Krygsgevangenes se grafte gaan herstel word

'n Organisasie beywer hom vir die herstel van die grafte van krygsgevangenes wat omgekom het in konsentrasiekampe op Swakopmund.

03 December 2019 | Local News

Laidlaw Peringanda; NGA-voorsitter ; “Deur ons voorvaders se grafte skoon te maak en te herstel, glo ek dat hulle gelukkig sal wees en seëninge na Namibië sal bring.”

Swakopmund · [email protected]

Die Namibiese Volksmoordvereniging (Nambian Geniocide Association - NGA) beoog om die grafte van krygsgevangenes wat gesterf het gedurende die Ovaherero- en Nama-volksmoord van 1904 tot 1908 onder die bewind van Duitsland, skoon te maak en te herstel op 10 Desember.

Die grafte, by die gedenkbegrafplaas van Swakopmund se Kramersdorf-woonbuurt, is van krygsgevangenes wat in konsentrasiekampe op Swakopmund aangehou is.

Die menseregteaktivis en voorsitter van die vereniging, Laidlaw Peringanda, het Namibiërs genooi om te kom help met die herstelwerk.

“Almal is welkom om deel te wees van die skoonmaak-aksie. Dit sluit ook die tradisionele owerhede van die Ovaherero, Ovambanderu en die Nama/Damara in.”

Volgens Peringanda is sowat 703 grafte onwettig gesloop en gelykgemaak. Hy voer aan die grond waar van die grafte eens was , is vir ander doeleindes hergebruik.

“Laat ons die waardigheid van ons voorvaders se grafte op die herdenking van Internasionale Menseregtedag in ere herstel,” het hy gesê.

Peringanda het gesê die Swakopmund-munisipaliteit en -stadsraad het die spesifieke grafte verwaarloos.

“Dit is in ’n gehawende toestand. Die werknemers van die munisipaliteit sorg slegs vir die Duitse koloniale soldate se grafte en die grafte van mense wat minder as 20 meter van die grafte van ons voorouers af gevind word,” het hy gesê.

Die vereniging het onder sy leiding die inisiatief geneem om die grafte skoon te maak en te herstel omdat dit oor ‘n tydperk van ongeveer 115 jaar verwaarloos is.

“Daar is ’n internasionale beleid oor die instandhouding van inheemse begraafplase en hoe dit in stand gehou moet word. Daarvolgens is begraafplase unieke bewaarplekke uit die geskiedenis van die mensdom en die rusplekke van menslike oorskot. Hulle is getuies van die kontinuïteit van die menslike lewe en die kulturele erfenis.”

Hy het ook beklemtoon dat die Afrika-kultuur glo dat die geeste van dooies lewend is.

“Deur ons voorvaders se grafte skoon te maak en te herstel, glo ek dat hulle gelukkig sal wees en seëninge na Namibië sal bring,” het hy gesê.

Similar News

 

Gratis fiksheid vir inwoners

2 days ago - 18 February 2020 | Local News

Okombahe • [email protected] Okombahe spog nou met sy eie fiksheidsklub danksy ‘n inwoner van die dorp. Die klub het sy ontstaan te danke aan Simson...

Dapper vegtertjie benodig bystand

2 days ago - 18 February 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Nehemia Antoncich is ’n ware klein vegtertjie in elke sin van die woord. Hy het Downsindroom, ’n hartafwyking en ook swak...

Showers for Happy Land

2 days ago - 18 February 2020 | Local News

Henties Bay Carmen Hoases' selfless ­commitment to abandoned and abused children led to the establishment of Happy Land Safe Haven in ­Omdel, ­Henties Bay. The...

Low water levels affecting health

1 week ago - 12 February 2020 | Local News

The Karibib municipality has sent out an official warning about its water supply. In a media statement, the municipality said that the low levels of...

Korrupsie in die kollig

1 week ago - 12 February 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Lede van die publiek het verlede Vrydagaand (7 Februarie) in die Tamariskia gemeenskapsaal op Swakopmund vergader om die Fishrot-skandaal te bespreek....

Skuiling vir dierevriende

1 week ago - 11 February 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Donna Collins is geen vreemdeling wanneer dit kom by hulpverlening aan diere nie. Met die koms van die nuwe...

Vandale saai verwoesting

1 week ago - 11 February 2020 | Local News

Walvisbaai Die munisipaliteit van Walvisbaai het inwoners versoek om te help om voorvalle van vandalisme in die hawestad te voorkom. “Vandalisme hou groot gevare vir...

Coastal elephant at it again

1 week ago - 10 February 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] and [email protected] The elephant bull that made a rare appearance on 24 December 2019 along the...

Outrage over puppy’s ears being cut off

1 week ago - 10 February 2020 | Local News

Walvis Bay · [email protected] Word spread like wildfire along the central coast on Sunday when it was discovered that a Pitbull puppy’s ears...

Town planning simplified

2 weeks ago - 04 February 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] With the new Town Planning Amendment Scheme Number 71, Swakopmund has reason to celebrate: Not only will it change the face...

Latest News

Plea in NIMT murder case

1 day - 19 February 2020 | Crime

Swakopmund • [email protected] Austrian-born Ernst Lichtenstrasser appeared in the Swakopmund magistrate's court earlier this week. Prosecutor Johannes Shangadi said that the police investigation into...

Nuwe wiele vir gesondheid

1 day - 19 February 2020 | Health

Swakopmund • [email protected] Die Amerikaanse ambassade in Namibië het ses Toyota Hilux bakkies vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste beskikbaar gestel.Die voertuie...

Vir vroue, deur vroue

1 day - 19 February 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Met vrouebemagtigingsvegters die wêreld oor op ’n missie, het Beatrice Schultz besluit om haar deel vir dié beweging te doen. Dus...

Search for missing Resplendent crew...

1 day - 19 February 2020 | Disasters

The Ohlthaver & List (O&L) Group of companies confirmed that the fishing vessel Fisher Bank docked at 06:30 this morning (19 February 2020) with all...

BREAKING NEWS

1 day - 18 February 2020 | Accidents

A fishing vessel belonging to Hangana Seafood sunk in the deep sea, according to reports just received.A source confirmed that the hake trawler Resplendent experienced...

Gratis fiksheid vir inwoners

2 days ago - 18 February 2020 | Local News

Okombahe • [email protected] Okombahe spog nou met sy eie fiksheidsklub danksy ‘n inwoner van die dorp. Die klub het sy ontstaan te danke aan Simson...

Dapper vegtertjie benodig bystand

2 days ago - 18 February 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Nehemia Antoncich is ’n ware klein vegtertjie in elke sin van die woord. Hy het Downsindroom, ’n hartafwyking en ook swak...

Showers for Happy Land

2 days ago - 18 February 2020 | Local News

Henties Bay Carmen Hoases' selfless ­commitment to abandoned and abused children led to the establishment of Happy Land Safe Haven in ­Omdel, ­Henties Bay. The...

Cementing ties

2 days ago - 18 February 2020 | Infrastructure

Pictured here are the Namport executive for information communication and technology Victor Ashikoto with the premier of South Africa's Gauteng province, David Makhura. Ashikoto hosted...

Load More