Hoop vir Erongo

'n Afname in Covid-19-gevalle in die Erongostreek kan toegeskryf word aan minder toetse wat uitgevoer word.

01 September 2020 | Local News

Anna Jonas; Direkteur van gesondheid; “Die aantal gevalle hang af van hoeveel monsters vir toetsing ingedien is.”

Swakopmund • [email protected]



Die Erongostreek ondervind 'n geleidelike afname in positiewe Covid-19-gevalle. Volgens mnr. Neville ­Andre, goewerneur van die Erongostreek, bly dit egter noodsaaklik dat inwoners voortgaan met pogings om die verspreiding van die virus te bekamp.

“Ons bespeur 'n afname van bevestigde gevalle op Walvisbaai. Ons moet egter nie die lae syfers as versekering sien dat ­Covid-19 in die dorp iets van die verlede is nie.”

Andre het inwoners aangemoedig om aan te hou om maskers te dra, hul hande gereeld te was, sosiale afstand te behou, beweging te beperk en nie groot byeenkomste te hou en by te woon nie.

“Ons moet vir langer nog harder werk. Ons moet met gesondheids­beamptes saamwerk wat kontakopsporing doen om te verseker mense infekteer nie willens en wetens ander mense nie. Dit is tot almal se voordeel om met ons gesondheidsbeamptes saam te werk.”

Andre het gesê stigmatisering van diegene wat deur die virus geraak is, is steeds 'n probleem.

“Daar is blykbaar sommige werkgewers wat nie werknemers wil terugneem as hulle van ­isolasie terugkeer nie. Dit is 'n ­duidelike skending van werknemers se regte.”

Andre het ondernemings en werkgewers versoek om hulle deeglik te vergewis van die pas goedgekeurde standaardprosedures ten opsigte van riglyne oor Covid-19-pasiënte wat deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste aangekondig is.

Die goewerneur het voorts gesê die streekbestuurspan van die gesondheidsministerie het besoeke aan die distrikte onderneem om te bepaal hoe opknappingswerk vorder.

“Hulle het (onder meer) ontdek dat ablusiegeriewe in die Omaruru-hospitaal opgeknap moet word. Die streekspan is besig om syfers saam te stel om na nasionale vlak vir goedkeuring te stuur. ”



Gesondheids­werkers in gevaar

Volgens me. Anna Jonas, die direkteur van gesondheid in die streek, is die gemiddelde infeksiekoers onder gesondheidswerkers kommerwekkend. Sy kon egter nie sê hoekom dit die geval is nie.

Dr. Marita Mouton, 'n senior mediese beampte van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, het benadruk die ministerie ontsmet gesondheidsorgfasiliteite voortdurend in 'n poging om hierdie probleem te bekamp.

Mouton het verlede week gesê verskeie fasiliteite op Swakopmund is gereed vir 'n verwagte oplewing van Covid-19-gevalle op die dorp en bygevoeg die ministerie doen alles in sy vermoë om daarvoor voor te berei.

“Die nuwe ­prosedures waarmee pasiënte vir ­korter tydperke in kwarantyn- en isolasie­fasiliteite geplaas word, sal 'n opeenhoping van ­pasiënte in dié fasiliteite soos ­vroeër ondervind, uitskakel,” het sy gesê.

Die prosedures bepaal dat positiewe gevalle tien dae in isolasie gehou word. Gevalle kan dan geïsoleer word as hulle nie simptome toon nie. Kontakte van positiewe gevalle word vir sewe dae onder kwarantyn geplaas en sal ook ontslaan word sou hulle nie simptome in hierdie tydperk toon nie.

Mouton het gesê die ministerie beskik oor voldoende geriewe en beddens, en dat probleme met suurstofvoorsiening aangepak is.

“Ons het ons kapasiteit vergroot deur suurstofvoorraad op te gradeer en mobiele suurstofeenhede te bekom.”

Die Namibiese weermag het ook onderneem om, indien nodig, 'n veldhospitaal te verskaf terwyl Swakop Uranium onderneem het om vooraf vervaardigde opslaaneenhede beskikbaar te stel wat as isolasiefasiliteite gebruik kan word.



Uitdagings

Mouton het gesê mense wat deur middel van kontakopsporing gevind word, is soms nie bereid om met beamptes saam te werk nie, en bygevoeg dit hou 'n bedreiging vir die gesondheid en veiligheid van die publiek in.

Jonas het hierdie uitdagings bevestig en gesê individue wat positief vir die virus toets, sal slegs die name van twee of drie kontakte gee, wat volgens haar onrealisties is.

Sowel Jonas as ­Mouton meen die huidige agterstand in toetsing by die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP), kan Covid-19-statistiek in die streek beïnvloed.

“Die aantal gevalle hang af van die aantal monsters wat vir toetsing ingedien is. Getalle kan verminder of vermeerder op grond van toetsing. Toetse het afgeneem omdat die meeste toetse vroeër in die ­episentrum (Walvisbaai) gedoen is, maar nou moet die ­toetshulpbronne met die ander streke ­gedeel word,” het Jonas gesê.

Similar News

 

Kayaking guide takes own life

1 day - 20 October 2020 | Local News

The owner and guide of the Namibia Kayak Tours in Walvis Bay committed suicide on Saturday evening.Craig Robert Gibson (52) who is a British national...

Election candidates registration concludes

1 day - 20 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Electoral Commission of Namibia (ECN) has concluded the process for the submission of candidates for the 2020 Regional...

Construction starts for new Mole toilets

1 day - 20 October 2020 | Local News

Swakopmund · [email protected] modern, public toilet facility is now being built at the Mole in Swakopmund.Town council recently started this project worth N$3.3 million, with...

Gesloer pootjie dalk belegging

1 day - 20 October 2020 | Local News

Walvisbaai Daar gaan waarskynlik niks kom van ’n multimiljoen-dollar beleggingsprojek wat onlangs munisipale goedkeuring ontvang het nie. Volgens ’n betroubare bron is die projek...

Samaritaan se motiewe bevraagteken

1 day - 20 October 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Skerp kritiek is besig om mnr. George Olivier en sy liefdadigheidsorganisasie, A Better Life Project, wat hy vroeër vanjaar met...

Vragmotor gaan lewens verander

1 day - 20 October 2020 | Local News

Arandis • [email protected] Die gemeenskap van Arandis sal baat by die skenking van 'n vragmotor ter waarde van N$330 000 aan 'n plaaslike entrepreneur. Die...

New junior council for Walvis Bay

2 days ago - 19 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] Kristine Shetunyenga from the International School of Walvis Bay was elected as the new junior town council mayor for Walvis Bay...

Sewer blockages caused by debris dumped in drains

4 days ago - 17 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] After complaints surfaced that the sewage has been overflowing and blocked for quite some time in Maraboe Street, Kuisebmond,...

Food insecurity on the increase

6 days ago - 15 October 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner More than 400 000 Namibians are in need food aid.This figure was announced by George Fedha, Namibia’s World Food Program...

Wasserfall family seeks answers

6 days ago - 15 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] Labour minister Utoni Nujoma along with his deputy Hafeni Ndemula, the deputy minister of urban and rural development Derek Klazen, Erongo...

Latest News

Tips to get your mortgage...

4 hours ago | Banking

Attempting to purchase a house without a plan in place can be a challenging situation. “First-time homebuyers should prepare in advance,” says Bank Windhoek's Market...

Cross-border travel restrictions eased

5 hours ago | Government

President Hage Geingob announced that Cabinet met this week to determine appropriate measures to be put in place, which will inform the next decisions in...

Sinimbo to visit Erongo region

5 hours ago | Ministries

The deputy minister of Industrialisation and Trade, Verna Sinimbo, is scheduled to visit the Erongo region from 22 to 28 October. Amongst others, she is...

Kayaking guide takes own life

1 day - 20 October 2020 | Local News

The owner and guide of the Namibia Kayak Tours in Walvis Bay committed suicide on Saturday evening.Craig Robert Gibson (52) who is a British national...

Election candidates registration concludes

1 day - 20 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Electoral Commission of Namibia (ECN) has concluded the process for the submission of candidates for the 2020 Regional...

Construction starts for new Mole...

1 day - 20 October 2020 | Local News

Swakopmund · [email protected] modern, public toilet facility is now being built at the Mole in Swakopmund.Town council recently started this project worth N$3.3 million, with...

No new Covid cases in...

1 day - 20 October 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 41 new Covid-19 cases, 102 recoveries and one Covid-19 death recorded in Windhoek. ...

Gesloer pootjie dalk belegging

1 day - 20 October 2020 | Local News

Walvisbaai Daar gaan waarskynlik niks kom van ’n multimiljoen-dollar beleggingsprojek wat onlangs munisipale goedkeuring ontvang het nie. Volgens ’n betroubare bron is die projek...

Samaritaan se motiewe bevraagteken

1 day - 20 October 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Skerp kritiek is besig om mnr. George Olivier en sy liefdadigheidsorganisasie, A Better Life Project, wat hy vroeër vanjaar met...

Load More