Hentiesbaai wil potensiaal ontsluit

’n Propvol program wag vir besoekers by Hentiesbaai se ontwikkelingsekspo.

19 November 2019 | Events

Grace Noareses; Hentiesbaai se toerisme- en bemarkingsbeampte; “'Die idee is om toerisme en ook die sakesektor 'n hupstoot te gee.”

Hentiesbaai ·[email protected]



Vanjaar se Hentiesbaai-ontwikkelingsekspo vind vanaf 27 tot 30 November by die sokkerstadion op die dorp plaas.

Stigterspresident Sam Nujoma is die beskermheer, en me. Christene //Hoebes, die adjunkminister van internasionale betrekkinge, is die medebeskermheer van die ekspo en beide dit as eregaste bywoon.

Grace Noareses, die toerisme- en bemarkingsbeampte van die Hentiesbaai-munisipaliteit, het gesê daar sal 15 tot 20 uitstallers wees.

“Tuisnywerhede, klein ondernemings, ’n aantal staatsinstellings sowel as gevestigde privaat besighede het aangedui dat hulle die geleentheid gaan ondersteun. Die opstel van stalletjies sal op 27 November vanaf 14:00 plaasvind weens die verkiesing. Die deure open amptelik op 28 November om 09:00 vir die publiek. Ons het ook gratis tuinbou-opleidingsessies bygevoeg vir die duur van die uitstalling.”

Die ekspo is in 2016 van stapel gestuur met die doel om die potensiaal van die dorp te ontsluit.

“Die idee is om toerisme en sakesektor 'n hupstoot te gee. Ons wil ook bewustheid skep oor die dorp se otwikkelingsmoontlikhede. Terselfdertyd wil ons plaaslike klein besighede en plaaslik vervaardigde produkte blootstelling gee,” het Noareses gesê.

Volgens haar het die eerste ekspo baie goed afgeskop met meer as 12 000 besoekers wat dit in 2016 bygewoon het.

“Ons is destyds goed ondersteun deur die Nasionale Jeugdiens, die Universiteit van Namibië, plaaslike inwoners en inwoners van die Erongostreek. Weens finansiële beperkinge was daar nie in 2017 ’n ekspo aangebied nie. Die bywoningsyfer het in 2018 aansienlik gedaal maar die geleentheid was steeds ’n groot sukses.”



’n Parade van die brandweerstasie af na die sokkerstadion vind op dag twee van die ekspo plaas en die amptelike opening is om 11:00.

Dit word gevolg deur 'n skattejag. Kaartjies kan gekoop word vir N$30 elk by winkels op die dorp, die munisipaliteit, Baxods, die IT-sentrum en toerismesentrum.

Die dag se verrigtinge word afgesluit met ’n musiekfees. Kunstenaars soos TBoss & Staika, Kid Mario, MSunday, Dj Zuma, Zux Mashlenk, Richie G, Ou Gerrie en Simbiko gaan besoekers vermaak.

'n Mini-hengelkompetisie wat vanaf 06:00 begin, maak deel uit van die derde en laaste dag van die ekspo.

Die skale sluit om 16:00, gevolg deur die prysuitdeling. Daar is verskillende kontantpryse vir verskeie kategorieë, soos byvoorbeeld vir die hengelaar wat die grootste galjoen inweeg, wat N$2 500 in sy sak sit.

Die verrigtinge sluit amptelik om 23:00 af wanneer die vermaaklikheidstent toe maak.

Similar News

 

Tyd vir eenheid

1 week ago - 03 December 2019 | Events

Walvisbaai •[email protected] en jonk het Sondag tydens die Dag van Eenheid op die grasperk oor die Walvisbaai-munisipaliteit die feestyd amptelik verwelkom.Dié geleentheid word jaarliks deur...

Hawedorp herdenk herintegrasie

1 month - 04 November 2019 | Events

Walvisbaai • Leandrea Louw Ná Namibie se onafhanklikwording op 21 Maart 1990 het Walvisbaai op 1 Maart 1994 weer amptelik deel van die land...

Erongo Business and Tourism Expo in full swing

1 month - 01 November 2019 | Events

Walvis Bay • Leandrea Louw The 13th annual Erongo Business and Tourism Expo kicked off yesterday afternoon with the festivities continuing until Saturday. At...

­Empowering women in the ­maritime sector

1 month - 29 October 2019 | Events

Walvis Bay • Leandrea Louw The Association for Women in the Maritime Sector in Eastern and Southern Africa (WOMESA Namibia) hosted World Maritime...

Silver jubilee celebrations for Walvis Bay

1 month - 23 October 2019 | Events

Walvis Bay • Leandrea Louw The 2nd of November will see a flurry of activities taking place to celebrate the reintegration of Walvis Bay...

Makietie se musikante

1 month - 23 October 2019 | Events

Swakopmund · Iréne-Mari van der Walt “Destination Swakopmund” het die kunstenaars wat by die KIA Makietie op 6 en 7 Desember gaan optree, aangekondig....

Silver jubilee celebrations for Walvis Bay

1 month - 22 October 2019 | Events

Walvis Bay • Leandrea Louw The 2nd of November will see a flurry of activities taking place to celebrate the reintegration of Walvis Bay...

Erongo Business and Tourism Expo byna hier

1 month - 22 October 2019 | Events

Walvisbaai • Verskaf Die 13de jaarlikse Erongo sake- en toerisme ekspo vind aan die einde van hierdie maand plaas. Ondanks die huidige resessie, het hierdie...

Vloot vier 15 jaar

1 month - 15 October 2019 | Events

Die Namibiese vloot het op 7 Oktober sy 15de bestaansjaar gevier en Saterdag 'n ope dag as deel van die feesvieringe gehou. Om die verrigtinge...

Hupstoot vir kankervereniging

2 months ago - 08 October 2019 | Events

Walvisbaai · Otis Finck Die Bank Windhoek-tak op Walvisbaai het weer eens ’n suksesvolle stap-, hardloop-, fietsry- en pretdaggeleentheid aangebied ter ondersteuning van die...

Latest News

Untouched beauty

2 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The Fine Art Gallery in Swakopmund is hosting “Untouched” – an exhibition by Rosa Smit and Betsy van Rensburg. The exhibition...

Search for drowned boy continues

2 days ago - 08 December 2019 | Local News

Henties BayA drowning incident involving an eleven year old boy Prince Samuel Pietersen was reported to the police yesterday in Henties Bay. According to the...

Desert Dash delivers once more...

2 days ago - 07 December 2019 | Sports

Swakopmund · [email protected] Nedbank Desert Dash competitors competed in various categories such as the solo (men’s and women), mixed two, four as well as four...

Headmaster arrested for corruption

5 days ago - 05 December 2019 | Crime

Swakopmund A 39-year old former headmaster of Vrede Rede Primary School, Lizette Hedwig Fisher-Lucas, was arrested on a charge of theft after she allegedly misused...

Danie van Antwerpen and Pikkie...

5 days ago - 05 December 2019 | Sports

The 54 players that competed in the Namib Mills better ball competition was the biggest field for many a month and what a good day...

Wêreldvigsdag herdenk

5 days ago - 05 December 2019 | Health

Walvisbaai • [email protected] Walvisbaai se munisipaliteit het Vrydag saam met die res van die wêreld, Wêreldvigsdag herdenk onder die tema “Gemeenskappe maak die verskil”.Tydens...

Fuel prices unchanged

6 days ago - 04 December 2019 | Energy

Fuel pump prices in Walvis Bay for 95 Octane Unleaded Petrol amount to N$ 13.05 per liter and that of Diesel 50 ppm is N$...

Fishermen protest against ‘fishrot’ accused

6 days ago - 03 December 2019 | Crime

Walvis Bay · [email protected] Approximately 300 fishermen held a peaceful demonstration outside the Kuisebmond Stadium in Walvis Bay earlier today.The fishermen, who are all unemployed...

Strawberry Fields Forever!

1 week ago - 03 December 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Strawberry Fields Vocal Training Academy hosted a show to commemorate the past year on Saturday evening. “The evening was just for...

Load More