Hentiesbaai het groot planne

Die Hentiesbaai-munisipaliteit beoog om die lewenstandaard op die dorp te verbeter deur die oprigting van ’n taxistaanplek en informele mark.

23 February 2021 | Local News

Lewies Vermaak, Hentiesbaai-burgemeester; “Ons kan dan darem op ’n klein skaal begin om lewens te verbeter…”

Hentiesbaai • [email protected]





Die nuwe munisipale raad van Hentiesbaai het verlede week ’n openbare vergadering gehou om die planne van ’n taxistaanplek en informele mark met die dorpsmense te deel.

“Hierdie planne is nog lank nie finaal nie. Ons is nog besig om ons huiwerk te doen, maar hierdie is iets wat ons baie graag wil realiseer. Dit is iets wat die vorige raad ook bespreek het, maar hulle het dit net nooit gedoen nie,” sê Lewies Vermaak, die burgemeester van Hentiesbaai.

Vermaak meen die oprigting van die taxistaanplek gaan nie net lewensgehalte op die dorp verbeter nie, maar ook die munisipale raad die kans gee om ’n ogie op misdaad te hou.

“Baie misdadigers word met taxi’s van misdaadtonele vervoer en selfs gesteelde goedere in die geval van diefstal. Met die taxistaanplek wil ons graag ’n taxivereniging stig om beter beheer oor die taxi’s in die dorp te hê,” sê hy.

INFORMELE MARK

Die informele mark sal konflik tussen winkeleienaars en straatsmouse verlig.

“Die informele mark kry die smouse van die strate af en voorsien hulle met ’n ordentlike staanplek waarvandaan hulle kan smous. Dan hoef hulle nie voor winkels te staan en besigheid te beïnvloed nie,” sê Vermaak.

Die Hentiesbaai- munisipale raad sal gedurende die week besoek aan informele markte en taxistaanplekke op Swakopmund en Walvisbaai aflê om meer oor die logistiek agter die oprigting te leer.

“Ons gaan op Swakopmund en Walvisbaai ’n beter idee kry van wat ons wil doen, maar ons gaan definitief eers klein begin. Ons kan dan darem op ’n klein skaal begin om lewens te verbeter, veral nou dat mense so bedruk is deur die pandemie,” sê die burgemeester.

Vir Vermaak gaan hierdie poging verder as net nuwe geriewe vir sy dorp.

“Wanneer ek as burgemeester uittree wil ek ’n nalatenskap agterlaat en kan wys dat ek ’n verskil in mense se lewensomstandighede gemaak het,” sê hy.

Similar News

 

Namdock and MANWU strike agreement

4 hours ago | Local News

Local ship repair company Namdock and the Metal and Allied Namibian Workers Union (MANWU) signed a Recognition and Procedural Agreement earlier this month.“This agreement signed...

Motion tabled to rescind selling of Extension 12 and...

5 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] A motion to rescind a council resolution made in 2014 in terms of Narraville extension 12 and 14 was...

Namport, Meatco sign MOU

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvis Bay The Namibian Ports Authority (Namport) and the Meat Corporation of Namibia (Meatco) recently signed a Memorandum of Understanding (MoU).The two entities aim...

Seidler wen sy 'doodstryd' na Tokio

1 day - 22 June 2021 | Local News

Tielman van Lill – Phillip Seidler het die eerste Namibiër in die geskiedenis geword wat die Olimpiese Spele in die oopwaterdissipline oor 10 kilometer kwalifiseer.In...

No patient left behind

1 day - 22 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] hospitals across the country are overcrowded – a situation that is described as serious. Thankfully, “we have not yet had to turn...

Sop om die koue te verdryf

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Alet Smit is hard aan die werk om 'n sopkombuis op Walvisbaai te begin wat spesiaal vir kinders van spesifiek dié...

Pendeldiens maak 'n verskil

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Om na die gemeenskap om te sien, lê Carlo van der Merwe nog altyd na aan die hart. Te midde van die...

Refurbished kennels for furry friends

1 day - 22 June 2021 | Local News

The Namibian Ports Authority refurbished the Walvis Bay K9 dog kennels at the port police station, to the value of N$280 000. The dog kennels,...

Increasing Covid cases put pressure on health facilities

2 days ago - 21 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Erongo regional governor Neville Andre says the surge in Covid-19 cases is putting pressure on the region’s health facilities.He made...

Sale of erven postponed due to Covid cases

2 days ago - 21 June 2021 | Local News

Wlotzkasbaken • [email protected] The chief financial officer of the Erongo regional council, Hâbate Doëses, says the sale of the Wlotzkasbaken erven has been...

Latest News

Calls to rename UNAM Stadium...

5 hours ago | Sports

Windhoek • [email protected] Former UNAM FC head coach Woody Jacobs says it would be fitting for the UNAM Stadium in Pioneers Park in...

Motion tabled to rescind selling...

5 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] A motion to rescind a council resolution made in 2014 in terms of Narraville extension 12 and 14 was...

Namport, Meatco sign MOU

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvis Bay The Namibian Ports Authority (Namport) and the Meat Corporation of Namibia (Meatco) recently signed a Memorandum of Understanding (MoU).The two entities aim...

Seidler wen sy 'doodstryd' na...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Tielman van Lill – Phillip Seidler het die eerste Namibiër in die geskiedenis geword wat die Olimpiese Spele in die oopwaterdissipline oor 10 kilometer kwalifiseer.In...

No patient left behind

1 day - 22 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] hospitals across the country are overcrowded – a situation that is described as serious. Thankfully, “we have not yet had to turn...

Sop om die koue te...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Alet Smit is hard aan die werk om 'n sopkombuis op Walvisbaai te begin wat spesiaal vir kinders van spesifiek dié...

Pendeldiens maak 'n verskil

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Om na die gemeenskap om te sien, lê Carlo van der Merwe nog altyd na aan die hart. Te midde van die...

Tides

1 day - 22 June 2021 | Fishing

Tuesday, 22 June Low 07:22 High 13:46 Low 19:34 High 02:00 Wednesday, 23 June High ...

Grumpy’s Fishing Report

1 day - 22 June 2021 | Fishing

•Grumpy Gramowsky Canopy and Maketu’s were the pick of the week. Wow, so many big galjoen and steenbras were caught and brought to shore,...

Load More