Goanikontes vat CAN se hand

Die Kankervereniging van Namibië het vanjaar weens Covid-19 minder as 'n derde van sy gewone pasiëntebystand uitbetaal.

17 November 2020 | Local News

Rolf Hansen; CAN se uitvoerende hoof; “Elke sent is verby kosbaar vanjaar.”

Swakopmund

[email protected]



Dit is geen geheim niewins­gewende organisasies, soos die Kankervereniging van Namibië (CAN), kry swaar weens die impak van Covid-19 nie.

Dus het die bestuur van Goani­kontes Oase-ruskamp buite Swakopmund besluit om hul deel te doen om te help.

Volgens een van die eienaars, René Baard, besef hulle CAN se nood.

“Ons reël gereeld insamelings vir die organisasie, maar vanjaar kon ons nog niks reël nie en kon hulle ook nie hul gewone geldinsamelings aanbied nie. Ons wil help waar ons kan.”

Op 21 en 22 November bied Goanikontes 'n opwindende naweek met 'n propvol program aan, met alle skenkings wat ten bate van CAN is.

Lize Visser sal Saterdag vir vermaak sorg, terwyl Janelle Botha Sondag die verhoog betree.

'n Skenking wat vroeër vanjaar tydens die Rough & Tough Rally ingesamel is, word Saterdag om 15:00 aan CAN se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, oorhandig.

Baard meen skenkings hoef nie op te hou wanneer die geld oorhandig word nie.

“Ons kan nog steeds net neerskryf dat ons 'n kontantskenking van 'n sekere bedrag ontvang het, en die eindbedrag aan CAN oorbetaal,” het sy gesê.

Die meerderheid van voertuie en drywers wat aan vanjaar se Rough & Tough Rally deelgeneem het, sal ook die Saterdag teenwoordig wees.

CAN hou dieselfde naweek sy immergewilde “Sprayathon” met koekies en kolwyntjies wat gebak gaan word – 'n geleentheid waarvoor dit noodsaaklik is om vooraf te bespreek.

Daar is ook verskeie geluktrekkings. Onder meer is 'n koek op die spel wat deur 'n personeellid van Goanikontas gebak word, of raai dalk hoeveel boontjies is in 'n blikkie vir die kans om 'n geskenkpakkie te wen.

“Baie mense sê hulle wil net iets gee en dit is ook baie welkom,” sê Baard wat beoog om N$350 000 vir CAN in te samel.

“Ons wil só graag in die gemeenskap terugploeg en ons dink kanker het die grootste behoef­te. Ons kan vir baie organisasies geld skenk, maar ons dink kanker het ons almal al op een of ander manier geraak. Hierdie naweek kan mense kom en 'n koppie koffie drink of boontjies raai en teruggee vir iemand anders.”

Hansen sê vanjaar is skenkings nog méér nodig as ander jare.

“CAN het met die laaste jaareinde reeds N$1,2 miljoen se verliese aangeteken as gevolg van die lang droogte en die ekonomie wat ingesink het. Daarna het Covid-19 al ons insamelingsaksies gekeer. Boonop kom vra al hoe meer pasiënte vir hulp,” verduidelik hy.

Hansen meen die skenkings sal die vereniging tot einde Februarie aan die gang kan hou.

“Ons begroting vir beide die volwassenes en kinders is reeds uitgeput, en ons trek nou van alle ander begrotingspunte geld oor na daardie departement om ons pasiënte te help.”

Hy sê daar was vanjaar 'n skamele N$600 000 beskikbaar vir bystand in vergelyking met die ongeveer N$2,1 miljoen wat CAN elke jaar aan pasiënte beskikbaar is.

“Elke sent is verby kosbaar hierdie jaar,” het hy afgesluit.

Similar News

 

IPC fills top Walvis municipal seats

1 day - 01 December 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Independent Patriots for Change (IPC) took charge of what is regarded as the key positions in the Walvis...

‘Vir haar wil ek ’n standbeeld bou’

2 days ago - 30 November 2020 | Local News

Swakopmund – [email protected] “Ek wil vir haar ’n standbeeld bou. Hierdie dapper, onselfsugtige mamma wat haar baba so oneindig liefhet dat sy alles op...

Seidler shares his expertise

1 week ago - 25 November 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Renowned open water swimmer Phillip Seidler has undertaken to share his wealth of skills and knowledge by way of open water...

Plaaslike gimnas begin eie klub

1 week ago - 24 November 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected]­kein.com.na'n Walvisbaaise gimnas het besluit om haar eie ritmiese en aërobiese gimnastiekklub, die Atlantic Gymnastics Club, op die hawedorp te stig. Janice van...

Road safety campaign launched

1 week ago - 24 November 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The festive season road safety campaign was officially launched by the deputy minister of works and transport, Veikko Nkundi, at...

Dignity kits for Otweya residents

1 week ago - 24 November 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The United Nations Population Fund (UNFPA) donated 1 300 dignity (hygiene) kits valued at N$127 000 to the residents of...

Hospital being expanded

1 week ago - 23 November 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner “This facility will make a huge difference in the Erongo region, especially in terms of new born survival. This is...

Ballot papers for Karibib constituency to be reprinted

1 week ago - 22 November 2020 | Local News

Karibib The chief electoral and referenda officer of the Electoral Commission of Namibia (ECN), Theo Mujoro, has told political parties and candidates contesting the...

Swakop calls for increased ErongoRED shareholding

1 week ago - 21 November 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner The municipality of Swakopmund is demanding more shareholding in the regional electricity supplier ErongoRED.In light of this, town council instructed...

Swakopmund sets up a tourist protection unit

1 week ago - 21 November 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner More than five years after the closure of the tourist police office in Swakopmund, town council has decided on a...

Latest News

‘Enjoy this festive season responsibly’...

10 hours ago | Government

President Hage Geingob has called on Namibians to remember that Covid-19 remains a threat in light of the approaching festive season and given various family...

Are we failing our children?

10 hours ago | Education

Bernadette HessOver the years we have experienced many highs and lows in our teaching profession. “When our learners excel academically or in extra-curricular activities we...

Upgrading the Kranzberg railway

10 hours ago | Infrastructure

Arandis • [email protected] The minister of works and transport John Mutorwa officiated the start of the upgrade of the Walvis Bay to Kranzberg railway...

Health minister outlines Covid-19 response...

1 day - 01 December 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula, highlighted various measures put in place at the 20th Covid-19 briefing. Shangula said that Covid-19...

CAN says thank you

1 day - 01 December 2020 | Society

The Cancer Association of Namibia (CAN) officially wraps up its annual schedule this week.“Many important annual events and programmes could not take place this year...

Kersfees kom vroeg met laer...

1 day - 01 December 2020 | Energy

Goeie nuus vir motoriste is dat die pryse van petrol en diesel volgende week daal.Volgens die woordvoerder van die ministerie van myne en energie, mnr....

IPC fills top Walvis municipal...

1 day - 01 December 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Independent Patriots for Change (IPC) took charge of what is regarded as the key positions in the Walvis...

Residents demand land and housing...

1 day - 01 December 2020 | Infrastructure

Swakopmund • [email protected] members of the Swakopmund Housing for All group handed over a petition at the Swakopmund municipality after a peaceful march from the...

Food Fest kom weer ...

1 day - 01 December 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Verlede jaar se Nedbank Food Fest het feesgangers op ’n geurige reis oor die hele wêreld geneem. Fest-organiseerder, Dalene...

Load More