe was vasbeslote om op hierdie spesifieke kampplek te staan weens hul gewoonte om elke jaar op dieselfde staanplek te kamp.

“As hy twee plekke noord geskuif het, was dit nie ’n probleem nie,” sê Enright wat geweier het om enige verdere kommentaar te lewer.

Covid-vertraging

Volgens NWR se woordvoerder, Mufaro Nesongano, moes die opknappingswerk vroeg in Desember voltooi gewees het, maar die proses is deur die pandemie vertraag.

“Dit is geen geheim die toerismebedryf is vanjaar in ’n finansiële verknorsing nie en daarom moes ons geld wat vir hierdie opknappings bestem was, gebruik om kop bo water te hou.”

Die groep wat die opknappings voorgestel het sou oorspronklik die geld verskaf, maar vir die NWR was dit meer logies om dit self te finansier.

“Hierdie besluite is voor die inperkings geneem en tydens inperkings kon ons net nie die geld beskikbaar stel nie,” sê hy.

Nesongano vertel die span woeker om die proses so gou as moontlik af te handel, maar kan geen sperdatum verskaf nie.

“Ons kan nog nie ’n datum gee nie. As ons ’n datum gee, verbind ons onsself daaraan. Ons sal egter aankondig wanneer dit voltooi is, maar ons wil hê die publiek moet weet dat ons so gou as moontlik maak.”

Similar News

 

Park fees increase

6 days ago - 15 April 2021 | Tourism

The Ministry of Environment, Forestry and Tourism has introduced new park entrance and conservation fees for visitors, effective 1 April 2021.In a media statement, the...

Groot toerismeplan vir Sperrgebiet

1 week ago - 14 April 2021 | Tourism

Windhoek ∙ [email protected] Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme nooi belangstellendes in die toerismebedryf uit om toerismekonsessies ter waarde van miljoene dollar...

Park fees increase

1 week ago - 13 April 2021 | Tourism

The Ministry of Environment, Forestry and Tourism has introduced new park entrance and conservation fees for visitors, effective 1 April 2021.In a media statement, the...

Toerismesektor verheug oor blitstoetse vir reisigers

2 weeks ago - 07 April 2021 | Tourism

Windhoek ∙ [email protected] Die toerismesektor is verheug dat ’n negatiewe uitslag in Covid-19-blitstoetse vir reisigers nou vir deurgang by grensposte aanvaar word.“Negatiewe uitslae in...

Mudflinging in the tourism industry

1 month - 19 March 2021 | Tourism

Swakopmund • [email protected] At the centre of a dispute in the tourism industry is Nrupesh Soni, who has made several allegations against many local...

Smith se besoek bevorder toerisme

2 months ago - 10 February 2021 | Tourism

Swakopmund • [email protected] Die Swakopmund lughawe het vanmiddag namens Namibië faarwel gebied aan Amerikaanse akteur Will Smith, na hy 10 dae in die land...

New campsites at low rates

2 months ago - 08 February 2021 | Tourism

Mile 8 • [email protected] The co-owner of Namibia Safaris, Johan Snyders, says they are excited about offering a 5% discount to locals who plan...

Second wave could further affect tourism industry

3 months ago - 10 January 2021 | Tourism

Swakopmund • [email protected] Namibia is the fourth most popular travel destination in 2021 according to a poll by online travel agency Tourlane. “The majority of...

Namibia offers safe travel

4 months ago - 05 December 2020 | Tourism

Swakopmund • Erwin Leuschner Many foreigners considered Namibia a safe travel destination during the corona crisis, with 4 164 tourists having entered Namibia since...

Book now for ‘Miles’ and more

4 months ago - 23 November 2020 | Tourism

With a few weeks left before the festive season begins, several travellers are looking forward to taking a long-deserved break after the challenging year that...

Latest News

Whistleblower Stefánsson scoops WIN WIN...

4 hours ago | International

This year’s winner of the WIN WIN Gothenburg Sustainability Award is the Icelandic whistleblower Jóhannes Stefánsson, who led the revelation of a widespread corruption scandal...

IPC determined to tackle corruption...

16 hours ago | Politics

Swakopmund • [email protected] The Independent Patriots for Change (IPC) held its regional conference at the Swakopmund Town Hall on Saturday.Party member Trevino...

‘Jack Sparrow’ remains behind bars...

16 hours ago | Crime

Walvis Bay • [email protected] A man who went on the run with a woman who was reported missing last week, made his first...

Transportreus groet

23 hours ago | Local News

Walvisbaai •[email protected] Die stigter van Wesbank Transport, mnr. EP van Rooyen, is verlede week oorlede - ‘n paar weke voor sy 100ste verjaardag.Sy...

Minor allegedly ‘kidnapped’ and raped...

1 day - 20 April 2021 | Crime

Walvis Bay • [email protected] Social media was abuzz after a video surfaced about an alleged human trafficking incident in Walvis Bay. Ryan Gordon, one...

NHF wears a heart on...

1 day - 20 April 2021 | Events

The second heart health fundraiser hosted by the Namibia Heart Foundation (NHF) and sponsored by Capricorn Group, took place recently. This year's fundraiser was...

Elderly woman murdered in Kramersdorf

1 day - 20 April 2021 | Crime

Swakopmund • [email protected] The police are investigating a case of murder and housebreaking with the intent to rob and robbery, after an 82-year-old...

Jonas Jonas remains in jail

1 day - 20 April 2021 | Crime

Swakopmund • Erwin Leuschner The athletic career of Namibian Olympic boxer Jonas Junias Jonas is on a knife's edge.Jonas was arrested in the early...

Autism Week at museum

1 day - 20 April 2021 | Events

Swakopmund The Swakopmund Museum hosts an Autism Week from 20 to 24 April. The event, organised by the Scientific Society Swakopmund, features an exhibition...

Load More