Korona bring musikale wind van verandering

Musikante trek swaar

14 June 2020 | Art and Entertainment

Vaughn Ahrens; Musikant; “Dis tyd dat ons begin soek na alternatiewe maniere om dinge te doen.”

Swakopmund • [email protected]


Talle bedrywe is tot stilstand gedwing weens inperkings as gevolg van die Covid-19 pandemie.

Die musiekbedryf is geen uitsondering nie en verg dit aanpassings deur die talle musikante wat hul brood en botter só verdien.

“As musikante moet ons onsself aanhoudend omskep om relevant te bly. Ek dink nou moet ons beslis meer waarde toevoeg. Op ’n menslike vlak moet ons bande met ons gehoor smee en baie meer persoonlik wees,” sê Lize Ehlers, wat een van die benoemdes is in die NAMA Kunstenaar van die Dekade toekenning.

Adam Brandon-Kirby, ’n klankingeneur wat oor die algemeen help by groot feeste regoor die land, stem met Ehlers saam.

“Ons mag nie op die oomblik meer as 50 mense op ’n slag akkomodeer nie. Dit beteken dat kaartjiepryse verhoog moet word en daarvoor sal ons meer waarde moet lewer. Ons kan nie van mense verwag om dubbel te betaal vir dit wat ons gewoonlik sou lewer nie. Ons gaan nou ’n trappie hoër moet klim,” sê hy.

Desert Tavern op Swakopmund het reeds ’n stap geneem om te sorg dat geld in kunstenaars se bankrekeninge beland: African Vocals het onlangs hul eerste optrede ná die inperking aangebied en bluesmusikant Riaan Smit was ook aan die beurt.

“Ek geniet intieme optredes. Die kleiner venues in stede soos New York is my gunsteling. Ek dink dit gee jou as kunstenaar kans om meer betrokke te wees by jou gehoor. Op dié manier kan ons dit vir musiekliefhebbers meer spesiaal maak,” sê hy.

Hy glo ook dat omskepping nodig is en voeg by dat die bedryf vir die afsienbare toekoms nie weer op dreef sal kom nie.

“Ek dink, en hoop natuurlik, die Namibiese industrie sal vinniger herstel in vergelyking met die res van die wêreld. Ek meen egter steeds dit eers teen die einde van die jaar sal begin herstel – as ons gelukkig is.”

Man van Goud-sanger Vaughn Ahrens meen daar is geen kristalbal vir die bedryf nie en moedig mede-musikante aan om “buite die boks” te dink.

“Ek dink ons hak nog in die verlede vas. Ons lewe in ’n era van inligtingtegnologie en ons moet dit gebruik. Dit is tyd dat ons begin soek na alternatiewe maniere om dinge te doen,” sê hy.

Brandon-Kirby, wat ook gereeld saam met Ahrens optree, moedig aan wat hy “verantwoordelike genot” noem.

“Ek dink diegene wat kleiner geleenthede bywoon moet steeds verantwoordelik wees ten opsigte van hul gesondheid. Dit is belangrik om aan die voorgeskrewe maatrëels te voldoen om ’n heropflikkering van die pandemie te verhoed.”

Similar News

 

NAMAs go online

10 hours ago | Art and Entertainment

The 10th Namibian Annual Music Awards will kick off soon, but this time live and online!Up for grabs is a total of N$1.2 million that...

July’s hot and popping hits

5 days ago - 31 July 2020 | Art and Entertainment

Coast • [email protected] musicians from the Erongo region released some captivating tunes in July, with Tuhafeni, Ixa and Gerenyovest not disappointing their fans. Swakopmund-based Josef...

Jaliza’s new album set to drop

6 days ago - 30 July 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The Swakopmund-based Ma/Gaisa singer Jaliza (29) is ready to wow her fans with a new album after a lengthy hiatus.The “Ditsa...

Kuku_V aims for the stars

6 days ago - 30 July 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Upcoming vocalist Viktor Ambonda who goes by Kuku_V, says he is on cloud nine after being chosen as one of the...

Stories wanted

1 week ago - 28 July 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The Swakopmund museum is known for telling extraordinary stories from times long forgotten.The Scientific Society Swakopmund (SSS) wants to take a...

More than 150 dancers audition for 2020 MTC Knockout...

1 week ago - 23 July 2020 | Art and Entertainment

Windhoek Dance auditions for the second edition of the MTC Knockout Project, which will be held under the theme “Together we can beat homelessness”, attracted...

“Alibi” is your number one song

1 week ago - 23 July 2020 | Art and Entertainment

Coast • [email protected] “Alibi”, the latest offering by ESB (Eduardo Riobo), Space the Don (Rivaldo van den Heever) and Roger (Rodger Nuwuseb) has reached...

Saban pen tweede boek

3 weeks ago - 14 July 2020 | Art and Entertainment

Walvisbaai • [email protected] Skrywer en digter Mogamat Sallie Saban het onlangs sy nuwe boek ‘Sandwich Harbour, our beautiful coastline’ vrygestel. Die boek bestaan uit...

Sangers span saam

3 weeks ago - 13 July 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Terwyl dit maar broekskeur gaan met baie kunstenaars, het 21 Namibiese musici saamgespan om ‘n paar ekstra dollar te maak.Corne...

Swakopmunder releases computer game

3 weeks ago - 12 July 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund •[email protected] Johnny Benade (34) recently released a computer game called I.B Helper (Intelligent Bare Bones Helper). The self-taught game developer shares more about his...

Latest News

Applications now open for grade...

10 hours ago | Education

Walvis Bay The regional directorate of education announced that application forms for pre-primary, grade 1 and grade 8 learners for 2021 will become available...

Police bust cannabis cultivators

10 hours ago | Crime

Walvis Bay Three young men were arrested in Walvis Bay during two separate drug busts for cultivating, harvesting and being in possession of cannabis.A...

Couple nabbed for fraud, money...

1 day - 04 August 2020 | Crime

Walvis Bay •[email protected] A couple from Walvis Bay who allegedly defrauded a Swiss man of more than N$1.1 million made their first...

Mother sacrifices her life in...

1 day - 04 August 2020 | Disasters

Swakopmund Three people lost their lives in a shack fire that broke out in Swakopmund’s DRC informal settlement on Sunday.The regional crime investigations...

Ministry of defence rubbishes bogus...

1 day - 04 August 2020 | Ministries

Audio and video footage that has been circulating on social media claiming that Chinese soldiers have entered into Namibia, are untrue.“There is no iota of...

Sixty-four new cases

1 day - 04 August 2020 | Health

Namibia recorded 64 new Covid-19 cases today. The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula also announced 24 new recoveries. This number also...

Majority of police station attackers...

1 day - 04 August 2020 | Crime

Swakopmund Eighteen of the 20 people accused of damaging and destroying public property at the Mondesa police station were denied bail during their first appearance...

Maskers vir bewaring

2 days ago - 04 August 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Met die Covid-19-pandemie op hande het die gesigmasker’n deel van die ‘voel-voel aan jou sakke of alles daar is’-roetine geword....

Toerisme bedryf se kommer aangespreek...

2 days ago - 04 August 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] Besighede in die toerisme bedryf bevind hulself in ’n penarie sedert die sluiting van die land se grense vir toeriste...

Load More