Hulp vir !Nara Primêr

'n Skool in Tutaleni het 'n skenking van maskers, ontsmettingsmiddels en waterstasies ontvang.

15 September 2020 | Local News

Neville Andre; Goewerneur; “Met ondersteuning en in samewerking met die private sektor, kan ons die virus takel en verslaan. . .”

Walvisbaai • [email protected]



Die !Nara Primêre Skool in Kuisebmond het 'n skenking van Hungry Lion en die Tunacor-vismaatskappy ontvang. Die skenking bestaan uit Hungry Lion-etes, 1 010 maskers vir alle leerlinge en personeellede, sowel as 50 liter ontsmettingsmiddel, twee waterstasies en twee “tippy taps” vir die skool.

Die Tunacor-groep het ook 40 waterstasies aan die skool geskenk.

Die skool se departementshoof, me. Veneza Memory Rheeder, was aan die spits van die projek en het die twee ondernemings namens die skool vir bystand genader.

Tydens die oorhandiging het die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Neville Andre, in 'n toespraak wat namens hom gelewer is, gesê die hervatting van klasse moet só geskied dat leerlinge kan leer en floreer sonder om die risiko van Covid-19 te verhoog.

“Om kinders weer toe te laat om skool toe te gaan, is net moontlik as die verspreiding van die virus onder beheer is.”

Andre voeg by hoewel 'n veilige omgewing op die skoolterrein gewaarborg word, gaan kinders weer ná skool na hul huise terug.

“Baie leerlinge woon in moeilike omstandighede te midde van onhigiëniese toestande in digbevolkte omgewings met geen water om hulle hande te was nie, en geen elektrisiteit tot hul beskikking nie.

Die regering en die munisipaliteit van Walvisbaai is tans besig met 'n proses wat meer ruimte per gesin, die voorsiening van water, ablusiegeriewe, elektrisiteit en vermaaklikheidsareas vir kinders gaan meebring.”



Aanvullend

Die goewerneur het gesê ten spyte van die huidige ekonomiese uitdagings, reageer die private sektor steeds positief en vul die regering se pogings aan om verligting aan baie leerlinge te bied wat uit huishoudings met 'n lae inkomste en uit informele nedersettings kom.

“Met ondersteuning en in samewerking met die private sektor, kan ons die virus takel en verslaan."

Me. Ernfriede Stephanus, die Erongostreek se direkteur van onderwys, het die skenkers bedank en leerlinge sowel as onderwysers aangemoedig om die skenkings te waardeer.

“Baie van ons sit in kantore en deel instruksies uit. Onderwysers is egter die mense wat na ons kinders omsien en sorg dat die gesondheidsprotokolle in plek is. Dit is 'n vermoeiende proses en daarom loof ons ons onderwysers.”

Stephanus het gesê die omstandighede waarin sommige leerlinge leef, is 'n herinnering dat die onderwysstelsel moet verander.

“Ons moet na die toekoms kyk en met alternatiewe maniere van onderrig vorendag kom. Ons kan nie net op aangesig tot aangesig onderrig staatmaak nie.”

Sy het die leerlinge aangemoedig om hul volle aandag te gee terwyl hulle klasse bywoon.

Mnr. Henri Cochrane, Hungry Lion se streekbestuurder, het gesê die skenking is deel van die besigheid se uitreikaksie.

“Gemeenskapslede ondersteun ons en dit is net gepas om terug te gee.”

Me. Shariza Smith van die Tunacor-groep, het 'n beroep op besighede gedoen om die regering se pogings te ondersteun om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Die waterstasies is deur Grace Creations Investment CC in samewerking met Seboa Enterprises ontwerp en gebou.

Die skool is in 2011 met 400 leerlinge gestig en het tans 1 660. Die leerlinge is betrokke by verskeie buitemuurse aktiwiteite wat sokker, skaak, krieket, 'n wetenskapskou, die skoolkoor, netbal en kultuurgroepe insluit.

Similar News

 

Toll-free emergency number to improve service delivery

12 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] The Swakopmund municipality announced the introduction of a new toll-free number – 064 0800 410 410 – for fire and...

Swapo nomination, verification processes under fire

1 day - 29 September 2020 | Local News

Walvis Bay Sources allege that the nomination and election processes of Swapo candidates in the Erongo region for the upcoming elections are flawed.According to...

'n Tweede kans vir Swakop se haweloses

1 day - 29 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die Covid-19-pandemie was vir meeste mense 'n ongelooflike terugslag, maar vir Swakopmund se haweloses is daar uiteindelik 'n langtermynoplossing. Die Jeugkoshuis...

Sjefs deel hul kennis

1 day - 29 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die Strand Hotel se kombuis is hierdie naweek vir die eerste keer vir amateursjefs en tuiskokke geopen, sodat professionele sjefs...

Swakop SPCA asks for more money

2 days ago - 28 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] “The Society for the Protection of Animals (SPCA) is doing an immense amount of work and the workload has increased significantly since...

Bernard Esau Street should go

2 days ago - 28 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] The Affirmative Repositioning (AR) group that recently registered as a political party, is calling for the renaming of Bernard Esau Street in...

Kambueshe not in the running

3 days ago - 27 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] The chairman of the Erongo regional council and the regional council member of the Swakopmund constituency, Juuso Kambueshe (SWAPO), will not...

New lift for at Antonius Residence

6 days ago - 24 September 2020 | Local News

Finally, after five decades, the lift at the Antonius-Residenz old age home in Swakopmund has been replaced by a modern elevator. The new elevator officially...

Rough seas flood Tiger Reef again

6 days ago - 24 September 2020 | Local News

A high swell hit large parts of the Namibian coast at the weekend. In Swakopmund on Saturday, Tiger Reef Beach Bar’s parking lot was...

Tempers flare at Windpomp 14

6 days ago - 23 September 2020 | Local News

Mile 14 • [email protected] The Windpomp 14 campsite outside Swakopmund was the focus of a heated debate on social media over the weekend....

Latest News

Police warn of car scammers

12 hours ago | Crime

NamPol has again warned members of the public about a syndicated seen on social media advertising second-hand vehicles for between N$15 000 and N$20 000...

Converting a garage into a...

12 hours ago | Life Style

As an unfortunate by-product of the lockdown, many households have been forced to combine owing to a loss of income.To cut costs, the easiest solution...

Toll-free emergency number to improve...

12 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] The Swakopmund municipality announced the introduction of a new toll-free number – 064 0800 410 410 – for fire and...

Jazama nominated for coveted Sotigui

1 day - 29 September 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Not only has actress and producer Girley Jazama raked in success with Baxu and the Giants (which she co-produced), it became...

Swapo nomination, verification processes under...

1 day - 29 September 2020 | Local News

Walvis Bay Sources allege that the nomination and election processes of Swapo candidates in the Erongo region for the upcoming elections are flawed.According to...

No new Covid cases...

1 day - 29 September 2020 | Health

There are no patients from the Erongo region amongst the 19 new Covid positive cases reported by the minister of health and social services Kalumbi...

Three new Covid cases reported...

1 day - 29 September 2020 | Health

The minister of health and social services Dr. Kalumbi Shangula, announced that 88 of 147 Covid-19 test results received from the laboratories tested positive. Of...

Goudmyn is goud werd ...

1 day - 29 September 2020 | Business

Karibib Die QKR Navachab-goudmyn werk aan strategiese projekte wat die uitbreiding van sy verwerkingsaanleg teen N$400 miljoen en die moontlike ontwikkeling van ’n ondergrondse...

'n Tweede kans vir Swakop...

1 day - 29 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die Covid-19-pandemie was vir meeste mense 'n ongelooflike terugslag, maar vir Swakopmund se haweloses is daar uiteindelik 'n langtermynoplossing. Die Jeugkoshuis...

Load More