Hotel werkers agt maande sonder salarisse

Namibiërs om hulp gevra

22 December 2020 | Business

Johannes Shayuka; NAFAU; “Daar is geen ander keuse nie, waar sal ons slaap as ons nie betaal word nie?”

Swakopmund • [email protected]


Ongeveer 40 personeellede van die Swakopmund Hotel en Vermaaklikheidsentrum voer aan dat hulle sedert Mei vanjaar nog geen loon ontvang het nie.

“In April het hulle ons 75% van ons salarisse betaal en vir ons ingelig dat hulle vir die volgende drie maande 50% van ons salarisse sou betaal, maar sedertdien het ons nog niks weer ontvang nie,” sê JP Shaningwa, die hotel se instandhoudingsassistent.

Restaurantbestuurder Stanley Tsai-Tsaib voer aan dat dit egter nie ’n nuwe probleem is nie.

“Hulle moet ophou wegkruip agter Covid. Hierdie probleem kom al lank aan.”

Volgens Johannes Shayuka, die Namibië Kos en Verwante Werkersunie (NAFAU) se koördineerder in die Erongostreek, het die groep geen betaling ontvang nie weens ’n struweling tussen die twee aandeelhouers, TransNamib en Legacy Hotels & Resorts.

“Hoe kan ’n Namibiese maatskappy in staatsbesit soos TransNamib toekyk hoe Namibiërs honger ly?” wil Tsai-Tsaib weet.

Die werkers het die hotel se bestuur tot Donderdag gegee om die helfde van hul uitstaande salarisse te betaal.

“Anders sal ons die polisie in kennis stel en die hotel beset. Ons het geen ander keuse nie. Waar sal ons slaap as ons nie betaal word nie?” het Shayuka gesê.

Volgens hom het die hotelbestuur tydens onderhandelinge geweier om werknemers ’n gedeelte van hul pensioenfonds uit te betaal om hul leefkostes tydelik te dek.

“Hulle het geweier om pensioengeld uit te betaal weens die pensioenwette van ons land, tog verontagsaam hulle reeds die arbeidswet.”
Wat verder sout in die groep se wonde smeer is dat hul bestuurder, volgens hulle, blatant geweier het om ’n afspraak met hulle te maak toe hulle daarvoor vra.

“Dit het vir ons baie duidelik geword dat ons bestuurder eenvoudig nie omgee nie. Sy woon in Swakopmund maar weier om met ons te ontmoet. Ons kan nie alles deur SMS’e en WhatsApp-groepe uitpraat nie. Ons was tot nou baie kalm in hierdie stryd, maar genoeg is genoeg,” het Tsai-Tsaib gesê.

NAFAU het ook by Namibiërs gepleit vir donasies om die groep werkers aan die lewe te hou totdat die probleem opgelos is.

Similar News

 

Top five risks for business in 2021

5 days ago - 17 January 2021 | Business

Covid-19, emerging digital threats, climate change and the US-China relationship are among the Top 5 risks for business in 2021, according to Control Risks (www.ControlRisks.com),...

Local flavours fill CBD

5 days ago - 17 January 2021 | Business

Swakopmund • [email protected] Hafeni Traditional Bistro recently opened its’ doors in Swakpmund’s central business district.Entrepreneur Heinrich Hafeni Nghidipaya says the bistro caters for those...

Manica pumping massive funds into modern technology

1 week ago - 14 January 2021 | Business

Walvis Bay ∙ [email protected] Manica Group Namibia has recently invested in an advanced mobile hopper and bagging system, the first of its kind in...

TransNamib suspends passenger services countrywide

1 week ago - 12 January 2021 | Business

TransNamib has suspended all its passenger services following the derailment of a train in southern Namibia. The train derailed on a bridge some 45...

Vehicle industry’s resilience applauded

1 week ago - 11 January 2021 | Business

Dealerships and salespeople in the motor vehicle industry were recognised for their commitment, loyalty, and support at Bank Windhoek’s annual Selekt Sales Awards ceremony hosted...

Shoprite strike enters third week

1 week ago - 10 January 2021 | Business

Swakopmund • [email protected] Shoprite employees cheered after the high court in Windhoek ruled in favor of their trade union Nafau in its application against the...

Henties inwoner stig besigheidsforum

2 weeks ago - 06 January 2021 | Business

Hentiesbaai • [email protected] Die Hentiesbaaise sakevrou Daleen Agenbag hoop om deur middel van ’n besigheidsforum ’n verskil op die aftreedorp te maak. “Ons...

Natural Diamond Manufacturer sparkles with opportunity

3 weeks ago - 30 December 2020 | Business

Of Namibia’s 2.5 million population, more than half are unemployed and over 100 000 persons live with some form of disability which puts them at...

King Charcoal to expand

3 weeks ago - 30 December 2020 | Business

Walvis Bay • [email protected] The previous Walvis Bay municipal council decided that an additional two hectares of Farm 38 can be leased to...

Geniet rus en vrede hier

3 weeks ago - 29 December 2020 | Business

As jy van die daaglikse gewoel wil ontsnap, hou koers na Klein Eden Guest Farm, wat 28 km vanaf Omaruru op die D2328 geleë is.Die...

Latest News

Namib Daughters grateful for donation

12 hours ago | Sports

Swakopmund • [email protected] Swakopmund-based women’s soccer team, Namib Daughters, received a timely donation worth an undisclosed amount from Tututango recently.The donation includes ten pairs...

Duisende as jy nie masker...

13 hours ago | Government

Windhoek ∙ [email protected] Weier jy om ’n masker te dra, kan jy maar jou sak skud vir ’n boete van duisende. So ook as...

The search is on for...

1 day - 21 January 2021 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Entries for the first season of the Welwitschia Music Production (WMP) Ma /Gaisa Idol competition closed on 15 January.According to WMP...

Hoe pandemies eindig

1 day - 21 January 2021 | Health

Swakopmund • [email protected] Ná die rampspoedige jaar is die geduld vir ’n pandemie maar min en die mensdom is meer as gereed om hierdie...

Designer branches out

1 day - 21 January 2021 | Art and Entertainment

Walvis Bay • [email protected] Walvis Bay-based designer Chanté Bock has decided that 2021 will be the year in which she embarks on her solo...

Shake a can for hope

1 day - 21 January 2021 | Health

Swakopmund • [email protected] A Shake a Can for World Cancer event will be held in Swakopmund on 5 February, the Cancer Association of Namibia’s...

CAN screening to save lives

2 days ago - 21 January 2021 | Health

The Cancer Association of Namibia (CAN) welcomes their outreach program to the Erongo region this week. “Breast and cervical cancer are the main types of...

Shoprite workers displeased with police...

2 days ago - 20 January 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Approximately 50 aggrieved workers of the Shoprite Group Namibia marched from the NANWU offices to the Swakopmund police station today where...

Triathletes to shine at the...

2 days ago - 20 January 2021 | Sports

Swakopmund • [email protected] More than 100 athletes are expected to compete in the first-ever triathlon hosted at Platz Am Meer in Swakopmund this...

Load More