Geniet rus en vrede hier
29 December 2020 | Business
Die gasteplaas met sy moderne geriewe en wooneenhede is soos ’n oase in die omliggende Afrikabos en reg op die oewer van die Omarururivier.
Dit alles dra by tot ’n kalmerende atmosfeer en maak Klein Eden Guest Farm ideaal vir diegene wat op soek is na rus en stilte.
Die gasteplaas beskik oor sewe selfsorgwooneenhede wat toegerus is met lugversorging, TV, WiFi, binnebraai en ’n volledige badkamer. Dit verseker ’n eksklusiewe en luukse atmosfeer vir besoekers. Daar is ook vier B&B-wooneenhede en twee semi-selfsorgeenhede beskikbaar.
Klein Eden het slaapplek vir tot 36 gaste. Sommige wooneenhede is ook toegerus met ’n slaapbank vir ’n ekstra persoon.
Besoekers kan die vyf luukse kampplekke bespreek, elk met sy eie badkamer, ’n warm stort en ’n private braai-area.
Vir diegene wat nie ’n tent het nie maar graag wil kamp, is daar ’n goed toegeruste tentkamer beskikbaar.
Die gasteplaas het ’n winkel, ’n restaurant met ’n pizza-oond en nuutgeboude kroeg. Etes moet vooraf bespreek word volgens dieetvoorkeure.
Die moderne konferensiegeriewe by Klein Eden het plek vir minstens 40 mense en kan vir vergaderings, spanbou-uitstappies, jaareindfunksies, troues, verjaardagpartytjies of enige ander spesiale geleenthede gebruik word.
Gaste kan by die swembad ontspan en van die trampolien gebruik maak.
’n Speelpark vir die kinders, asook ’n wye verskeidenheid van aktiwiteite, waaronder boogskiet, staproetes langs die Omarururivier op die plaas, voëlbesigtiging en plaasritte is beskikbaar.
Besprekings kan by [email protected] gedoen word.