Groot skenking vir Hands of Hope

Die geld sal gebruik word om kospakkies en ander basiese benodighede vir gesinne in nood te koop.

12 May 2020 | Local News

Niki Carstens; Stigter; “Ons word regtig geseën deur mense wat in hierdie tyd uitreik om ander te help.”

Swakopmund • [email protected]

Swakop Striders het N$20 000 aan Hands of Hope geskenk ter ondersteuning van minderbevoorregte Namibiërs wat deur Covid-19 geraak is.

Die skenking kom ná Swakop Striders ’n insameling gehou het vir elke kilometer wat hulle tussen 27 April en 3 Mei gedraf het. Die geld sal gebruik word om kospakkies en ander basiese benodighede vir gesinne in nood te koop.

Die stigter van Hands of Hope Namibia, Niki Carstens en wat die skenking namens die organisasie ontvang het, het haar dank aan die drawwers uitgespreek. “Ons word regtig geseën deur mense wat in hierdie tyd ander help. Die impak van Covid-19 is baie erg en daar is soveel Namibiërs wat nie kon werk nie, en dus nie ’n inkomste kon verdien nie,” het sy gesê.

“Weens die inperking kon baie mense nie kos en ander items by markte verkoop nie en dus nie vir hulleself ’n inkomste genereer nie. Hierdie skenking gaan ons die volgende week of twee help om na nóg ’n paar mense uit te reik,” het Carstens gesê.

Dr Keletso Nyathi het die idee vir die insameling gehad toe hy vir ’n marathon in Suid-Afrika ingeskryf het maar wat weens die pandemie gekanselleer is. Hy het egter besluit om die 122 km op sy eie te hardloop om geld vir Hands of Hope Namibia in te samel.

Kirsty Brits, ’n vriend van Dr Nyathi en ’n lid van Swakop Striders, het kontak gemaak met die sportklub se ondervoorsitter, Anja Kreiner, en gevra dat Swakop Striders ook só ’n poging vir liefdadigheid aanpak.

Volgens Kreiner het al die drawwers na hul eie borge gesoek en ook onderneem om ’n bydrae per kilometer te maak.

“Ek wil alle lede van Swakop Striders bedank vir hul deelname. Ek wil ook vir Hands of Hope Namibia bedank vir wat hulle vir die gemeenskap doen,” het Kreiner gesê.

Sommige lede van Swakop Striders het verkies om fiets te ry om geld in te samel.

“Op 2 Mei is hardlopers aangemoedig om heelwat kilometers aan te pak - selfs meer as wat hulle al voorheen aangedurf het,” het sy gesê.

Altesame 800 km is deur die drawwers voltooi en 170 km is deur die deelnemende Swakop Striders-lede en hul vriende per fiets gery.

Brits het byvoorbeeld op een dag ’n volle 60 km gehardloop terwyl Emily James haar eerste volledige marathon aangepak het saam met haar twee kinders (7- en 10-jaar oud) wat fiets gery het. Die kinders het ook daarin geslaag om borge te verseker vir die afstand wat hulle afgelê het.

André Ross het gedurende die week 123 km vir Hands of Hope gehardloop. Die jongste drawwer wat aan die insameling deelgeneem het, was die 11-jarige Adara Gey van Pittus, wat ’n hoogspringatleet by Swakop Striders is.

Hands of Hope is ’n groep vrywilligers wat die gemeenskap met verskillende projekte bystaan. Die afgelope week het die organisasie 120 kospakkies na mense in nood regoor die land gestuur.

Similar News

 

Namibians stranded at sea

1 day - 29 May 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Carnival Fascination has been travelling up and down the Namibian coast for three days. On board are, among others, seven Namibians and...

Walvis Bay budget to be tabled today

2 days ago - 28 May 2020 | Local News

Council usually conducts the tweaking process of its annual budget for the coming financial year at this time of the year. Residents of Walvis Bay...

Mayor pleads for adherence of protective measures

2 days ago - 28 May 2020 | Local News

Walvis Bay Residents have an obligation to protect themselves to the best of their ability in the midst of the Covid-19 pandemic, says Walvis Bay...

Maatskaplike werker open spens

4 days ago - 26 May 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Te midde van die heersende Covid-19 pandemie, is daar egter nog steeds barmhartige Samaritane wat in tye van nood...

Gold mine donates to Otjimbingwe

5 days ago - 24 May 2020 | Local News

QKR Namibia Navachab Gold Mine recently donated food parcels consisting of maize meal, tinned fish and cooking oil to vulnerable members of the Otjimbingwe community.Handing...

Club comes to players’ aid

1 week ago - 20 May 2020 | Local News

Kuisebmond Blue Waters Sport Club handed food parcels to its cricket, netball and soccer team players.The coastal-based club, which was founded in...

Daures residents to benefit from SPYL donation

1 week ago - 19 May 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Erongo branch of the SWAPO Party Youth League (SPYL) donated food parcels worth N$15 000 to the office of the governor. Each...

Ouma Haoses steek 104de kersie aan

1 week ago - 19 May 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Magrieth Haoses het haar eerste asemteug op 5 Mei 1916 op ’n plaas by /Gurus in die Hardapstreek gegee. Vandag, 104...

Ondersteuning vir enkelouers

1 week ago - 18 May 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Twee inwoners van Swakopmund, George Olivier en Bianca Dronia, het ’n maand gelede die Better Life Project gestig. Olivier, die trotse...

Chameleons defy death

2 weeks ago - 15 May 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] They are tiny, slightly unbalanced on their feet and yet very feisty.Six Namaqua chameleons that are common in the desert close...

Latest News

Stricter control for truckers

30th of May 11:55 | Health

Swakopmund • [email protected] governor Neville Andre announced strict measures to control the movement of truck drivers, citing the 21st case of Covid-19 in Namibia for...

Namport assists in repatriation of...

30th of May 11:40 | Health

Walvis Bay • [email protected] The American passenger liner Carnival Fascination, docked at berth 1 of the port of Walvis Bay on Friday morning,...

Black Boy surfing the airwaves...

1 minute ago | Art and Entertainment

Walvis Bay • [email protected] Local rapper Bachmann (24) recently released his latest project, Black Boy, which is available on Donlu Africa, Soundcloud, YouTube, Facebook...

Namibians stranded at sea

1 day - 29 May 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Carnival Fascination has been travelling up and down the Namibian coast for three days. On board are, among others, seven Namibians and...

CAN calls for better tobacco...

1 day - 29 May 2020 | Health

The Cancer Association of Namibia (CAN) has called on the ministry of health and government to review the Tobacco Control Act of 2010 in light...

Ten elephants culled

1 day - 29 May 2020 | Environment

Swakopmund • [email protected] elephants that posed a risk to human life and agriculture were culled in various regions of the country last month.According to the...

Educating the youth through television...

1 day - 28 May 2020 | Youth

Walvis Bay • [email protected] Long-time best friends and entrepreneurial partners Jörg Walter (20) and Bryan Nakambonde (20) will soon be premiering an educational television...

Brand laat 30 dakloos

1 day - 28 May 2020 | Disasters

Swakopmund • [email protected] Dertig Swakopmunders is haweloos gelaat ná hul plakkershuis in Mondesa afgebrand het.Die vyf gesinne wie se huisie deur vlamme verswelg is,...

African Vocals sing online

1 day - 28 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Vocals held an online concert at the Lutheran Church in Swakopmund on Sunday, streaming it live on their Facebook and Instagram pages....

Load More