Musikante skep goeie gees

Inperkings bring uitdaging vir musiekbedryf

07 April 2020 | Art and Entertainment

Llewellyn Annandale; Musikant; “As musikant voel jy meer verenig met musikante regoor die wêreld…”

Swakopmund • [email protected]


Namibiese musikante is op dreef en het saam met internasionale kunstenaars vanuit hul huise begin konserte hou wat regstreeks op sosiale media uitgesaai word.

Riaan Smit, die voorsanger vir Suid-Afrikaanse groep Crimson House, was die eerste Namibiër om die taak aan te pak toe hy met sy terugkoms na sy tuisland onder twee weke isolasie geplaas is.
Smit het Donderdag sy isolasietydperk voltooi. Hy het op sy sosiale media-platforms aangekondig dat hy wel steeds tuis bly tydens die inperking van die Khomas- en Erongostreek en sy deel gaan doen om die verspreiding van die pandemie te bekamp.

Die blues-musikant het op beide sy Facebook en Instagram platforms twee keer per dag sy kitaar nader getrek en die klanke laat loop. Hy het kykers en luisteraars gelyktydig aangemoedig om skenkings aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) vir hul Covid-19 verligtingstake te maak.

Smit is nie alleen in die poging om vermaaklikheid na die publiek se voorstoeppe te bring nie.

Sean Kamati (30), bekend as Sean K, poog om drie uitsendings ’n week te bring en sê hy het reeds baie goeie reaksie uit sy digitale gehore gekry met sowat 200 mense wat daarna kyk.

“Ek dink mense begin nou die kunste waardeer en die belangrikheid daarvan sien. Veral in ’n land soos Namibië waar mense nie veel omgee oor vermaaklikheid nie, is dit belangrik vir hulle om te sien dat dit juis die kunste is wat ons deur hierdie tyd gaan dra.”

Kamati het op 19 Maart vir die eerste keer ’n digitale konsert gehou. Hy het sedertdien ’n eregas by sy resep gevoeg: Sy jonger suster, Joy, het sommer vinnig begin om sy gehoor se harte te steel.

Sean K is tans besig met sy tweede ateljee album, maar is versigtig om te veel daaroor te sê. Hy vertel dat aanhangers gerus ’n oog op sy sosiale media kan hou vir die aankondiging van ’n “luisterpartytjie”.

“Natuurlik sal dit digitaal wees; ons mag mos nie in hierdie tyd ’n regte partytjie hou nie,” sê die sanger met ’n glimlag.

Walvis se Vaughn

Walvisbaai se sanger Vaughn Ahrens hou ook op sy 22ste verjaarsdag op 2 April ’n digitale partytjie met die vrystelling van sy weergawe van “Don’t Let Me Down”, oorspronklik deur The Beatles uitgevoer.

Ahrens het die hulp van oud- en bestaande lede van sy groep vir die musiekvideo ingeroep. Huidige lede Adam Brandon-Kirby (tromme) en Llewellyn Annandale (baskitaar), oudlid Jonny Wenk (elektriese kitaar) en die amptelike Vaughn Ahrens tromme plaasvervanger Wayne Wentzel, het almal saam met Ahrens deel gevorm van die projek.

Ahrens sê dat hierdie ’n eienaardige taak was om aan te pak. “Jy neem maar net jou deel op en stuur dit die wye wêreld in. Daarna wag jy eintlik maar net vir iets cool om na jou toe terug te kom,” vertel hy.

Annandale meen dat die opname hom meer kreatiewe ruimte gegee het.

“Op hierdie manier het jy meer tyd om jou deel uit te werk sonder die gewone druk wat daarmee gepaard gaan. Almal het kreatiewe vryheid gehad, so dit was interessant om te sien wat almal besluit het om by te voeg.”

Hy glo dat die beperkings in die produksie juis kreatiwiteit aangespoor het.

“Soms kan dit oorweldigend wees om net ’n leë bladsy voor jou te hê. So wanneer jy in ’n rigting gedwing word, kan dit jou gedagtes en idees lei.”

Annandale meen dat daar ironie in die saak is.

“As musikant voel ek juis nou meer verenig met musikante regoor die wêreld wat sommer net in hul sitkamers speel, net soos jy.”

Global Citizen het die taak aan van die grootste name in internasionale musiekbedryf oorgelaat om die #TogetherAtHome-reeks aan te bied.

Coldplay se Chris Martin was die eerste, maar was binnekort gevolg deur popgroeplid Niall Horan, John Legend, Grammy-benoemde Hozier en talle ander bekendes.

Die #TogetherAtHome-reeks word elke Vrydagaand aangebied.

Similar News

 

TEST

1 day - 27 May 2020 | Art and Entertainment

Please Ignore

Deel in SA dansstryd

2 days ago - 26 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Namibiërs wie se voete jeuk, het tot 31 Mei kans om in te skryf vir die vyfde reeks van die Afrikaanse...

Smartboy’s video to feature on Trace Africa

5 days ago - 22 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Swakopmund-based rapper Faith Samaseb (26), better known as Smartboy, recently completed the shooting of the music video for his song, “No...

Jericho is back!

2 weeks ago - 13 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] winning rapper Jericho Gawanab (39) – simply known as Jericho to his fans – is hard at work finishing his latest album.During...

‘Son of the Soil’

2 weeks ago - 11 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Alfons Kanyetu, better known in music circles as Ally the Mini King, recently released his first solo project titled Son of...

Mark finds his lockdown muse

2 weeks ago - 07 May 2020 | Art and Entertainment

Walvis Bay • [email protected] Local rapper Mark Louw AKA Mark West Coast Finest, says that since the partial lockdown was implemented in the country...

‘Moffie’ makes waves

3 weeks ago - 04 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The long-awaited South African film ‘Moffie’ had its premiere week cut by the implementation of lockdown measures in South-Africa and...

Baanbreker-sangeres kyk terug

4 weeks ago - 29 April 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Ná haar drie NAMA-toekennings tydens verlede jaar se kompetisie, het Lize Ehlers (33) nou nog hoër hoogtes bereik.Met dié dat sy...

Blues musikant timmer aan album

1 month - 25 April 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Sagarias Tsam, beter bekend as ‘Sakkie’ onder sy medemusiekante, het homself gevestig as ’n hartsvriend van die Namibiese musiekbedryf. Sy liefde...

Jyz Yorke excited about Rap Battle Namibia nod

1 month - 19 April 2020 | Art and Entertainment

Omaruru • [email protected] Omaruru-raised rapper Jedidiah Yorokee Ziabulela, known as Jyz Yorke, was recently selected as one of the six finalists that will...

Latest News

Long weekends and discounts promote...

1 hour ago | Tourism

Swakopmund • [email protected] After the easing of travel restrictions, many Namibians used the past long weekend to take a mini break, and thanks to...

Mayor pleads for adherence of...

1 hour ago | Local News

Walvis Bay Residents have an obligation to protect themselves to the best of their ability in the midst of the Covid-19 pandemic, says Walvis Bay...

Erongo Red closes shop temporarily

2 hours ago | Business

Walvis Bay •[email protected] Erongo RED ordered employees working at their head office (excluding pay points) to vacate the building until Friday. This...

Covid patient fights for his...

15 hours ago | Health

Walvis Bay Another Namibian national has tested positive for Covid-19. The patient is currently in a critical condition and attached to a ventilator at a...

TEST

1 day - 27 May 2020 | Art and Entertainment

Please Ignore

Bank decontaminated and sanitised

1 day - 26 May 2020 | Banking

Walvis Bay • [email protected] A number of people are on high alert in Walvis Bay after a truck driver who tested positive for...

Unverified information creates confusion ...

1 day - 26 May 2020 | Health

Walvis Bay • [email protected] The news that a truck driver tested positive for Covid-19 in Walvis Bay over the weekend, triggered a flood...

Maatskaplike werker open spens

2 days ago - 26 May 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Te midde van die heersende Covid-19 pandemie, is daar egter nog steeds barmhartige Samaritane wat in tye van nood...

Deel in SA dansstryd

2 days ago - 26 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Namibiërs wie se voete jeuk, het tot 31 Mei kans om in te skryf vir die vyfde reeks van die Afrikaanse...

Load More