Kolskoot vir 'n kampioen
13 October 2016 | Life Style
Jolien Els ontvang haar tjek van die Lions van die president van die Lions, Pieter Erasmus, voor haar vertrek na Wagga-Wagga. Links is Bertie Botha, een van die staatmakers van die Lions op Hentiesbaai. Jolien het self elke moontlike sent gespaar om aan die byeenkoms deel te neem. Foto verskaf.
Hentiesbaai se Lions deel in die trots van Jolien Els, die vakansieoord se 18-jarige nooientjie wat vandag as nuwe Wêreldkampioen van die Veldboogfederasie ná die vakansieoord terugkeer. Jolien het die titel op die veldboogbyeenkoms in Wagga-Wagga in Nieu-Suid-Wallis, Australië, verower. Sy was as Namibiër deel van Afrika se Veldboogtfederasiespan.
Jolien moes self toesien hoe sy vir die byeenkoms in Australië en terug in Namibië kon kom. Van die Hentiesebaaise ondersteuners was die Lions wat haar met N$20 000 geborg het. Die foto is voorhaar vertrek na Wagga-Wagga geneem. Links staan Jolien,Pieter Erasmus, president van die Lions op Hentiesbaai, en regs Gisela Crfamer, ''n Lion en voormalige burgemeester van Hentiesbaai. Jolien het self elke moontlike sent gespaar om aan die byeenkoms deel te neem. Foto verskaf