Musici gesoek

Nuwe noot vir plaaslike musiekbedryf

16 August 2020 | Art and Entertainment

Riaan Smit; Tribe One Productions; “Indien ons internasionale kunstenaars wil lok, sal ons vir hulle moet bewys dat dit vir hulle die moeite werd is om te kom.”

Swakopmund • [email protected]

Plaaslike bluesmusikant Riaan Smit het besluit om sy eie klank aan die Namibiese musiekbedryf te bring met die stigting van sy produksiemaatskappy, Tribe One Productions.

Smit sê die organisasie staan vir elke Namibiese kunstenaar– ongeag ras, klas of stam. Tribe One mik dus om musikante te leer om hulself en hul kuns te waardeer.

“Daar is soveel kunstenaars wat 20 shows sal doen om N$5 000 te kan verdien, en ek wil hulle leer dat hulle een show vir daardie bedrag kan doen.”

Tribe One maak ’n persentasie van die kunstenaar se opbrengste as verdienste. “Dit is natuurlik op kommissie gebaseer. As die kunstenaar nie geld maak nie, sal die maatskappy ook nie.”

Vooruitsigte

Smit meen Tribe One sal die Namibiese musiekbedryf verander om meer soos die internasionale musiekbedryf te funksioneer.

“Ek het met Shaggy (die Jamaikaanse reggae musikant bekend vir sy treffers ‘Boombastic’ en ‘It Wasn’t Me’) gesels. Hy het vir my gesê dat hy graag na Namibië sal toer as dit vir hom winsgewend sal wees.”

Daarom sal daar ’n vooruit-koopkultuur in Namibië gekweek moet word.

“As ons internasionale kunstenaars wil lok, sal ons vir hulle moet bewys dat dit vir hulle die moeite werd is om te kom. As ons vooruitverkope kan begin doen, dan kan ons vir hulle met statistiek bewys dat dit hul tyd werd is.”

Smit voer aan hierdie struktuur sal ook die sprong vir Namibiese musikante na die buiteland moontlik en makliker maak.

Wen-wen

Sy konsep is groter as net die kunstenaar, en hy hoop om die middelman tussen kunstenaars en venues te wees. Smit spog met die feit dat Tribe One vanaf volgende maand die optredes by Vintage Coffee Shop in Windhoek behartig met kunstenaars soos Sean K wat onlangs sy enkelsnit ‘Time’ vrygestel het, Ann Singer, Jacob & Taylor en Vaughn Ahrens reeds op die spyskaart.

Deur die bande wat Smit in sy merkwaardige loopbaan gesmee het, beoog hy ook om musikante te help om ’n paar dollar te spaar.

“Baie musikante kan tot N$10 000 op klankproduksie vir ’n optrede betaal. Ons kan vir musikante klankproduksie teen ’n veel laer bedrag bied.”

Smit sê as musikant was hy al verskeie kere siek van kommer oor kollosale verliese wat hy sou lei as niemand vir sy optredes opdaag nie.

“Dit is eers wanneer ek die gehoor sien en besef die venue is vol dat ek kan ontspan. Dit is nie die soort druk wat ons op kunstenaars wil plaas kort voor hulle op die verhoog moet staan nie,” sê hy.

Oop vir aansoeke

Smit verwelkom enige musikante om by hom aan te sluit.

“Ons werk met almal wat mee gewerk wíl word. Daar is reeds sowat 70 kunstenaars waarmee ons werk en die deur is oop vir enigiemand wat dink hy is sy sout werd.”

Diegene wat belangstel, kan ’n epos stuur aan [email protected] saam met ’n kopfoto, biografie en voorbeelde van vorige werk.

Similar News

 

Celebrating black women

1 day - 27 September 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Swakopmund-raised poet Frieda Mukufa (26) who goes by the stage name Damn_Etu, has embarked on a journey to have her poetic...

Architecture inspires art

3 days ago - 25 September 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund The Fine Art Gallery’s latest selection of paintings showcases how modern artists are reflecting architecture.The collection encompasses everything from simple farmhouses...

Nashawn enjoys ‘ghost voice’ experience

3 days ago - 25 September 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] radio personality George “Nashawn” Marenga says that he enjoyed his experinience of being the “ghost voice” at the Simply You Magazine Lifestyle...

Fresh and popping hits for September

4 days ago - 24 September 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] is the month that will be remembered for the end of the State of Emergency. It will also go down as a...

Country captured on canvas

4 days ago - 24 September 2020 | Art and Entertainment

Hidden in a small studio in the Grüner Kranz complex, you will find artist Anja Benseler behind the easel. From here she creates beautiful artworks...

Kauhaie wins the crown

1 week ago - 20 September 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Kauhaie was crowned Miss Teen Swakopmund 2020 during the final hosted at The Loft on Saturday evening.She said that she was overjoyed...

Coast well represented in Voice Perfect Namibian Top 30

1 week ago - 17 September 2020 | Art and Entertainment

Coast • [email protected] Voice Perfect Namibia singing competition has reached episode 4, with only 30 participants remaining. Of these, seven are from Swakopmund and Walvis...

Baxu breaks boundaries

1 week ago - 15 September 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Namibian film industry celebrates a major achievement with the critically acclaimed short film Baxu and the Giants set to be the first...

Paul Dixon scoops top award

1 week ago - 15 September 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund South African-based wildlife artist Paul Dixon was selected as the winner of the Earth Wild Beauty category at the 2020 Wildlife Artist...

Leanne scoops multiple medals

2 weeks ago - 12 September 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Multi-talented Leanne Magson once again scooped numerous medals and titles at the Talent Africa National competition.This time the model, singer, dancer and...

Latest News

Covid-19 kills Hats & Roses

7 hours ago | Events

The annual Cancer Association of Namibia Hats & Roses ladies event scheduled for the first Saturday of October in Windhoek, followed by a second event...

Bernard Esau Street should go

9 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] The Affirmative Repositioning (AR) group that recently registered as a political party, is calling for the renaming of Bernard Esau Street in...

Fire claims life

23 hours ago | Crime

Basilius Mbambo (34) lost his life in a shack fire in the DRC settlement in Swakopmund early on Sunday morning. The deceased and another man...

115 New Covid-19 cases reported...

23 hours ago | Health

The minister of health and social services Dr. Kalumbi Shangula announced 920 Covid test results were received from the laboratories. Shangula said that of these...

Kambueshe not in the running

1 day - 27 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] The chairman of the Erongo regional council and the regional council member of the Swakopmund constituency, Juuso Kambueshe (SWAPO), will not...

Walvis Bay represented at Miss...

1 day - 27 September 2020 | Events

Walvis Bay •[email protected] Former Miss Walvis Bay Monique Smith is a semi-finalist in the prestigious Miss Supranational Namibia beauty pageant slated to take place on...

Laptop thieves on the prowl

1 day - 27 September 2020 | Crime

Swakopmund • [email protected] Police in the Erongo region have called on the public, especially shop owners, to be on their guard against a new...

Hotto switch to Pirates

1 day - 27 September 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Deon Hotto was recently unveiled as signing for South African soccer giants Orlando Pirates.Gerald Güther, who formerly coached Hotto at Swakopmund...

Celebrating black women

1 day - 27 September 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Swakopmund-raised poet Frieda Mukufa (26) who goes by the stage name Damn_Etu, has embarked on a journey to have her poetic...

Load More