Ikoniese boekwinkels smelt saam

Von Wietersheim gee Buchhandlung oor

10 August 2021 | Business

Joachim von Wietersheim; Swakopmunder Buchhandlung; “Aan die een kant glimlag ek en aan die ander kant huil ek, maar hierdie besluit is baie meer logies.”

Swakopmund • [email protected]


Die eienaar van die immergewilde Swakopmund boekwinkel, Die Muschel Book & Art, is van plan om die ikoniese Swakopmunder Buchhandlung by mnr. Joachim von Wietersheim oor te koop.

Von Wietersheim het die boekwinkel al die afgelope 11 jaar onder sy bestuur en het hy in hierdie tyd bande gesmee met die Buchhandlung se baie lojale plaaslike kliëntebasis.

Die eienaar van Die Muschel, mnr. Peter Reiner, het vir Erongo 24/7 gesê die besluit het meestal te doen met die ligging van die twee winkels.

“Almal weet waar beide Die Muschel en die Buchhandlung is. Ons is om die draai van mekaar. Dit maak net meer sin om as een winkel te staan eerder as om met mekaar te kompeteer,” sê Rainer.

Reiner, wat as kind sy tyd tussen Die Muschel se rakke deurgebring het, sê hy is nie van plan om een van die winkels ’n kloon van die ander te maak nie.

“Die kern van die winkels gaan dieselfde bly, maar elkeen het klem op verskillende areas.”

Hy is van mening dat die Swakopmunder Buchhandlung se kliëntebasis nog altyd meer belang gestel het in kinder- en jeugliteratuur.

Met die besluit hoop Rainer om ’n wyer verskeidenheid Afrikaanse en Engelse boeke by Die Muschel te bied, en daar is selfs planne om boeke in plaaslike Afrika-tale op die rakke te hê.

Boeke sy speelgrond

Reiner vertel dat hy nog altyd ’n boekwurm was.

“Ek het Die Muschel in 2017 gekoop. Ek wou sedert my jongdae dit gehad het, so daar was geen twyfel toe dit op die mark gegaan het nie.”

Na die gogga gebyt het, het Reiner literatuur studeer en as vertaler gewerk voor hy by die nasionale argief gaan werk het.

Hy meen die jeug se seining oor boeke is die resultaat van opvoeding.

“Ek dink die jeug sien boeklees as iets wat hulle moet doen, maar die ouers en die huishouding het dit nie aangemoedig nie. Hulle is nie bewus van die feit dat boeklees vêr wyer is as skoolboeke nie,” sê Reiner.

Skoolboeke

Von Wietersheim sê dit is met ’n seer, maar geruste hart wat hy die Swakopmunder Buchhandlung verlaat.

“Aan die een kant glimlag ek en aan die ander kant huil ek, maar hierdie besluit is baie meer logies,” sê hy.

Hy het die afgelope jare deur sy werk by die Swakopmunder Buchhandlung sy volgende besigheid begin en gaan nou met skoolhandboeke handel.

“Dit het begin met skole wat spesifieke leerplanne volg wat gevra het of ons vir hulle sekere handboeke kan kry. Ons het besef ons kan die verkryging van handboeke vir skole handhaaf, maar dit was nie vir die skole finansiëel lewensvatbaar om boeke te laat invoer vir hulself nie, so ons het ’n paar skole se boeke op een slag laat invoer en besef daar is ’n mark,” het hy gesê.

Von Wietersheim verwelkom met ope arms die verandering wat Reiner beoog om by die Swakopmunder Buchhandlung aan te bring.

“Soos wat ons gepraat het, het hy baie planne,” sê hy.

Similar News

 

Putting customers on the map

4 days ago - 23 October 2021 | Business

As part of its strategy of putting its customers first, Paratus Namibia launched its new map coverage function to make it easy and quick for...

Hileni Tjivikua is on a mission to create safer...

1 week ago - 17 October 2021 | Business

Windhoek • Rivaldo Kavanga Hileni Tjivikua began her journey as the managing director of the Automobile Association of Namibia (AA Namibia) in 2014 and...

Take a gap with The Dome

2 weeks ago - 06 October 2021 | Business

Swakopmund • Leena Ndakevondjo The Dome Academies offer various programmes to help school leavers unleash their full potential. These include a Gap Year...

Magic Discounters word gesloop

3 weeks ago - 05 October 2021 | Business

Walvisbaai • [email protected] Drie maande ná ’n brand Magic Discounters in puin gelê het, bly die gebou op Walvisbaai nog steeds ’n hoop verkoolde...

Submissions open for Hollard Sport Awards

3 weeks ago - 01 October 2021 | Business

Staff Reporter Lockdown and the limitations on gatherings and events have driven those in the sports marketing and promotional space to have to adapt, digitise,...

Incentives for exploration, drilling

3 weeks ago - 01 October 2021 | Business

Memory Mbai As with many other African countries, Namibia offers important indirect tax incentives to promote the exploration and drilling for oil...

Namibia ready for more local growth

3 weeks ago - 30 September 2021 | Business

Windhoek ∙ [email protected] The national campaign to buy local and grow the Namibian economy has entered its second phase and according to the minister...

Economy crawls into the green

4 weeks ago - 28 September 2021 | Business

Windhoek ∙ [email protected]>Namibia’s economy grew by 1.6% for the three months ended 30 June, the first positive year-on-year quarterly growth since the end of 2019.The...

Agility Orthopaedic Centres expanding rapidly

4 weeks ago - 28 September 2021 | Business

Staff Reporter Agility Orthopaedic Centres services are spreading fast. After the established practice in Windhoek (Eros) and the Walvis Bay practice launched in February...

Favourable environment to invest in property

4 weeks ago - 27 September 2021 | Business

Windhoek ∙ [email protected] Namibia is currently in a buyers’ market, making it a good time to invest in a property or a dream home....

Latest News

Pastels in the spotlight at...

10 hours ago | Art and Entertainment

Various artists are currently displaying their pastel artwork at the Fine Art Gallery in Swakopmund. These artists include Paul Dixon, Werner Schröder, Rosemarie Kuchling, Paul...

CATS programme beneficial

10 hours ago | Education

Manica Namibia has been affiliated with the Commercial Advancement Training Scheme (CATS) programme since 2005, and has had over 39 intakes, with an impressive pass...

Construction sector recovery to take...

10 hours ago | Economics

Windhoek ∙ [email protected] For the past five years, the construction sector continued with a downward trend. The sector recorded negative growth rates of 41.1%,...

Getooi teen kanker

1 day - 26 October 2021 | Events

Walvisbaai • [email protected] Die Walvisbaai-tak van die Kankervereniging van Namibië (CAN) het ’n spoggerige kuier, uitstappie en fietsrit by die Atlantis-sportklub op...

Kry jou tuingereedskap gereed ...

1 day - 26 October 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die Namibian Community Skills Development Foundation (Cosdef) gaan op 6 November die eerste varsgroentemark en ook ’n landbouprojek by...

Grumpy’s fishing report

1 day - 26 October 2021 | Fishing

The sand sharks are in the shallows which in turn brings the bigger predators closer too. A lot of anglers, including even the most...

Rare, unique catch ...

1 day - 26 October 2021 | Fishing

Ilka Schroeder recently caught a marbled electric ray at Mile 8. Local fishing guru Graham “Grumpy” Gramowsky said this is truly an uncommon catch in...

TIDES

1 day - 26 October 2021 | Fishing

Tuesday, 26 October High 06:12 Low 11:52 High 18:15 Low 00:17 Wednesday, 27 October High 06:58 Low 12:41...

Playtime Trust hosts top notch...

1 day - 25 October 2021 | Sports

The Walvis Bay-based Playtime Trust Namibia offers multi-disciplinary sports training programmes in soccer, cricket and athletics for the youth at the coast, particularly from disadvantaged...

Load More