Hentiesbaai het groot planne

Die Hentiesbaai-munisipaliteit beoog om die lewenstandaard op die dorp te verbeter deur die oprigting van ’n taxistaanplek en informele mark.

23 February 2021 | Local News

Lewies Vermaak, Hentiesbaai-burgemeester; “Ons kan dan darem op ’n klein skaal begin om lewens te verbeter…”

Hentiesbaai • [email protected]





Die nuwe munisipale raad van Hentiesbaai het verlede week ’n openbare vergadering gehou om die planne van ’n taxistaanplek en informele mark met die dorpsmense te deel.

“Hierdie planne is nog lank nie finaal nie. Ons is nog besig om ons huiwerk te doen, maar hierdie is iets wat ons baie graag wil realiseer. Dit is iets wat die vorige raad ook bespreek het, maar hulle het dit net nooit gedoen nie,” sê Lewies Vermaak, die burgemeester van Hentiesbaai.

Vermaak meen die oprigting van die taxistaanplek gaan nie net lewensgehalte op die dorp verbeter nie, maar ook die munisipale raad die kans gee om ’n ogie op misdaad te hou.

“Baie misdadigers word met taxi’s van misdaadtonele vervoer en selfs gesteelde goedere in die geval van diefstal. Met die taxistaanplek wil ons graag ’n taxivereniging stig om beter beheer oor die taxi’s in die dorp te hê,” sê hy.

INFORMELE MARK

Die informele mark sal konflik tussen winkeleienaars en straatsmouse verlig.

“Die informele mark kry die smouse van die strate af en voorsien hulle met ’n ordentlike staanplek waarvandaan hulle kan smous. Dan hoef hulle nie voor winkels te staan en besigheid te beïnvloed nie,” sê Vermaak.

Die Hentiesbaai- munisipale raad sal gedurende die week besoek aan informele markte en taxistaanplekke op Swakopmund en Walvisbaai aflê om meer oor die logistiek agter die oprigting te leer.

“Ons gaan op Swakopmund en Walvisbaai ’n beter idee kry van wat ons wil doen, maar ons gaan definitief eers klein begin. Ons kan dan darem op ’n klein skaal begin om lewens te verbeter, veral nou dat mense so bedruk is deur die pandemie,” sê die burgemeester.

Vir Vermaak gaan hierdie poging verder as net nuwe geriewe vir sy dorp.

“Wanneer ek as burgemeester uittree wil ek ’n nalatenskap agterlaat en kan wys dat ek ’n verskil in mense se lewensomstandighede gemaak het,” sê hy.

Similar News

 

Moving farewell over the Namib

16 hours ago | Local News

Swakopmund As a symbol of respect and in line with the wishes of Hans Burkhardt who died at the beginning of the year, several...

Transportreus groet

2 days ago - 21 April 2021 | Local News

Walvisbaai •[email protected] Die stigter van Wesbank Transport, mnr. EP van Rooyen, is verlede week oorlede - ‘n paar weke voor sy 100ste verjaardag.Sy...

Nuwe tuiste vir brandslagoffer

3 days ago - 20 April 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] se kiesafdelingslid en voorsitter van die Erongostreekraad (ERC), me. Ciske Howard, het onlangs vier huise wat opgerig is met vooraf vervaardigde materiaal...

JWRA vra vir doeltreffendheid

3 days ago - 20 April 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Die raadslid wat die Joint Walvis Bay Residents Association (JWRA) in die munisipale raad verteenwoordig, mnr. Ronald Bramwell, het 'n mosie ter...

Paaldans wil inwoners fiks kry

3 days ago - 20 April 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Die wêreldkampioen-paaldanseres, me. Sonja Keil, het onlangs ’n paaldans- en fiksheidsateljee op Walvisbaai geopen. Volgens haar is dié sport soortgelyk aan gimnastiek....

Howard hands over food parcels

4 days ago - 18 April 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Chairperson of the Erongo Regional Council (ERC), Ciske Howard, recently handed over food parcels to underprivileged residents of Swakopmund.Fifty-four...

Ons drinkwater is vuil, sê Karibib-inwoners

1 week ago - 13 April 2021 | Local News

Karibib • [email protected] Mnr. Harald Ludwig, ’n inwoner van Karibib, het onlangs sy ontevredenheid oor die dorp se drinkwater in die sosiale...

Support for strays

1 week ago - 12 April 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] The Feed a Paw initiative is receiving some very welcome help from Fachwerk Biergarten that placed a donation box in Swakopmund.Young...

Council asked to look at pre-paid water meters

1 week ago - 12 April 2021 | Local News

Walvis Bay • [email protected] Landless Peoples Movement (LPM) councillor Stanley Bikeur tabled a motion concerning access to safe drinking water and sanitation being...

Former drug lord cautions youth

1 week ago - 12 April 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] The #BeFree Skrr Skrr dialogue took place at Swakopmund’s Infinity Lounge on Friday.One of the speakers was Fabian Langenhoven, a former...

Latest News

Buccaneers Summer League 21 concluded

14 hours ago | Sports

The final round of the Buccaneers Summer League tournament was played on 10 April, with congratulations going to Brandon Grane who defeated everyone in the...

LeSean Elshadai drops EP in...

15 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Recording artist Clinton “LeSean Elshadai” Mulenga and Jonathan “Johnny Be Good” Luvindao recently released the EP (extended play) project Kaliyuga with...

Choose your most inspiring moment...

15 hours ago | Sports

Sports fans around the globe can be part of next month’s Laureus World Sports Awards by voting in an online poll to pick the Laureus...

Maria Nepembe triumphs at Zikomo...

15 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Namibian socialite and entrepreneur Maria Nepembe scooped three accolades at the Zikomo Awards that took place in Lusaka, Zambia, recently.Nepembe took...

CFC extends its lead

16 hours ago | Sports

The second round of the 2021 Bank Windhoek Fistball League saw Cohen Fistball Club (CFC) defeat hosts and rivals Sport Klub Windhoek (SKW) with a...

Moving farewell over the Namib...

16 hours ago | Local News

Swakopmund As a symbol of respect and in line with the wishes of Hans Burkhardt who died at the beginning of the year, several...

‘Zero Hour’ set to premiere

16 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund The short film Zero Hour premieres at the Mondesa Multi-Purpose Centre on Thursday at 18:30.“In this 10-minute short film, 22-year-old recent graduate Mbakoo...

Local visual arts sector is...

16 hours ago | Art and Entertainment

The Bank Windhoek Triennial 2020 Awards ceremony and exhibition opening takes place on Thursday (22 April 2021) at 16:00. With 491 submissions received of which...

Nande eet Rössmund vir brekfis...

1 day - 22 April 2021 | Sports

Likius Nande het met tien houe gewen toe Rössmund-klub buite Swakopmund vir die tweede keer die Standard Bank Swakop Ope aangebied het, as deel van...

Load More