Grafte in Narraville geskend

Narraville se gemeenskap sê dit is hoog tyd dat daar hekke by die begraafplaas in dié woonbuurt aangebring word

23 November 2021 | Local News

Paul Adonis; Opsigter; “Dit lyk na die handewerk van ’n groep kinders.”

Sewe grafstene by die Narraville-begraafplaas is beskadig en dit blyk om die handewerk van ’n groep kwajongens te wees.

Die skade beloop etlike duisende dollar, bo en behalwe die emosionele lyding waaraan mense wie se geliefdes se laaste rusplek dit is, blootgestel word.

Van die marmergrafstene is met opset omgestamp terwyl ander in stukke gebreek is.

Luidens die opsigter, Paul Adonis, het hy verskeie kindervoetspore by die beskadigde grafte gevind.

“Dit lyk na die handewerk van ’n groep kinders. Ek dink hulle kom speel hier wanneer ek nie aan diens is nie, en vang dan kattekwaad aan.”

Dit is nie die eerste keer dat grafte by dié begraafplaas beskadig word nie en die skuldiges kom elke keer daarmee weg.

Inwoners van Narraville meen dit is nou hoog tyd dat die munisipaliteit ten minste hekke by die ingange van die begraafplaas aanbring.

“Baie mense ly skade. Ons het onlangs vars blomme op ’n geliefde se graf gaan plaas, net om die volgende dag te ontdek dit is verwyder. Hoe kan mense so gevoelloos wees? Hulle neem selfs die kunsgras wat mense opsit om grafte te verfraai,” het ’n ontstelde inwoner gesê.

Sy het ’n beroep op die plaaslike buurtwag gedoen om gereeld by die begraafplaas ’n draai te maak.

“Dis geen geheim dat dwelmverslaafdes die beskutting van die begraafplaas misbruik om ongehinderd dwelms te gebruik nie. Die munisipaliteit kan gerus ook ’n sekuriteitswag oor naweke daar aanstel.”

Raadslid Ryan Gordon het bevestig daar word beplan om hekke by die ingange van die begraafplaas aan te bring.

“Ek het die probleme wat ten opsigte van die Narraville-begraafplaas ondervind word, al verskeie kere in raadsvergaderings genoem. Iemand het aangebied om die hekke te laat maak en dit te skenk. Die burgemeester, Trevino Forbes, is bewus daarvan en ons hoop om die proses so gou as moontlik af te handel.”

Gordon het ook bygevoeg die buurtwag onder leiding van Andrew Maasdorp en Ernesto Bampton het besluit om elke uur ’n patrollie na die begraafplaas te stuur.

“Ons weet daar gebeur gruwelike dinge, veral snags. Sou iemand weer op ’n ongehoorde tyd daar betrap word, gaan hulle hom of haar aankla van oortreding.”

Similar News

 

NSA secures funding for delayed census

13 hours ago | Local News

Windhoek ∙ Ogone Tlhage The Namibia Statistics Agency (NSA) will be able to conduct its census later this after securing funding for the...

Wrong body buried

3 days ago - 13 January 2022 | Local News

Swakopmund • [email protected] Two grieving families suffered more trauma after their loved ones’ bodies were accidently switched, allegedly at the Swakopmund district hospital,...

Municipal resorts experience good holiday occupancy

1 week ago - 06 January 2022 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The local resorts experienced more bookings this festive season compared to the previous year, according to Florentia Mutrifa, the head...

More locals on holiday at the coast

1 week ago - 06 January 2022 | Local News

Swakopmund ∙ [email protected] There were many more Namibians enjoying their festive season at the coast than foreigners, according to several business people and institutions to...

‘Kersfeeskomeet’ sorg vir skouspel uit Namibië

1 week ago - 05 January 2022 | Local News

Windhoek • Ronelle Rademeyer Soos in Betlehem van ouds het die “wyse manne en vroue” van die astronomiewêreld die afgelope Kerstyd na Namibië gereis agter...

Toerismesekuriteitseenheid vir kusdorp

1 week ago - 04 January 2022 | Local News

Swakopmund ondervind die afgelope tyd ’n toename in geweld en rooftogte wat op toeriste gemik word. Die Swakopmund-munisipaliteit weier egter om terug te sit...

Pa swem nog 'n myl vir sy outistiese seun

1 week ago - 04 January 2022 | Local News

Swakopmund • [email protected] Haller het voor die Nuwejaar die jaarlikse Jetty Myl in Swakopmund geswem met sy outistiese seun, Fanilo (12), asook die bewusmaking, aanvaarding...

Mobiele verkeerskantoor 'n aanwins

1 week ago - 04 January 2022 | Local News

Walvisbaai • [email protected] mobiele “Booze Bus'-verkeerskantoor het 'n uiters besige tyd beleef vandat dit op 10 Desember amptelik in die kusstreek begin werk het. Dié...

Be beach safe

2 weeks ago - 31 December 2021 | Local News

The festive season is here and everyone is heading to the coast to tan on the beach and enjoy the refreshing waves.A day of fun...

Use of fireworks prohibited in residential areas

2 weeks ago - 31 December 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] use or exploding of fireworks within a local authority area is prohibited as stipulated in section 3 of the Local Authorities Act...

Latest News

The Audi Q5, SQ5 Sportback

13 hours ago | Motors

Following the Q3 Sportback and the e-tron Sportback, Audi now presents its third crossover utility vehicle, the first-ever Q5 Sportback. This coupé with dynamic lines...

Drones delivering to your doorstep

13 hours ago | Technology

Windhoek • [email protected] Namibia will most likely start using drones to deliver medicine to remote locations within the next few weeks.This comes after a...

More than the absence of...

13 hours ago | Health

Ideally, it is a state of mental well-being in which people cope well with the many stresses of life, can realize their own potential, and...

Suspected avian flu being investigated

2 days ago - 14 January 2022 | Environment

Swakopmund • [email protected] Following a major outbreak of avian influenza in South Africa’s Western Cape a few months ago that killed almost 25 000...

Taxi-tariff guide gives legal footing

2 days ago - 14 January 2022 | Infrastructure

Walvis Bay • [email protected] The recently published taxi-tariff guide by the Namibia Bus and Taxi Association (Nabta) to accompany the official taxi-tariff hike...

Boggelrugwalvis spoel uit

2 days ago - 14 January 2022 | Picture of the day

'n Boggelrugwalvis het gister laatmiddag by Langstrand Uitbreiding 1 tussen Swakopmund en Walvisbaai uitgespoel. Volgens 'n inwoner het die dooie walvis met laegety teen 'n...

Van Walvis tot wêreldklas animasieregisseur

2 days ago - 14 January 2022 | Art and Entertainment

Windhoek ∙ [email protected] Die Namibies gebore Reginald Amukoshi Emvula was een van die regisseurs van die animasiefilm Encanto wat Maandagoggend die Golden Globe-toekenning vir...

Maybe I was wrong –...

2 days ago - 14 January 2022 | Police

Windhoek ∙ Mathias Haufiku Police chief Sebastian Ndeitunga yesterday said he might have acted ‘ultra vires’ when he issued an internal memo to...

Shangula lambasts anti-vaxxers

2 days ago - 14 January 2022 | Ministries

Health and social services minister Kalumbi Shangula has implored vaccine sceptics to abandon the anti-vaccine campaign and to join the nation to successfully fight Covid-19...

Load More