Goudmyn is goud werd

’n Suksesvol geïmplementeerde finansiële ommekeerstrategie en harde werk, het verseker dat ’n myn wat op die rand van sluiting was, nou floreer.

29 September 2020 | Business

George Botshiwe; besturende direkteur, Navachab; “. . . ons kan die bedryf en ook uitbreiding van die myn met ons eie geld finansier. . .”

Karibib



Die QKR Navachab-goudmyn werk aan strategiese projekte wat die uitbreiding van sy verwerkingsaanleg teen N$400 miljoen en die moontlike ontwikkeling van ’n ondergrondse myn teen ’n koste van N$500 miljoen behels.

Mnr. George Botshiwe, die besturende direkteur van die goudmyn naby Karibib, het hierdie verwikkelinge bevestig en gesê dié planne het die potensiaal om produksie by die myn met tussen 40% en 50% te verhoog en die lewensduur van die myn met tot 20 jaar te verleng.

“Ek glo die myn het ’n volhoubare en goeie toekoms op grond van die afgelope twee jaar se resultate en te danke aan innovering en die vasberadenheid om ’n suksesvolle voortbestaan te verseker,” het Botshiwe gesê.

Hy het die versekering gegee die myn sal ’n veilige en betroubare werkgewer in die Karibib-omgewing bly, asook ’n belangrike bydraer tot die sosioëkonomiese ontwikkeling van die streek en as belastingsbetaler, en ook as ’n verdiener van buitelandse inkomste vir die land en sy aandeelhouers.

Botshiwe het gesê die Navachab-familie is ’n taai en weerbare groep.

Hy het gesê die myn se produksiekoste het deur die jare aansienlik gegroei en produksie het tot só ’n lae vlak gedaal dat die myn teen 2018 in ’n benarde situasie beland het, met likiditeitsprobleme en negatiewe kontantvloei.

“Dit het die volhoubaarheid van die myn en die lewensbestaan van meer as 400 werknemers bedreig. Ons kon nie as ’n onderneming toelaat dat dit gebeur nie, en het ’n ommekeerstrategie begin om bedryfskostes te verlaag en produktiwiteit en omset te verbeter.”

Die ommekeerstrategie - Projek Khaima (wat “staan op” in Damara beteken) - is in 2018 aangekondig met volle ondersteuning van al die mynpersoneel.

“Dit was nie maklik nie en daar was moeilike besluite wat geneem mos word. Projek Khaima het egter sy doelwitte bereik. Ons het daarin geslaag om produktiwiteit en, nog belangriker, ons finansiële posisie te verbeter in só ’n mate dat ons die bedryf en uitbreiding van die myn met ons eie geld kan finansier sonder die hulp van ’n derde party.”

Die myn het onlangs toerusting ter waarde van meer as N$600 miljoen met sy eie kontant gekoop.

“Die koms van Covid-19 het die aflewering van ons vloot onderbreek, maar ons het die eerste nuwe masjiene ontvang en is gereed om mynboubedrywighede te verhoog. Ons is ook besig om hierdie jaar byna 100 personeellede te werf en beplan nog verdere werwing vir volgende jaar,” het Botshiwe gesê.

Navachab is ’n oopgroefmyn wat in Desember 1989 met produksie begin het teen ’n koste van N$85 miljoen. Dit lewer gemiddeld 2,5 ton goud per jaar.

Ontwikkeling het in 1988 begin ná goudneerslae in 1984 op die plaas Navachab ontdek is. Die eerste staaf goud is 21 maande later in Desember 1998 gegiet.

Die myn is sedert Julie 2014 in besit van QKR, die meerderheidsaandeelhouer, en Epangelo Mining. QKR het die myn by AngloGold Ashanti gekoop en besit ook bates wêreldwyd.

Epangelo is ’n private maatskappy wat aan die Namibiese regering behoort.

Similar News

 

Designed to support local

1 week ago - 13 October 2020 | Business

The Buy Local Grow Namibia campaign which was officially set in motion on 1 October 2020, continues to gain momentum.The campaign which is set to...

#GrowYourBusiness talks launched

1 week ago - 13 October 2020 | Business

Standard Bank Namibia and the Namibia Economist launched series of online #GrowYourBusiness talks to inspire business owners and provide them with guidance, monitoring and management...

New life breathed into old mine

2 weeks ago - 07 October 2020 | Business

Swakopmund • Erwin LeuschnerDiamond company Namdeb announced the successfully sale of the Elizabeth Bay mine to Sperrgebiet Diamond Mining (SDM), a subsidiary of the Lewcor...

Op die oewer van die Omarururivier

2 weeks ago - 06 October 2020 | Business

Omaruru Die Rivendell-veiligheidsdorp op Omaruru word op die oomblik teen ’n beraamde koste van N$30 miljoen opgerig. Wanneer dit voltooi is, gaan dit uit...

Gholflandgoed vir hawedorp beplan

2 weeks ago - 06 October 2020 | Business

Die bestuurskomitee van die Walvisbaaise munisipaliteit is ten gunste daarvan dat grond aan President's Links Estate beskikbaar gestel word vir die ontwikkeling van 'n gholflandgoed...

Nantinda leads in uncharted waters

2 weeks ago - 06 October 2020 | Business

Lüderitz The general manager (GM) of Hangana Abalone, Aune Nantinda joined the O&L team as production manager at Hangana Seafood last...

Teachers thanked with free flight tickets

2 weeks ago - 05 October 2020 | Business

On the occasion of World Teacher’s Day, Qatar Airways gives away 21 000 complimentary tickets to teachers to thank them for their vital work in...

Support for 2021 census

2 weeks ago - 04 October 2020 | Business

Old Mutual handed over a sponsorship of N$120 000 to the Namibia Statistics Agency as a means to mobilise Better Data, Better Decisions and Better...

Sage by Dee remembers Walvis Bay ordeals

3 weeks ago - 30 September 2020 | Business

Walvis Bay • [email protected] Sage by Dee recently released its latest range of watches called Walvis Bay Closet Essentials Seasonal.The watch brand is owned...

Debmarine se vlagskip vorder goed

3 weeks ago - 29 September 2020 | Business

Windhoek • [email protected] Debmarine Namibia het onlangs aangekondig dat konstruksie goed vorder aan die AMV3-diamantskip wat by die Damen-skeepswerf in Mangalia, Roemenië, gebou word....

Latest News

Protect your identity at all...

2 hours ago | Crime

Although governments worldwide continue to invest in security measures to fight identity theft by implementing strict regulations, this development does not mean that consumers are...

Intruder rapes woman in her...

2 hours ago | Crime

The Erongo regional police are investigating a case of housebreaking and a second case of rape in Walvis Bay. Deputy commissioner Erastus Ikuyu said...

Marble workers petition against legal...

2 hours ago | Labour

Walvis Bay • [email protected] Employees of BC Stone Products Namibia handed over a petition to their management, highlighting grievances pertaining to the company’s legal...

Erongo registers five new Covid...

5 hours ago | Health

The minister of health Kalumbi Shangula announced 39 new Covid cases, 59 recoveries and another Covid-19 death reported in Walvis Bay. Shangula said that...

Pro-Ed sports teams making waves...

19 hours ago | Sports

Walvis Bay • [email protected] Pro-Ed Academy’s cricket and archery team is on a winning streak, with both scooping gold and being declared tournament...

Tips to get your mortgage...

19 hours ago | Banking

Attempting to purchase a house without a plan in place can be a challenging situation. “First-time homebuyers should prepare in advance,” says Bank Windhoek's Market...

Cross-border travel restrictions eased

20 hours ago | Government

President Hage Geingob announced that Cabinet met this week to determine appropriate measures to be put in place, which will inform the next decisions in...

Sinimbo to visit Erongo region

20 hours ago | Ministries

The deputy minister of Industrialisation and Trade, Verna Sinimbo, is scheduled to visit the Erongo region from 22 to 28 October. Amongst others, she is...

Kayaking guide takes own life

1 day - 20 October 2020 | Local News

The owner and guide of the Namibia Kayak Tours in Walvis Bay committed suicide on Saturday evening.Craig Robert Gibson (52) who is a British national...

Load More