Inwoners wil weet oor grondtransaksies

’n Groep inwoners van Hentiesbaai sê hulle wil hê ’n ondersoek moet onderneem word om die dorpsraad se transaksies vir grond te ondersoek.

21 September 2021 | Local News

Inwoners; “... word die prys van grond regverdig en deursigtig bepaal, of kom dit neer op aan wie die belegger verwant of verbonde is?”

Hentiesbaai







Inwoners van Hentiesbaai het verlede week ’n vreedsame optog gehou en ’n versoekskrif aan die burgemeester, mnr. Lewies Vermaak, oorhandig.

In die versoekskrif word ’n beroep op die dorpsraad gedoen om sogenaamde wanbestuur en bestuurspraktyke rakende Omdel uitbreiding 7 se bekostigbare behuisingsprojek, te staak.

Die voorsitter van die Omdel-gemeenskapsbesorgdheidsgroep, mnr. Willem Jansen, het die versoekskrif oorhandig wat deur 270 inwoners onderteken is.

In die versoekskrif lug die ondertekenaars hul kommer en ontevredenheid oor dié ontwikkeling.

Hulle voer aan dat hulle beplan om die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling te versoek om ’n forensiese ondersoek te onderneem oor die menslike hulpbronne aspek, asook die finansies en bates van die dorpsraad, met die fokus op veral grondtransaksies.

Hulle doen ook ’n beroep op verhoogde betrokkenheid deur gemeenskapsvergaderings sodat hulle insette kan lewer.

Die inwoners het in die versoekskrif daarop gewys volgens navorsing wat deur hulle gedoen is en raadsverslae, het die vorige raad in 2019 ’n beleggersooreenkoms met ’n Suid-Afrikaner aangegaan om bekostigbare huise te laat bou.

Ene Alwin Naidoo van Bay Construction het die tender gekry en sou met leë erwe in ruil daarvoor betaal word. Hulle beweer Naidoo het op sy beurt E.Y.C en ISSC gesubkontrakteer, ondanks die feit dat sy kontrak met die raad dit glo verbied het.

Die besorgde inwoners sê die kontrakbreuk is onder die raad se aandag gebring, maar geen stappe is teen Naidoo gedoen nie.

Hulle beweer voorts Naidoo het die projek agtergelaat met 27 onvolledige en uiters swak geboude huise toe hy die land verlaat het.

Naidoo het blykbaar ook plaaslike kontrakteurs wat hy gesubkontrakteer het, sonder enige betaling gelos.

Die gegriefde inwoners voer aan die raad het bogenoemde subkontrakteurs, wat gedeeltelik vir die onvolledige en swak geboude huise verantwoordelik was, weer eens genader en wou hulle betrek by wat die groep as “’n ander onverantwoordelike en onregverdige reëling” beskryf.

Hulle beweer voorts die raad het volgens notules van ’n vergadering van 24 Februarie 2021 sonder konsultasie, gratis erwe in vooraanstaande gebiede op Hentiesbaai aan die subkontrakteurs belowe om die halfgeboude huise te voltooi.

Dit is volgens hulle gedoen sonder om ’n behoorlike ontleding te onderneem van die erwe teen die swak gehalte van die huise wat reeds gebou is, en ook sonder om te bepaal waarom die huise wat nie eers twee jaar oud is nie, reeds uitmekaarval.

Volgens die gegriefde groep, is geen kwaliteitsverklaring van ’n afgevaardigde bourekenaar van die regering gedoen om ’n kostevergelyking te bekom tussen wat op die terrein is met betrekking tot kwaliteitsversekering en die koste van die voltooiing van die res van die huise nie.

Hulle voer ook aan die gebied waar die geïdentifiseerde erwe wat na bewering aan die subkontrakteurs gegee gaan word, ’n baie hoër waarde het in vergelyking met die standaard van die voltooide werk of die totale konstruksiewaarde van die huise.

Volgens die inwoners het die raad reeds besluit om die ministerie te raadpleeg vir goedkeuring om die geïdentifiseerde erwe aan die subkontrakteurs te oorhandig.

Hulle is egter van mening die raad het nie die langtermynskade en die finansiële verliese wat die dorp en die inwoners van Hentiesbaai sal ly, deurdink deur toe te laat dat so ’n onverantwoordelike ooreenkoms voortgaan nie.

Hulle beskuldig die raad voorts daarvan dat dit nie gehoor gegee het aan die kommer van plaaslike kontrakteurs wat onder die subkontrakteur in die projek betrokke was nie.

“Ons eis dus dat hierdie ooreenkoms met die subkontrakteurs onmiddellik gestaak word totdat daar ’n behoorlike ondersoek van stapel gestuur is en ’n verslag opgestel word, want uiteindelik moet die gemeenskap vir hierdie swak gehalte huise opdok.”

Die inwoners het ook navraag oor grondtransaksies in Omdel uitbreiding 5 gehad.

Volgens hulle is die prys van die erwe wat privaat verkoop word, onder meer aan Umuntu Investments teen N$120 per vierkante meter verkoop en aan ander teen N$240 per vierkante meter vir soortgelyke grond, wat ongehoord is.

“Dit is twyfelagtig. Verduidelik asseblief die teenstrydigheid. Word die prys van grond regverdig en deursigtig bepaal of kom dit neer op aan wie die belegger verwant of verbonde is?”

Die inwoners het ’n beroep op die raad gedoen om ook aan hulle besonderhede te verstrek oor al die grondtransaksies wat sedert 2014 plaasgevind het.

“Ons wil weet hoe hierdie transaksies gesluit is, of hierdie transaksies deursigtig was en in belang van die inwoners van die dorp en die ontwikkeling daarvan gedoen is.”

Similar News

 

World Food Day supported

1 day - 15 October 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Hodago Fishing handed over 25 food parcels to the office of the governor, in support of World Food Day that...

Blue Economy draft policy consultations on the go

3 days ago - 13 October 2021 | Local News

Walvis Bay •[email protected] Consultative workshops with various stakeholders for the development of Namibia's sustainable Blue Economy policy are taking place across the country.The...

Matutura kry parke

4 days ago - 12 October 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Drie speelgronde in Matutura is Woensdag deur die burgemeester van Swakopmund, me. Louisa Kativa, ingehuldig.Tydens die geleentheid wat by een van...

Namport cares

5 days ago - 12 October 2021 | Local News

Namport donated 100 parcels containing ‘basic dry food’ to the office of the Erongo governor on Tuesday, 5 October. The gesture was done...

Weduwees, Ehika bereik kompromie

5 days ago - 12 October 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] ’n Groep visser-weduwees en Ehika Fishing het hul verskille uitgestryk. Volgens Rojo van Wyk, ’n stigterslid van die Fishermen...

Streef na ’n skoner Walvisbaai

5 days ago - 12 October 2021 | Local News

Walvisbaai Die munisipaliteit van Walvisbaai het onlangs 123 beton-asdromme ter waarde van N$80 000 bekom en op strategiese plekke oraloor die hawedorp geplaas. Die...

Westside reis nou in styl

5 days ago - 12 October 2021 | Local News

Michelline Nawatises • [email protected] Ho?rskool Westside wat meer as 1 200 leerlinge akkommodeer, het twee maande gelede ’n 16-sitplekbus aangeskaf....

Parliament to host public hearings on abortion

5 days ago - 11 October 2021 | Local News

Windhoek • [email protected] Namibians in favour of reproductive justice and abortion law reform and those battling to retain Namibia’s restrictive abortion law will be...

Mattresses and blankets donated to school hostels

6 days ago - 10 October 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] The office of the governor recently donated 32 matrasses and 64 blankets to the directorate of education, in a bid...

Stinky water flood premises

1 week ago - 09 October 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Residents of Tamariskia voiced their discontent about sewage water spilling into their premises and homes.Upon visiting Brockerhoff Laan, a resident who...

Latest News

First-ever career week at Duinesig

14 hours ago | Education

Swakopmund • [email protected] Duinesig High School hosted its first-ever career week from 11 to 15 October. Universities and colleges joined forces as exhibitors and...

Volkswagen Caddy to retail in...

14 hours ago | Motors

Volkswagen Commercial Vehicles will be launching the new Caddy in South Africa from November 2021. The Caddy was first launched in the local...

Vaccination uptake not satisfactory ...

14 hours ago | Ministries

The number of new Covid-19 infections have significantly decreased in the past few weeks. Health minister Dr Kalumbi Shangula stated that the decline in...

Blue Waters up against Pro-Ed...

20 hours ago | Sports

Blue Waters will face Pro-Ed Old Boys Cricket Club I in the final of this year’s edition of the Coastal T20 Cricket League.Helmut Mack confirmed...

Elderly person murdered

1 day - 16 October 2021 | Crime

The police are appealing for help from the public to find the suspects wanted in connection with a murder and a housebreaking with intent to...

Kudus II ready for Unam...

1 day - 15 October 2021 | Sports

Walvis Bay •[email protected] The FNB Kudus II team will meet the University of Namibia (Unam) II in a Namibia Rugby Union (NRU) reserve...

World Food Day supported

1 day - 15 October 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Hodago Fishing handed over 25 food parcels to the office of the governor, in support of World Food Day that...

Hydrogeological map launched

1 day - 15 October 2021 | Environment

Windhoek • [email protected] The minister of agriculture, water and land reform says that, in his opinion, a total ban on prospecting and mining activities...

NCAF workshop conducted

1 day - 15 October 2021 | Ministries

Swakopmund • [email protected] An estimated 50 stakeholders from various institutions attended the seventh National Conservation Agriculture Forum (NCAF) workshop which was conducted...

Load More