'My stryd teen Covid-19'

'n Walvisbaaier vertel oor sy stryd nadat hy positief vir ­Covid-19 getoets het.

28 July 2020 | Local News

Francois Freeman; Covid-19-pasiënt; “Dit het vir my gevoel ek het 'n paar keer kennis gemaak met die ewigheid.”

Walvisbaai • [email protected]



Walvisbaai bly die middelpunt van die Covid-19-pandemie, met meer as 1 400 gevalle wat reeds op die kusdorp aangemeld is.

Een van dié pasiënte is Francois Freeman wat sê hy het letterlik by die dood omgedraai nadat hy vroeër hierdie maand positief vir Covid-19 getoets het.

Hy is op 10 Julie opgeneem en is op 24 Julie ontslaan en sterk nou by die huis aan. “Ek word weer volgende week getoets, maar ek is seker dit sal negatief wees,” het Freeman gesê.

Terwyl hy in die hospitaal was, het hy 'n stemgreep opgeneem om Namibiërs te waarsku oor die werklikheid van Covid-19 en die implikasies daarvan. Op die stemgreep kan duidelik gehoor word hoe hy sukkel om asem te haal.

“Die afgelope twee weke was die ergste in my lewe.”

Hy vertel hoe hy by die werk begin sleg voel het.

“ Vir my het dit gevoel ek is grieperig. Ek is huis toe, het griepmedikasie gedrink en gaan slaap. Die volgende oggend het ek effens beter gevoel. Ek het toe 'n fotosessie gehad, maar kort daarna het ek begin gevoel ek is besig om dood te gaan.”



Hele lyf pyn

“Ek het toe nog nie komplikasies gehad met my asemhaling nie. Ek het die aand gaan slaap en my sopnat gesweet as gevolg van die koors. Daardie Son­dag het ek nog nie beter gevoel nie en ek het my dokter toe Maandag laat weet.”

Sy dokter het gesê die simptome dui op Covid-19 en het hom aangeraai om in te kom vir toetse.

“Ek is getoets en is huis toe om myself te isoleer van my kinders en familie. Ek was oortuig dit was net 'n erge griep of verkoue. Teen die Dinsdag het my gesondheid net vererger en teen Woensdag kon ek nie meer nie. Ek het vroeg opgestaan, my dokter gebel en gesê ek voel baie sleg. Dit is gereël dat ek onmiddellik in die hospitaal opgeneem word. My uitslae was toe nog steeds nie bekend nie.”

Freeman het medikasie ontvang, maar was steeds in baie pyn. Al wat hy kon doen, was om homself in 'n bolletjie op te krul en te probeer slaap.

“Dit was erg! Ek wens daardie pyn en lyding vir niemand toe nie. Hulle het begin om vir my suurstof te gee. Ongelukkig vir my het ek nie die longe om die siekte te hanteer nie, want ek het 'n chroniese obstruktiewe longsiekte waarmee ek verlede maand gediagnoseer is. Eers die Woensdagaand het die dokter my laat weet dat ek positief vir Covid-19 getoets het.”

Toe hy die uitslag kry, het Covid-19 vir hom 'n werklikheid geword.

“Ek het toe al hoe meer besef dit is nie net griep nie. Daardie Donderdag het ek tien keer erger gevoel. Ek was gereeld op suurstof en om net badkamer toe te stap, was veeleisend, want ek was gedurig uitasem. Dit was wreed. Eers 'n week later het ek weer soos 'n mens begin voel.”

Freeman sê die skinderstorie het selfs begin loop dat hy oorlede is. “Dit hét vir my gevoel ek het 'n paar keer met die ewigheid kennis gemaak.”

Dae later het hy geen Covid-19 simptome meer nie en hy is verlede Vrydag ontslaan.

“Ek het 'n baie sterk 'support system'. Mense het my gebel en vir my gebid. Ek is oneindig dankbaar vir almal wat my gedra het. Pas jou longe op. Ek voel 'n masker is nie genoeg nie. Kry en dra handskoene. Covid-19 is 'n realiteit en ons moet begin om daarvolgens op te tree.”



Inwoners trek swaar

Die Erongostreek is steeds aan fase 3 inperkingsmaatreëls onderhewig en is beslis die swaarste getref deur die Covid-19 pandemie met 1 677 mense wat die virus onder lede het.

Teen gister was daar 59 positiewe Covid-19 gevalle in Swakopmund en 1618 gevalle in Walvisbaai aangemeld. Verskeie mense is ook in kwarantynfasiliteite op die twee dorpe sowel as in Hentiesbaai geplaas.

Laas Saterdag is vyf mense op die hawedorp ter ruste gelê wat aan Covid-19-verwante simptome beswyk het. Nadat inwoners kapsie gemaak het oor die wyse waarop Namibië se eerste Covid-19-sterfte begrawe is, is besluit om mense wat aan die virus omkom in bestaande begraafplase ter ruste te lê.

Die ekonomies impak van die pandemie word ook erg gevoel met baie besighede wat salaris aanpassings moes instel en ander wat die knie moes buig. 'n Ministeriele taakspan het sedert Vrydag besoek aan die hawe dorp afgelê so dat die regering hom kan vergewis van die situasie op die grond.

Similar News

 

Internet boost for Omatjete

2 hours ago | Local News

Omatjete The Obama Leaders Namibia recently connected and supplied internet devices along with WiFi to the Omatjete area. At the launch, the Obama Leaders Namibia...

Coastal residents demand an end to lockdown

4 days ago - 06 August 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] Coastal residents once again took their plight to the streets.Residents from Walvis Bay staged a protest against the ongoing lockdown and...

Maskers vir bewaring

6 days ago - 04 August 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Met die Covid-19-pandemie op hande het die gesigmasker’n deel van die ‘voel-voel aan jou sakke of alles daar is’-roetine geword....

We are in this together

6 days ago - 04 August 2020 | Local News

Walvis Bay “Namdock with its large and long-serving local workforce are extremely concerned by the effects and ramifications of this on...

A solution for starvation

6 days ago - 03 August 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] A community activist of the Swakopmund Citizens Association, Jade McClune, demands that government donates fish parcels to every Namibian household once a...

Rising from the ashes

1 week ago - 02 August 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The CEO of the municipality of Walvis Bay Muronga Haingura confirmed that earthworks had already started to decongest Otweya (formerly...

Confusing noticed removed

1 week ago - 02 August 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] An announcement informing the public that no travel permits will be issued until further notice displayed on the window of...

Support for local kindergarten

1 week ago - 30 July 2020 | Local News

Swakopmund The German Embassy has undertaken to support the Georg Ludwig Kindergarten in Swakopmund with €4 700.The money, equivalent to around N$91 000, is...

Fishermen quarantined at local hotel

1 week ago - 30 July 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] The general manager of Plaza Hotel Swakopmund, Johan Kok, confirmed that crew members of the fishing vessel Venus are been quarantined...

NMH donates to Twaloloka residents

1 week ago - 29 July 2020 | Local News

Namibia Media Holdings (NMH) sponsored food parcels for 15 Twaloloka families, after hundreds of people living at the informal settlement were left homeless when their...

Latest News

Covid-19 cases surpass 3000 mark...

10th of August 17:03 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 152 new Covid-19 cases, saying that 1 190 test results were received from NIP...

Internet boost for Omatjete

2 hours ago | Local News

Omatjete The Obama Leaders Namibia recently connected and supplied internet devices along with WiFi to the Omatjete area. At the launch, the Obama Leaders Namibia...

Namibia belongs to those who...

2 hours ago | Business

Wherever you are in the country and whichever daily you read, the newspaper you hold in your hands today was delivered by Namibia Distribution...

Three more Covid-19 deaths reported

5 hours ago | Health

Another three Covid-19 deaths and 97 new positive cases were announced in Namibia on Sunday evening. The ministry also announced 64 recoveries with 41 from...

Thieves on the run with...

20 hours ago | Crime

Contributed The police are searching for suspects who allegedly broke into a house in Swakopmund’s Vineta suburb and stole a safe containing N$1 million. The...

Shack Dwellers finally reap fruits...

1 day - 09 August 2020 | Infrastructure

Walvis Bay •[email protected] Members of the Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) were in high spirits on Saturday.The ground-breaking ceremony for the construction of houses...

Andre wants hospital stigma to...

1 day - 09 August 2020 | Health

Swakopmund • [email protected] Erongo governor Neville Andre has called on the public to stop stigmatising hospitals at the coast due to the Covid-19 pandemic.“It...

Slight decline in Walvis Bay...

1 day - 09 August 2020 | Health

Fifty new positive Covid-19 cases were recorded in the country, announced Ben Nangombe, the executive director of the ministry of health and social services toady....

Another Covid-19 death, 150 new...

2 days ago - 07 August 2020 | Health

One death, a record number of 150 new positive Covid-19 cases, and 12 new recoveries (seven from Walvis Bay and five from Windhoek) were announced...

Load More