Gesonde groente

Die konsep van groente kweek maak voedingryke kos­produkte meer toeganklik.

16 June 2020 | Agriculture

Jenny Esterhuizen; Walvis Bay Hydroponics; “Ons wil Namibië volhoubaar maak.”

Karibib • [email protected]



Nie net kraakvars groente word met akwaponiese stelsels ge­kweek nie, maar dit skep ook werksge­leenthede.

Hierdie manier van dinge doen sorg dat Namibiërs 'n paar dollar in die sak kan steek, meen mnr. Jean Bouwer, die besturende direkteur van Aqua­Lekker Farming Namibia Pty.

Akwaponiese stelsels is 'n kweek­wyse wat vismis vir die bemesting van grond gebruik. Volgens Bouwer gee sy akwaponiese stelsel wat op tilapiamis aangedryf word, op meer as een wyse terug. “In die geval van tilapia kan jy die vis eet of verkoop wanneer hulle groot is,” sê hy.

Hy is ook oortuig sy manier van kweek sal Namibiërs tussen 30% en 50% goedkoper uitwerk in vergelyking met invoerprodukte.

“Die gehalte van die groente is 'n beslissende faktor. Dit smaak beter, want dit bevat geen preserveermiddels nie. Dit kom ook vars by die winkels aan. Dié faktore saam maak dit die beste opsie vir verbruikers.”

Volgens Bouwer kan die akwaponiese wyse van kweek ook verligting vir dorre Namibië meebring, aangesien dit baie minder water gebruik en geen minerale uit die grond neem nie.



Passie

Bouwer sê sy passie vir die alternatiewe manier van boer het 33 jaar gelede op die ouderdom van 13 begin. Hy het 17 jaar gelede deeltyds begin boer en 11 jaar gelede sy eerste akwaponiese stelsel gebou.

Dié stelsel kon twee tamatie- en drie soetrissieplante asook 'n paar koppe blaarslaai onderhou, maar vandag bestaan sy stelsel uit ongeveer 2 500 plante.

Die feit dat Bouwer se vrou Hetta met skildklierkanker gediagnoseer is, was vir hom deurslaggewend.

“Haar dokter het vir haar gesê preserveermiddels in kos het 'n groot impak op mense se gesondheid. Ek het daar en dan besluit om vir ons vars groente by die huis te kweek en hier staan ons nou.”



Trots

Hy is trots op alle aspekte van die konsep en sy werknemers is geen uitsondering nie. Vandag verdien vier Namibiërs deur AquaLekker Farming hul brood en botter.

Bouwer is oortuig dat meer mense in die toekoms by hom en sy unieke manier van kweek 'n inkomste kan verdien.

Vir die bemagtiging van vroue is daar ook 'n spesiale plekkie.

“Ons verkies om vroue aan te stel, want ons plantjies is klein en vroue werk versigtiger daarmee. Dit is 'n wen-wen konsep – Namibiërs kry werk, dit gebruik min water en ons lewer gesonde produkte sonder ­preserveermiddels.”



Nog 'n wenner

Me. Jenny Esterhuizen bedryf 'n ­hidroponiese stelsel op Walvisbaai wat ongeveer 2 200 plante huisves.

“Die verskil tussen 'n akwaponiese en hidroponiese stelsel is eintlik maar net die vis. Hidroponies gebruik plantvoeders wat jy self moet byvoeg, terwyl akwaponies vismis gebruik,” verduidelik sy.

Sy stem saam met Bouwer dat dié alternatiewe maniere van vars produkte kweek, net die beste lewer wat gehalte betref. “Jy kan die plante met wortels en al uithaal en so verkoop om dit langers vars te hou,” sê sy.

Sy verduidelik dat hidroponiese stelsels minder grond dek as tradisionele landbou.

“Al probleem is die mark. Mense is so gewoond aan die produkte wat hulle tans koop en die tradisionele manier van produksie, dat hulle soms skepties is. Tog is hierdie regtig die beste oplossing.”

Verbruikers baat nie net by gehalte en prys nie, sê Esterhuizen.

“Ek sê altyd dit is 'farming for dummies'. As ons mense leer hoe om dit te doen, kan hulle hulself daarmee onderhou. Boonop is dit heeltemal volhoubaar. Ons wil Namibië volhoubaar maak.”

Similar News

 

Livestock shipment plans put on ice

2 weeks ago - 09 September 2020 | Agriculture

Windhoek • [email protected] Namibian company that planned to bring domestic livestock from South Africa and Botswana by road to local seaports for export by ship...

Só kweek Baainaars hul eie kos

2 months ago - 30 June 2020 | Agriculture

Walvisbaai Covid-19 het ’n groot impak op Walvisbaai aangesien dié ergste deur die pandemie geraak is. Daarmee saam gaan inwoners van...

Feeding the nation

1 year - 06 May 2019 | Agriculture

Swakopmund - Otis Finck The Agro farming industry could possibly rid Namibia of unemployment within the next five to ten years. This...

Rosewood transporters are not criminals

1 year - 25 March 2019 | Agriculture

Swakopmund • Otis Finck A Namibian trucker who is in the business of transporting Rosewood says Namibians are confused about the practise and have little...

Boer goats to relieve poverty in rural areas

1 year - 04 February 2019 | Agriculture

ont face="Times" > Otis Finck - The Erongo regional council (ERC) is waiting for an assessment report before rolling out a...

LPO wants testing halt

1 year - 15 October 2018 | Agriculture

Ellanie Smit The Livestock Producers Organisation (LPO) wants Namibia to declare itself free from tuberculosis and Brucellosis in an effort for farmers not...

Mega olive oil harvest expected

3 years ago - 26 May 2017 | Agriculture

A bumper harvest from the olive plantation at the Seal Processing Factory in Henties Bay is expected this month.Manager Gys Cilliers told Nampa on Wednesday...

Governor suggests reducing cattle numbers

3 years ago - 24 November 2016 | Agriculture

The governor of the Erongo region, Cleophas Mutjavikua, called on cattle farmers to seriously consider reducing the numbers of their livestock in light of the...

Latest News

Walvis Bay represented at Miss...

51 minutes ago | Events

Walvis Bay •[email protected] Former Miss Walvis Bay Monique Smith is a semi-finalist in the prestigious Miss Supranational Namibia beauty pageant slated to take place on...

Laptop thieves on the prowl

55 minutes ago | Crime

Swakopmund • [email protected] Police in the Erongo region have called on the public, especially shop owners, to be on their guard against a new...

Hotto switch to Pirates

59 minutes ago | Sports

Swakopmund • [email protected] Deon Hotto was recently unveiled as signing for South African soccer giants Orlando Pirates.Gerald Güther, who formerly coached Hotto at Swakopmund...

Celebrating black women

Swakopmund • [email protected] Swakopmund-raised poet Frieda Mukufa (26) who goes by the stage name Damn_Etu, has embarked on a journey to have her poetic...

Eighty three Covid positive cases...

14 hours ago | Infrastructure

The minister of health and social services Kalumbi Shangula announced that a total number of 1 075 results were received from the laboratories. Shangula said...

Ninety-five new Covid cases, 87...

1 day - 25 September 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 95 new Covid-19 cases and 87 recoveries on Friday afternoon. Shangula said that no...

Girls cricket action at the...

1 day - 25 September 2020 | Sports

Walvis Bay •[email protected] practicing contact sports has been allowed after the end of the State of Emergency, more sporting events are expected to start at...

Golf with a heart

1 day - 25 September 2020 | Sports

The Nedbank for Autism Golf Series will commence this weekend, aiming to raise funds and awareness for the Autism Association of Namibia. The event which...

Covid screening and isolation facility...

1 day - 25 September 2020 | Health

Walvis Bay Sanlam handed over an 8-bed Covid-9 screening and isolation facility to the ministry of health and social services in Walvis...

Load More