Hentiesbaaiers maak weer skoon

Die gemeenskap van Hentiesbaai gaan weer op 26 Junie kragte saamsnoer om hul dorp skoon te maak.

08 June 2021 | Local News

Lewies Vermaak; Burgemeester; “Dit is ons omgewing en as ons dit nie oppas nie, wie sal?”

Hentiesbaai • [email protected]





Die gemeenskap van Hentiesbaai word deur die dorp se burgemeester, mnr. Lewies Vermaak, en Daleen Agenbag genooi om deel te neem aan ’n skoonmaakveldtog wat op Saterdag 26 Junie gehou word.

Vermaak sê daar word al lank aan dié veldtog beplan en die tyd is ryp vir inwoners om saam te staan om hul omgewing skoon te maak.

“Ons moet ons dorp skoonmaak. Die ooswind waai alewig rommel uit oop asdromme uit en baie van die hengelaars los hul rommel net so op die strand. Party mense sny die draadheining by die asgate wat meebring dat rommel die hele wêreld vol waai. Dit is vir ons ’n groot probleem,” het Vermaak gesê.

Daar word beoog om Hentiesbaaiers van alle uithoeke by die beplande skoonmaakveldtog te betrek.

“Die munisipaliteit is betrokke en ons het ook vir Erongo Community Service, die Lion’s en plaaslike hengelaars betrek. Studente van die Universiteit van Namibië se Sam Nujoma-kampus gaan ook help,” het hy gesê.

Omgewingsbewaring lê na aan Vermaak se hart.

“Dit is ons omgewing en as ons dit nie oppas nie, wie sal? Die beste manier om byvoorbeeld ons seebronne te beskerm, is om rommel op te tel,” sê hy.

Volgens hom moet daar ’n kulturele verskuiwing wees om rommelprobleme op te los.

“As mense sien ons gee vir ons dorp om sal dit beleggers lok. Ons sal egter eers vir ons mense hierdie kultuur moet aanleer en ongelukkig word kinders oor die algemeen nie meer met sulke waardes grootgemaak nie,” het hy aangevoer.

’n Groep van sowat 100 hengelaars het in Februarie ’n suksesvolle skoonmaakveldtog langs die kus gehou. Die inisiatief is deur me. Lindie Barnard en haar groep, Namibia Fin Chasers, van stapel gestuur.

Die groep vrywilligers het teen die einde van die dag meer as 100 plastieksakke vol rommel opgetel en binne ’n kwessie van ’n paar uur drie bakkievragte vol én nog ’n sleepwa met rommel verwyder.

Volgens die wêreldwye beweging 4ocean, wat rommel uit die oseaan en van kuslyne verwyder, begin tot 90% van plastiekbesoedeling op land. Die organisasie voer aan die oorproduksie van plastiek en die afwesigheid van herwinningsinfrastruktuur in ontwikkelende lande dra tot die krisis by.

Plastiek wat in die oseaan beland, beïnvloed die planeet en dra by tot klimaatsverandering. Dit bedreig ook wêreldwye voedselsekerheid, ondermyn die gesondheid van die mens, vernietig dierelewens en ondermyn ekonomieë wat vir hul lewensbestaan op die see staatmaak.

Similar News

 

Namdock and MANWU strike agreement

4 hours ago | Local News

Local ship repair company Namdock and the Metal and Allied Namibian Workers Union (MANWU) signed a Recognition and Procedural Agreement earlier this month.“This agreement signed...

Motion tabled to rescind selling of Extension 12 and...

4 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] A motion to rescind a council resolution made in 2014 in terms of Narraville extension 12 and 14 was...

Namport, Meatco sign MOU

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvis Bay The Namibian Ports Authority (Namport) and the Meat Corporation of Namibia (Meatco) recently signed a Memorandum of Understanding (MoU).The two entities aim...

Seidler wen sy 'doodstryd' na Tokio

1 day - 22 June 2021 | Local News

Tielman van Lill – Phillip Seidler het die eerste Namibiër in die geskiedenis geword wat die Olimpiese Spele in die oopwaterdissipline oor 10 kilometer kwalifiseer.In...

No patient left behind

1 day - 22 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] hospitals across the country are overcrowded – a situation that is described as serious. Thankfully, “we have not yet had to turn...

Sop om die koue te verdryf

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Alet Smit is hard aan die werk om 'n sopkombuis op Walvisbaai te begin wat spesiaal vir kinders van spesifiek dié...

Pendeldiens maak 'n verskil

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Om na die gemeenskap om te sien, lê Carlo van der Merwe nog altyd na aan die hart. Te midde van die...

Refurbished kennels for furry friends

1 day - 22 June 2021 | Local News

The Namibian Ports Authority refurbished the Walvis Bay K9 dog kennels at the port police station, to the value of N$280 000. The dog kennels,...

Increasing Covid cases put pressure on health facilities

2 days ago - 21 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Erongo regional governor Neville Andre says the surge in Covid-19 cases is putting pressure on the region’s health facilities.He made...

Sale of erven postponed due to Covid cases

2 days ago - 21 June 2021 | Local News

Wlotzkasbaken • [email protected] The chief financial officer of the Erongo regional council, Hâbate Doëses, says the sale of the Wlotzkasbaken erven has been...

Latest News

Calls to rename UNAM Stadium...

4 hours ago | Sports

Windhoek • [email protected] Former UNAM FC head coach Woody Jacobs says it would be fitting for the UNAM Stadium in Pioneers Park in...

Motion tabled to rescind selling...

4 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] A motion to rescind a council resolution made in 2014 in terms of Narraville extension 12 and 14 was...

Namport, Meatco sign MOU

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvis Bay The Namibian Ports Authority (Namport) and the Meat Corporation of Namibia (Meatco) recently signed a Memorandum of Understanding (MoU).The two entities aim...

Seidler wen sy 'doodstryd' na...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Tielman van Lill – Phillip Seidler het die eerste Namibiër in die geskiedenis geword wat die Olimpiese Spele in die oopwaterdissipline oor 10 kilometer kwalifiseer.In...

No patient left behind

1 day - 22 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] hospitals across the country are overcrowded – a situation that is described as serious. Thankfully, “we have not yet had to turn...

Sop om die koue te...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Alet Smit is hard aan die werk om 'n sopkombuis op Walvisbaai te begin wat spesiaal vir kinders van spesifiek dié...

Pendeldiens maak 'n verskil

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Om na die gemeenskap om te sien, lê Carlo van der Merwe nog altyd na aan die hart. Te midde van die...

Tides

1 day - 22 June 2021 | Fishing

Tuesday, 22 June Low 07:22 High 13:46 Low 19:34 High 02:00 Wednesday, 23 June High ...

Grumpy’s Fishing Report

1 day - 22 June 2021 | Fishing

•Grumpy Gramowsky Canopy and Maketu’s were the pick of the week. Wow, so many big galjoen and steenbras were caught and brought to shore,...

Load More