Klubhuis bied tydelike tuiste vir uitgesette huurders

’n Groot aantal huurders staar uitsettings in die gesig omdat hulle nie huur kan betaal nie.

08 September 2020 | Local News

Mnr. Paul Fisher; Narraville Gemeenskapsgroep; “Die huidige situasie is baie onhigiënies...”

Walvisbaai • [email protected]





’n Onbekende toekoms wag vir 25 gesinne (72 kinders en 25 volwassenes) wat hulself op straat en in die koue bevind het ná hulle deur hul huurders uitgesit is weens wanbetaling van huurgeld.

Die groep word tans in die Narraville klubhuis gehuisves wat as ’n stemlokaal in die komende verkiesing gebruik gaan word.

Die munisipaliteit het die fasiliteit as tydelike maatreël beskikbaar gestel nadat die groep by die polisie vir hulp gaan aanklop het en toe besluit het om in die ope lug rondom ’n vuur te slaap.

Met verloop van tyd het die gemeenskap ingespring en kos aan hulle begin voorsien.

Die voorsitter van die Narraville Gemeenskapsgroep, mnr. Paul Fisher, het bevestig dat daar ’n vergadering Vrydag met die Erongo-goewerneur gehou is waar die mense se lot bespreek is.

“Ons het geen besluite geneem nie en ’n opvolgvergadering sal gehou word om die saak verder te bespreek. Die huidige situasie is baie onhigiënies en die Shack Dwellers-groep het aangebied om te kyk hoe hulle die mense kan help. Farm 37 is ook as ’n moontlike oplossing genoem.”

Fisher het egter gesê die verwagtinge vir die beskikbaarstelling van gratis grond is onrealisties.

“Daar is begrip vir die situasie en die feit dat omstandighede mense hierin dwing. Meer mense is besig om hul werk te verloor, so dinge gaan net vererger. Niks is egter verniet nie.”

Reaksie

Mnr. Ryan Gordon, ’n woordvoerder van die groep haweloses, voer egter aan die munisipaliteit het aan hulle opdrag gegee om ’n stuk grond vir die mense te vind.

“Gesinne is in die koue uitgesit. Hulle het geen heenkome nie. Ons het by die burgemeester, onderburgemeester, die goewerneur en selfs die adjunkminister van grond, mnr. Derick Klazen, vir ’n oplossing gepleit. Hulle het ons opdrag gegee om ’n stuk grond te vind waar ’n tent of tente opgerig kan word sodat mense tydelik daar gevestig kan word. Die mense is desperaat en bereid om te betaal.”

Me. Penelope Martin-Louw, die onderburgemeester van Walvisbaai, sê die munisipaliteit is besig om na oplossings vir die betrokke groep mense te soek.

Die onderburgemeester sê die raad het vroeër talle skenkings van tente ontvang, maar dat die skenkers spesifiek versoek dat dit alleenlik vir die brandslagoffers van Twaloloka (nou Otweya) gebruik word.

Mnr. Hasan Winckler, een van die dakloses, het gesê hy en sy familie bevind hulle waar hulle is as gevolg van die swak ekonomiese omstandighede.

“Ek en my vrou sukkel sedert Oktober verlede jaar om kop bo water te hou. Ons is bygestaan, maar die hulp het al hoe minder geword namate die maande aangestap het. Ek het tred verloor met hoeveel mense ek skuld. Ons het al soveel keer getrek. Nou is ek haweloos.”

Gebou word gesloop

Van die inwoners wat tans onwettig in ’n ou gebou (H&A Court in Narraville) bly, voer aan dat daar slegs vir sekere inwoners voorsiening gemaak word.

Die inwoners sê hulle lewe in vrees dat hulle hul ook op straat gaan bevind, omdat die woonstelkompleks en omliggende woonstelle binnekort gesloop gaan word deur die geslote korporasie (CC) wat die eiendom besit.

Een van die eienaars, mnr. Bradley Basson, ’n bekende prokureur in Windhoek, het bevestig dat diegene wat daar bly, dit onwettig doen.

“Hierdie inwoners het geen kontrak met my nie. Ek het nog nooit enige huurgeld van enige een van hulle ontvang nie. Daar is geen water of elektrisiteit gekoppel nie. Ek het die gesondheidsinspekteur van die munisipaliteit die plek laat ondersoek en dit is as onveilig vir bewoning verklaar.”

Basson het gesê die plan was aanvanklik om die kompleks en die omliggende geboue vroeër vanjaar te sloop.

“Covid het dié voorneme egter gekeer. Maar sodra die inperkings opgehef word, sal ons voortgaan met ons planne. ’n Argitek het reeds begin om planne op te trek vir die nuwe gebou wat ons daar gaan oprig.”

Basson het ook gerugte ontken dat die geboue deur Chinese besit word.

“Ek het die geboue ’n paar maande gelede besoek saam met lede van ’n Chinese maatskappy wat kontrakteurs vir die beoogde projek is. Twee jaar gelede het ek die geboue laat opknap en twee weke later is die geboue weer beskadig. Dit het gelei tot die besluit om dit heeltemal te sloop en ’n nuwe woonstelkompleks te bou.”

’n Groep inwoners van Narraville het onlangs die skoonmaak gereël van ’n woonstelkompleks by die gebou wat deur ’n brand beskadig is, met die doel om twee van die gesinne wat tans in die klubhuis gehuisves word, daar te akkommodeer.

Volgens die leier van die skoonmaakinisiatief, mnr. Harold Davids, het hy toestemming van Basson verkry om voorlopig mense daar te huisves.

Similar News

 

Toll-free emergency number to improve service delivery

14 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] The Swakopmund municipality announced the introduction of a new toll-free number – 064 0800 410 410 – for fire and...

Swapo nomination, verification processes under fire

1 day - 29 September 2020 | Local News

Walvis Bay Sources allege that the nomination and election processes of Swapo candidates in the Erongo region for the upcoming elections are flawed.According to...

'n Tweede kans vir Swakop se haweloses

1 day - 29 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die Covid-19-pandemie was vir meeste mense 'n ongelooflike terugslag, maar vir Swakopmund se haweloses is daar uiteindelik 'n langtermynoplossing. Die Jeugkoshuis...

Sjefs deel hul kennis

1 day - 29 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die Strand Hotel se kombuis is hierdie naweek vir die eerste keer vir amateursjefs en tuiskokke geopen, sodat professionele sjefs...

Swakop SPCA asks for more money

2 days ago - 28 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] “The Society for the Protection of Animals (SPCA) is doing an immense amount of work and the workload has increased significantly since...

Bernard Esau Street should go

2 days ago - 28 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] The Affirmative Repositioning (AR) group that recently registered as a political party, is calling for the renaming of Bernard Esau Street in...

Kambueshe not in the running

3 days ago - 27 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] The chairman of the Erongo regional council and the regional council member of the Swakopmund constituency, Juuso Kambueshe (SWAPO), will not...

New lift for at Antonius Residence

6 days ago - 24 September 2020 | Local News

Finally, after five decades, the lift at the Antonius-Residenz old age home in Swakopmund has been replaced by a modern elevator. The new elevator officially...

Rough seas flood Tiger Reef again

6 days ago - 24 September 2020 | Local News

A high swell hit large parts of the Namibian coast at the weekend. In Swakopmund on Saturday, Tiger Reef Beach Bar’s parking lot was...

Tempers flare at Windpomp 14

1 week ago - 23 September 2020 | Local News

Mile 14 • [email protected] The Windpomp 14 campsite outside Swakopmund was the focus of a heated debate on social media over the weekend....

Latest News

Police warn of car scammers

14 hours ago | Crime

NamPol has again warned members of the public about a syndicated seen on social media advertising second-hand vehicles for between N$15 000 and N$20 000...

Converting a garage into a...

14 hours ago | Life Style

As an unfortunate by-product of the lockdown, many households have been forced to combine owing to a loss of income.To cut costs, the easiest solution...

Toll-free emergency number to improve...

14 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] The Swakopmund municipality announced the introduction of a new toll-free number – 064 0800 410 410 – for fire and...

Jazama nominated for coveted Sotigui

1 day - 29 September 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Not only has actress and producer Girley Jazama raked in success with Baxu and the Giants (which she co-produced), it became...

Swapo nomination, verification processes under...

1 day - 29 September 2020 | Local News

Walvis Bay Sources allege that the nomination and election processes of Swapo candidates in the Erongo region for the upcoming elections are flawed.According to...

No new Covid cases...

1 day - 29 September 2020 | Health

There are no patients from the Erongo region amongst the 19 new Covid positive cases reported by the minister of health and social services Kalumbi...

Three new Covid cases reported...

1 day - 29 September 2020 | Health

The minister of health and social services Dr. Kalumbi Shangula, announced that 88 of 147 Covid-19 test results received from the laboratories tested positive. Of...

Goudmyn is goud werd ...

1 day - 29 September 2020 | Business

Karibib Die QKR Navachab-goudmyn werk aan strategiese projekte wat die uitbreiding van sy verwerkingsaanleg teen N$400 miljoen en die moontlike ontwikkeling van ’n ondergrondse...

'n Tweede kans vir Swakop...

1 day - 29 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die Covid-19-pandemie was vir meeste mense 'n ongelooflike terugslag, maar vir Swakopmund se haweloses is daar uiteindelik 'n langtermynoplossing. Die Jeugkoshuis...

Load More