Hotel vir middedorp beplan

Walvisbaai gaan eersdaags met 'n splinternuwe hotel spog.

05 November 2019 | Business

Walvisbaai • Otis Finck



Die bestuurskomitee van Walvisbaai se munisipale raad het toestemming verleen vir die verkoop van twee erwe in die middedorp vir die bou van 'n spoghotel.

Dié munisipale erwe is tussen Sam Nujomalaan en Sesdestraat geleë en word tans as openbare parkeerareas gebruik.

Steward Planning het namens Neptune Property Developments aansoek gedoen om erwe 3071 en 3076 vir die ontwikkeling van 'n parkeerarea vir 'n beplande hotel aan te koop. Die aansoeker besit reeds die twee aangrensende, asook privaat erwe (3072 en 3075) waarop die hotel teen tussen N$200 miljoen en N$300 miljoen opgerig gaan word.

Die ontwikkelaars wil saamwerk met inter­nasionale organisasies om die plaaslike ekonomie te verbeter deur middel van vaardigheidsontwikkeling by 'n hotelskool.

Die hotel sal 120 kamers hê en 'n moderne, gesofistikeerde baken in die hawestad wees.

Die projek word spesifiek in die sentrale sake­kern gedoen om besigheid te bevorder, asook akkommodasie te bied vir die voorspelde bogemiddelde groei in die toerismesektor landwyd oor die volgende paar jaar.

Die fasiliteit gaan oor vierstergeriewe beskik, insluitend 'n restaurant, 'n straatbistro, 'n kroeg op die dak en 'n swembad. Daar sal ook 'n sakesentrum wees met kantore, raadsale en 'n fasiliteit wat 120 konferensie­gangers kan akkommodeer.

Afhangend van die argitektoniese ontwerp, sal dit tussen agt en tien verdiepings hê, met 'n totale vloeroppervlak van ongeveer 7 800 vierkante meter, asook 154 parkeerplekke. Dit sal oor 'n tydperk van 22 maande gebou word.

Daar sal 'n veelvlakkige parkeergarage wees, asook parkeerplek op die grondvlak aangrensend tot Sam Nujomalaan vir die publiek se gebruik.

Na raming sal 200 tydelike werksgeleenthede gedurende konstruksie geskep word, asook 100 permanente posisies sodra die fasiliteit in gebruik geneem word.

Die ontwikkelaar is 'n filiaal van die Iris-groep Group. Die maatskappy bedryf tans die Iris Boutique Hotel en die Raft by die Walvisbaai-strandmeer.

Volgens die ontwikkelaar bring besoekers dikwels 'n dag op Walvisbaai deur, maar gaan op Swakopmund tuis. Die hotelontwikkeling het ten doel om hierdie kwessie aan te spreek en reisigers aan te moedig om Walvisbaai hul tydelike verblyfplek te maak.

Similar News

 

Entrepreneursfabriek slaggereed

2 days ago - 22 September 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] The Dome op Swakopmund is gereed om aspirant entrepreneurs te verwelkom na hul Entrepreneursfabriek. Volgens The Dome se uitvoerende...

Namibians say no to live animal shipping

2 weeks ago - 09 September 2020 | Business

Windhoek • [email protected] a thousand people have signed a petition demanding a stop to a proposed business plan that would see thousands of live farm...

Another four join O&L’s TAP

2 weeks ago - 04 September 2020 | Business

The Ohlthaver & List (O&L) Group introduced another four participants to its Talent Attraction Programme (TAP), which is now in its 13th year.The four newest...

Help for struggling businesses

2 weeks ago - 04 September 2020 | Business

Small and medium enterprises (SMEs) especially are feeling the economic brunt of the Covid-19 pandemic with many being forced to close their doors in the...

Embracing change

3 weeks ago - 03 September 2020 | Business

The current turmoil experienced in the tourism and hospitality industries is also affecting the supply chain. Namchoice, a company that produces and supplies bedding, linen,...

Restaurante by kus versmoor

3 weeks ago - 01 September 2020 | Business

Swakopmund/Walvisbaai • [email protected] Restauranteienaars tel onder diegene wat ’n bloutjie met die Covid-19-pandemie geloop het. Onder die huidige fase 3-inperkingsmaatreëls mag restaurante en...

Help still streaming in for Otweya residents

3 weeks ago - 28 August 2020 | Business

Employees of Old Mutual opened their hearts in support of the 153 affected Otweya households with a donation of clothes and blankets on Tuesday, 25...

New policy for clearing, forwarding agents

4 weeks ago - 27 August 2020 | Business

Walvis Bay • [email protected] A new policy pertaining to clearing and forwarding agents is currently being formulated. The ministry of finance hosted an online panel...

Gastehuis gaan ­kusdorp ophelder

1 month - 25 August 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] 'n Welkome en kleurvolle ­verandering kom vir Swakopmund se silhoeët - en dít te danke aan Bernie Volkmann se nuwe gastehuis. ...

Life in and after lockdown

1 month - 18 August 2020 | Business

Walvis Bay •[email protected] Covid-19 and its restrictions has cornered many individuals. While some businesses were forced to close down, others saw the...

Latest News

Fresh and popping hits for...

6 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] is the month that will be remembered for the end of the State of Emergency. It will also go down as a...

Rough seas flood Tiger Reef...

6 hours ago | Local News

A high swell hit large parts of the Namibian coast at the weekend. In Swakopmund on Saturday, Tiger Reef Beach Bar’s parking lot was...

Namibiese kookboek amper op die...

6 hours ago | Others

Swakopmund • [email protected] Die Swakop Kosfees is een van die talle geleenthede op die dorp se kalendar wat op innoverende wyse aanhangers moes vermaak...

Emergency camp for shack fire...

9 hours ago | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerThe number of shack fires along the central coast is increasing dramatically and as a result, the Swakopmund town council has decided...

Country captured on canvas

18 hours ago | Art and Entertainment

Hidden in a small studio in the Grüner Kranz complex, you will find artist Anja Benseler behind the easel. From here she creates beautiful artworks...

Fifty-six new Covid cases, 72...

19 hours ago | Health

Namibia recorded 56 new Covid-19 cases, 72 recoveries and one Covid-19 related death.The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced this, adding...

Bottle-neck murder accused pleads guilty

19 hours ago | Crime

Swakopmund · [email protected] The 26-year-old Showen van Wyk who is accused of killing a man he stabbed with a bottle neck pleaded guilty on a...

Tempers flare at Windpomp 14...

19 hours ago | Local News

Mile 14 • [email protected] The Windpomp 14 campsite outside Swakopmund was the focus of a heated debate on social media over the weekend....

Gold mine digs deep

20 hours ago | Health

Karibib The QKR Namibia Navachab Gold Mine inaugurated a N$2 million Covid-19 quarantine facility at Karibib. The Klippenberg Covid-19 facility, which consists of four...

Load More