Gerugte van brandstigting onwaar

Hulp vir slagoffers van brand

16 January 2020 | Local News

Mareli Grobler;Huis eienaar; “Die gerugte is eenvoudig onwaar.”

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt

Met ‘n eenvoudige “onbekend” as rede vir die oorsaak van ‘n brand wat Saterdag ‘n huis op Swakopmund vernietig het, beantwoord die Swakopmund Munisipaliteit se brandverslag nie die vraag op almal se lippe oor die rede vir die verwoestende brand Saterdagmiddag in Fischreiherstr. 18 waarin die tuiste van me Mareli Grobler en haar drie kinders in puin gelê is nie.

Die verslag wat die deur die hoof van die brandweer op Swakopmund, mnr. Adri Goosen, uitgereik is, bevestig dat hulle om 18:08 ontbied is en ses brandbestryders 14 minute later op die toneel was.

Terwyl die brand gewoed het, is daar reeds onder omstanders bespiegel oor die moontlike oorsaak daarvan.

Die tonge het behoorlik geklap en daar is onder meer beweer dat dit ‘n ou huis is en die bedrading dalk foutief kon wees.

Nog voor die munisipaliteit egter hulle gevolgtrekkings oor die ontstaan van die brand bekend gemaak het, was dit sommiges se mening dat twee van die Grobler-kinders moontlik die brand veroorsaak het terwyl hul ma ‘n middagslapie geniet het.

Grobler, die moeder van die twee kleuters het egter vinning ‘n stokkie voor die gerugte gesteek.

“Die gerugte is eenvoudig onwaar. Ek en die kinders was almal in een kamer. Hulle het my nie kom wakker maak nie, maar ek het wakker geskrik toe ek glas hoor breek het,” sê sy.

Intussen het lede van die gemeenskap hul harte vir die gesin oopgemaak.

Hands of Hope en Azaria Restoring the Faith het ingespring om te help.

Volgens Lindie Barnard van Hands of Hope en Ilanza Klein van Azaria het die gemeenskap uit hul pad gegaan om bystand te verleen.

“As die gemeenskap nie gehelp het nie sou ek nie die mas kon opkom nie. Ek het nie eens tyd om my te bekommer oor die feit dat ons ons tuiste verloor het nie. Almal is besig om te help. Dit is absoluut wonderlik,” sê me. Grobler.

Haar oudste dogter, Tiana wat op Hentiesbaai was tydens die voorval moet vandag (Woensdag) op Okahandja aanmeld by NamWater vir haar eerste jaar. Sy het verlede jaar aan Namib Hoërskool op Swakopmund gematrikuleer.

Haar vyfjarige dogter, Zara, was ook gister een van duisende graad 1’s wat haar primêre skoolloopbaan begin het.

“My dogters is tans my eerste prioriteit. Sodra Tiana haar voete vind in Okahandja en Zara by die skool gevestig het, sal ek weer ons lewens begin opbou.”

Similar News

 

New lift for at Antonius Residence

1 day - 24 September 2020 | Local News

Finally, after five decades, the lift at the Antonius-Residenz old age home in Swakopmund has been replaced by a modern elevator. The new elevator officially...

Rough seas flood Tiger Reef again

1 day - 24 September 2020 | Local News

A high swell hit large parts of the Namibian coast at the weekend. In Swakopmund on Saturday, Tiger Reef Beach Bar’s parking lot was...

Tempers flare at Windpomp 14

1 day - 23 September 2020 | Local News

Mile 14 • [email protected] The Windpomp 14 campsite outside Swakopmund was the focus of a heated debate on social media over the weekend....

Stepping Stones sit bouplanne op ys

3 days ago - 22 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Voor die Covid-19-pandemie die Namibiese ekonomie verpletter het, was me. Almarie Mostert en haar span by Stepping Stones hard aan...

Hulp vir bejaardes

3 days ago - 22 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Vir bejaardes, wat as kwesbaar vir die Covid-19-virus beskou word, is die alledaagse lewe deur die pandemie omver gegooi. Spar Swakopmund...

Namdock housing plans on ice

4 days ago - 21 September 2020 | Local News

The management of the Walvis Bay ship repair company Namdock said that in looking to create a stable future for both its employees and the...

Mine employee collapses, dies

4 days ago - 20 September 2020 | Local News

An employee of the CGN Swakop Uranium mine passed away after he collapsed while working at the mine on Saturday, chief executive Cai Yusheng confirmed....

Community association established in Walvis Bay

1 week ago - 17 September 2020 | Local News

Walvis Bay •[email protected] A newly formed organisation aimed at representing the interests of the Walvis Bay community was officially launched on Tuesday. The...

Soeke na vermiste miljoene

1 week ago - 15 September 2020 | Local News

Walvisbaai · [email protected] Volgens die raadslid vir Walvisbaai se stedelike kiesafdeling, mnr Knowledge Ipinge, het die uitvoerende hoof van die munisipaliteit Muringa Haingura versuim om...

Bystand vir entrepreneurs

1 week ago - 15 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Dome op Swakopmund se “fabriek vir entrepreneurs” het onlangs die goedkeuring van die dorp se munisipale raad ontvang. Die raad het besluit...

Latest News

Nashawn enjoys ‘ghost voice’ experience

8 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] radio personality George “Nashawn” Marenga says that he enjoyed his experinience of being the “ghost voice” at the Simply You Magazine Lifestyle...

Prosecutor bribed

8 hours ago | Crime

Swakopmund • Erwin Leuschner A Pakistani national on bail for human trafficking and rape, and a Walvis Bay police officer were arrested...

Erongo region records four...

8 hours ago | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 77 new Covid-19 positive cases, 51 recoveries and two Covid-19 deaths. Shangula said...

New lift for at Antonius...

1 day - 24 September 2020 | Local News

Finally, after five decades, the lift at the Antonius-Residenz old age home in Swakopmund has been replaced by a modern elevator. The new elevator officially...

Fresh and popping hits for...

1 day - 24 September 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] is the month that will be remembered for the end of the State of Emergency. It will also go down as a...

Rough seas flood Tiger Reef...

1 day - 24 September 2020 | Local News

A high swell hit large parts of the Namibian coast at the weekend. In Swakopmund on Saturday, Tiger Reef Beach Bar’s parking lot was...

Namibiese kookboek amper op die...

1 day - 24 September 2020 | Others

Swakopmund • [email protected] Die Swakop Kosfees is een van die talle geleenthede op die dorp se kalendar wat op innoverende wyse aanhangers moes vermaak...

Emergency camp for shack fire...

1 day - 24 September 2020 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerThe number of shack fires along the central coast is increasing dramatically and as a result, the Swakopmund town council has decided...

Country captured on canvas

1 day - 24 September 2020 | Art and Entertainment

Hidden in a small studio in the Grüner Kranz complex, you will find artist Anja Benseler behind the easel. From here she creates beautiful artworks...

Load More