Innovasie dryf toerisme skou

Planne bespreek

28 January 2020 | Events

Frank Steffen; Allgemeine Zeitung & Tourismus redakteur; “Dit pas individue wat net ’n uur of twee kan afknyp om te kom...”

Swakopmund • [email protected]


Voorbrand word tans gemaak vir die Namibië Toerisme Ekspo (NTE), met inligtingsessies wat in uitgesoeke dorpe reg oor die land gehou word.

Die NTE vind vanaf 10 tot 13 Junie in die hoofstad plaas en word beskou as ’n gewilde netwerkgeleentheid vir almal wat in die toerisme bedryf betrokke is of ’n diens daaraan lewer.

Swakopmund was eerste aan die beurt, met bestuur van die gasheer Namibia Media Holdings (NMH) wat met verblyfinstansies van die kusdorp en omgewing ontmoet het.

NMH se Maggy Mbako het tydens dié ontmoeting aan gaste verduidelik watter blootstelling die NTE vir hulle kan bied, in ag genome wat die kliënt se spesifieke behoeftes het.

Volgens die redakteur van die Allgemeine Zeitung en Tourismus Namibia, Frank Steffen, is die ekspo eweneens gerig op uitstallers én besoekers se ervaring.

Hy het voorts gesê uitstallers word volgens kategorië ingedeel.

“Dit is dan makliker vir besoekers wat met een doel na die ekspo kom om te vind waarna hulle soek. Dit is dus ideaal vir individue wat net ’n uur of twee kan afknyp om by die ekspo te kuier,” het hy gesê.

Hoewel die NTE al die afgelope 21 jaar plaasvind, word dit deur innovering gekenmerk, met iets nuut wat elke jaar verwag kan word. Gewilde items waarna besoekers egter weer na kan uitsien, sluit in die finaal in Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie asook die Chef’s Theatre.

NMH se hoof bemarkingsbeampte, Hennie Geldenhuys, het gesê die integrasie tussen uitstallers en vermaak is ’n kenmerk van vanjaar se skou.

“Ons wil byvoorbeeld graag as deel van die Chef’s Theatre, verblyfsverskaffers en restaurante se sjefs en kokke ook voorstel. Op hierdie wyse kan die onderskeie instansies dít uitbeeld wat hulle uniek maak.”

Hy het ook meer inligting verskaf oor ’n verandering wat daarop gemik is tegnologie by die skou te integreer. “Ons wil ’n selfoonprogram gebruik om aan besoekers ’n unieke ervaring te gee. Só sal interaksie tussen besoekers en uitstallers aanmoedig word,” het hy gesê.

Tydens dieselfde geleentheid het Geldenhuys en Steffen aangekondig dat NMH se Tourismus Namibia-tydskrif voortaan by verskeie internasionale lughawens asook CNA- en Exclusive Books-takke in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, versprei sal word.

Similar News

 

Breek weg na Omaruru

4 hours ago | Events

Omaruru • [email protected] die ekonomie aan die kus weer op die been is te danke aan ’n toestroming van binnelandse besoekers, moet inwoners en besighede...

Swierige matriekafskeid

1 day - 27 October 2020 | Events

Hoërskool Duneside se matriekafskeid het Saterdag by die Hotel Atlantic op die hawedorp plaasgevind. Veertien matrikulante het die geleentheid met die tema “MET Gala” bygewoon...

Prediger to share on Pangolins

3 days ago - 25 October 2020 | Events

Pangolins are considered the most trafficked mammal in the world, but very little research on this mammal and its behaviours have been done.Despite this, many...

AgriPitch deadline dead ahead

6 days ago - 22 October 2020 | Events

There are just hours to go until the 23 October deadline to enter the African Development Bank’s (www.AfDB.org) AgriPitch Competition. Selected entries by African youth...

'n Aand van glans

1 week ago - 20 October 2020 | Events

Die 33 graad 12-leerders van die Hoërskool Duneside op Walvisbaai het Vrydag tydens 'n ­spesiale seremonie die uitnodigings na hul matriekafskeid ontvang. Die matriekafskeid word...

Afskeid 'n aand van swier en glans

2 weeks ago - 13 October 2020 | Events

The Dolphin Schools was die eerste skool langs die kus wat hul matriekafskeid Vrydagaand by die Oceans-restaurant op Walvisbaai gehou het. Die tema vir die...

Covid-19 kills Hats & Roses

4 weeks ago - 28 September 2020 | Events

The annual Cancer Association of Namibia Hats & Roses ladies event scheduled for the first Saturday of October in Windhoek, followed by a second event...

Walvis Bay represented at Miss Supranational

1 month - 27 September 2020 | Events

Walvis Bay •[email protected] Former Miss Walvis Bay Monique Smith is a semi-finalist in the prestigious Miss Supranational Namibia beauty pageant slated to take place on...

Heritage Week embraces ‘new normal’

1 month - 21 September 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Namibian Heritage Week officially started in Swakopmund today (Monday) under the theme “Ombazu Ndjiritutumuna”, which means “Building Cultural Resilience - The New...

Learn to mask it!

1 month - 19 September 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Swakopmund Scientific Society (SSS) announced that it will host a mask-making workshop.According to the SSS’s public relations officer (PRO) Irina Ivanova, both...

Latest News

Erongo records three new Covid-19...

3 hours ago | Health

The health minister Kalumbi Shangula announced 77 new Covid-19 cases and 51 recoveries on Wednesday afternoon. He said that 1 115 results were received from...

Old guard must go and...

3 hours ago | Politics

Windhoek · [email protected] Bay Urban constituency councillor Knowledge Ipinge, who is vying to retain his seat in the upcoming local and regional authority elections, says...

Rugby Africa concludes solidarity campaign

3 hours ago | Sports

Rugby Africa announced the immediate release of €170 000 from a solidarity fund for its member unions earlier this year. The Rugby Africa Executive Committee...

Breek weg na Omaruru

4 hours ago | Events

Omaruru • [email protected] die ekonomie aan die kus weer op die been is te danke aan ’n toestroming van binnelandse besoekers, moet inwoners en besighede...

NaTIS arrives in Arandis

1 day - 27 October 2020 | Infrastructure

Arandis The deputy minister of Works and Transport Veikko Nekundi officially opened a NaTIS office in Arandis today. Nekundi said that the realisation...

Six new Covid cases for...

1 day - 27 October 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 54 new Covid positive cases and 65 recoveries. Shangula explained that 531 Covid-19...

Law enforcement officers ready for...

1 day - 27 October 2020 | Sports

Walvis Bay The Erongo Law Enforcement Sports Association (ELESA) host the 5th edition of the Law Enforcement Sports Tournament at Jan Wilken Sports...

Swierige matriekafskeid

1 day - 27 October 2020 | Events

Hoërskool Duneside se matriekafskeid het Saterdag by die Hotel Atlantic op die hawedorp plaasgevind. Veertien matrikulante het die geleentheid met die tema “MET Gala” bygewoon...

Pophuis bou is nie speletjies

1 day - 27 October 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected]'n Inwoner van Swakopmund het tydens 'n finansiële verknorsing as 'n toevlug hom na die maak van pophuise gewend. Koster Cronje sê hy...

Load More