Kudus, reg vir finaal

Rugby

16 November 2021 | Sports

Frans Beukes; Sparta; “Die manne is slaggereed om hulle beste te gee.”

Walvisbaai • [email protected]

Die kus rugbyspan Kudus II gaan in die finaal van die reserwe liga van die Namibië Rugby Unie teen Western Suburbs II speel.

Die span is glo reg om hul beste op die veld te gee teen Western Suburbs II. Na ‘n droogte van meer as agt jaar, wil Kudus II se spelers bitter graag die beker huis toe bring vir Chandler Plato en James de Koker. Albei was betrokke by die Kudus klub en het hul lewens aan Covid-19 verloor.

Die span sê hoewel Western Suburbs II as oorweldigende gunsteling op die veld gaan uitgedraf, is die Kudubulle gereed om die beker Narraville toe te bring. ’n Finaal is egter ’n perd van ’n ander kleur en Western Suburbs II sal op hul hoede moet wees om die Kudus te stuit.

FNB Kudus II het ná ’n klipharde 80 minute se gesweet op die veld, die knoop teen Unam II met 16 – 15 deurgehaak om na die finaal deur te dring.

Beserings het egter hul tol geëis na die klipharde stryd en ’n paar noodgedwonge veranderinge moes aangebring word.

Alhoewel die finaal ’n stryd tussen Dawid en Goliath gaan wees, kan Kudus II wel met slim taktiese spel as die wenner uit die stryd tree. Daar bestaan geen twyfel dat ’n opdraende stryd vir Kudus voorlangs wag nie, met Unam wat oor ’n massiewe pak beskik en sonder twyfel hul stempel sal wil afdruk.

Die Kuduspan het egter in die laaste paar wedstryde gewys dat hulle hul man voorlangs kan staan. Die strydros Cassio Schoombe het onlangs ’n goeie wedstryd beleef en sal as baljagter weer dieseldfe vertoning en selfs beter moet opsit. Na afleiding van hoe die oefeninge verloop het, gaan Sidney Halupe Makiti moontlik vir Lorenco Calaca vervang in die voorry, wat later as impakspeler sal opkom. Een speler wat sonder twyfel vroeër sy verskyning sal moet maak, is Alie Zuim. Alhoewel hy nie een van die swaarste spelers is nie, is hy orals op die veld en pla hy opponente met sy teenwoordigheid.

Agterlangs is Kudus aan die jong kant maar met slim spel kan hulle hul opponenete uitoorlê. Skrumskakel , Llwellyn Koopman, het verlede naweek ’n sukkelvertoning gelewer en daar word verwag dat hy die soort spel sal opdis soos hy gedoen het in vorige wedstryde. “Een ding is seker. So staan-staan soos die agterlyn in hulle laaste wedstryd gespeel het, kan hul nie weer bekostig om te doen nie,” het Allister Carolissen van Kudus laat hoor.

Daar sal weer eens swaar op die skopskoen van Ulriaro Lawrence staat gemaak word. Tot dusver is die name van die spanlede wat sal opdraf nog nie aangekondig nie.

Die afrigter van Kudus, Herman Grobler het gese dat daar deeglik vorbereiding vir die wedstryd geterf is. “Daar is niks meer wat ons kan doen nie. Al die voorbereiding wat ons deur die jaar getref het moet nou op die eendag in die finaal na vore kom. Die manne is egter reg.” Grobler het bygevoeg dat ‘n finaal maar gewoontlik n moeilike ding is. “Dinge kan vir of teen jou gaan. Ek glo egter dat ons met n wen sal weg stap. In die verlede het ‘n klomp klein foute ons duur te staan gekom. Fiksheid het ook n groot rol gespeel. Ons staan nou egter ‘n sterker en beter kans om vir hulle te wen.”

Hy het die spelers aangemoedig om alles te gee wat hulle het vir die wedstryd teen Uman II. “Ons het tot so vêr gekom en nou om te wil draai gaan nie werk nie. Ons moet die streek trots maak. Dit is ‘n groot een en ook die laaste wedstryd vir die jaar. Almal moet net alles gee en gaan speel met alles wat hulle het vir die span. Ons moet nie met enige verwyte van die veld afstap nie.”

Grobler het ook vir Sparta geluk gewens met hulle 32-25 eindstryd sege teen Unam III. “Dit sal ‘n uitsonderlik prestasie wees om twee van die drie liga bekers wat beskikbaar na die kus te bring.”


• Namibia Media Events sal albei eindstryde môre regstreeks vanaf Hage Geingob uitsaai (afskoptye 13:45 en 16:30).

Similar News

 

MR24/7 Welwitschia still searching for elusive win

18 hours ago | Sports

Walvis Bay Log leaders Wanderers I maintained their unbeaten form with a 9-wicket victory over MR24/7 Welwitschia in a Premier League 50...

Coastal T10 cricket league drawing to a close

3 days ago - 25 November 2021 | Sports

Walvis Bay •[email protected] The 2021/2022 Coastal T10 semi-finals and finals will all be played at Pro Ed in Swakopmund on Sunday, 28 November....

Rally racers to invade Swakopmund

3 days ago - 24 November 2021 | Sports

Walvis Bay •[email protected] Motorsport fanatics will be treated to some rally action this weekend. An estimated 20 entrants are expected to be in...

Haikali survives axing, for now

4 days ago - 23 November 2021 | Sports

Windhoek • Jesse Jackson Kauraisa NFA president Ranga Haikali and his executive members have been let off the hook after Caf instructed the...

Ná 13 jaar bring Kudus die trofee huis toe

6 days ago - 21 November 2021 | Sports

Walvisbaai • [email protected] Die FNB Kudus II span kon daarin slaag om die Namibië Rugby Unie (NRU) se Reserwe Liga-trofee huis toe gebring....

Hitting the bull's eye!

6 days ago - 21 November 2021 | Sports

Swakopmund • [email protected] Falcon Darts Club hosted its third annual tournament over two days on 19 and 20 November at The Dome in...

MR24/7 Welwitschia defeated in Windhoek

1 week ago - 20 November 2021 | Sports

WHSOBCC I defeated the MR24/7 Welwitschia with 222 runs in a 50 overs Premier League match played at WHS in Windhoek. The coastal side...

Sparta II the team to beat in Coastal T10...

1 week ago - 19 November 2021 | Sports

Sparta Cricket Club II leads the race with 8 points after registering 4 wins from 4 matches. (PEOPBCC) II defeated the Junior Coastal Cricket Academy...

It’s coming home

1 week ago - 18 November 2021 | Sports

Widhoek • Jesse Jackson Kauraisa The International Cricket Council has announced that South Africa, Namibia and Zimbabwe will co-host the 2027 50-Over Cricket...

Championships seek to identify talent

1 week ago - 17 November 2021 | Sports

Swakopmund • Leena Ndakevondjo The annual athletics championship sponsored by The Pupkewitz Foundation and organised by the Athletics Development Club takes place at...

Latest News

Elevate with the new 2022...

1 day - 27 November 2021 | Motors

The Lexus ES has enjoyed three decades of success in the mid-size sedan category and is now forging a more ambitious path with its seventh-generation...

TopCheri details new album ‘Dual’

1 day - 27 November 2021 | Art and Entertainment

Windhoek • Micheal Kayunde TopCheri is ready to bless our ears with her forthcoming album. The 17-track offering features appearances from Kalux, Page (Ethnix),...

Spotlight on Shark Island

1 day - 27 November 2021 | Opinion

It was on this fateful day, 2 October 1904, when German imperial genocide general Lothar von Trotha declared genocide against the Ovaherero people, and extended...

Less than three weeks of...

1 day - 27 November 2021 | Education

The last school day for pre-primary and Grade 1 to 10 learners will be on l5 December 2021. The grade 11-AS and grade 12...

80% of Namibians unvaccinated as...

1 day - 27 November 2021 | Health

Windhoek • [email protected] Namibia is always concerned about the presence of viruses, in whatever form - and especially when 80% of the population is...

Fuel price to increase with...

1 day - 26 November 2021 | Energy

Andreas Simon the senior public relations officer of the ministry of Mines and Energy, announced that the ministry had completed the fuel price review for...

Eat, drink, travel and be...

2 days ago - 26 November 2021 | Business

Even in this struggling economy with global supply chain constraints, retailers are expecting strong sales from Black Friday specials and this has extended far beyond...

Ford's hot new Ranger finally...

2 days ago - 26 November 2021 | Motors

After months of teasers, Ford has finally revealed its all-new Ranger. By far the most crucial product that Ford produces, and for markets like Southern...

Rebirth planned for tourism sector

2 days ago - 26 November 2021 | Tourism

Swakopmund • [email protected] About 18 months after the corona crisis brought the tourism industry to its knees, government is in the process of developing...

Load More