Geen salarisse vir hotelwerkers

Unie gee nie gehoor

04 February 2021 | Labour

René Garny; Bestuurder; “Dit raak ons almal.”

Swakopmund • [email protected]


Werknemers van die Swakopmund Hotel & Vermaaklikheidsentrum het vanoggend ’n petisie aan ’n hotelbestuurder, René Garny, oorhandig.

Die groep is reeds 10 maande sonder ’n inkomste ná die hotel tydens die Covid-19-pandemie bedrywighede gestaak het.

In die petisie gee werknemers die bestuur van beide aandeelhouers – die Suid-Afrikaanse maatskappy Legacy Hotels & Resorts en TransNamib – drie dae om hulle van aangesig-tot-aangesig te ontmoet.

Garny het gesê hy kan nie namens die hotel of aandeelhouers kommentaar lewer nie, maar het wel gesê die kwessie “raak almal”.

Die hotelwerkers meen hierdie probleem het nie weens die pandemie onstaan nie, maar is dit eerder die eindproduk van ’n magstryd tussen die aandeelhouers.

Die groep het op 7 Januarie 2021 ’n brief ontvang wat aanvoer dat die aanpassing van werksure, en uiteraard salarisse, nie moontlik sal wees nie.

“Hierdie is nie moontlik nie weens ’n gebrek aan geld as gevolg van ’n verskil tussen die aandeelhouers,” het Pieter Loubser, die personeel- en opleidingsbestuurder van die hotel, geskryf.

Volgens Loubser se brief het ’n hofsaak tussen die twee partye op 10 November verlede jaar ten gunste van Legacy beslis, maar TransNamib het toe die proses vertraag deur op 15 Desember te appéleer.

TransNamib se woordvoerder, Abigail Raubenheimer, sê dat die nasionale karwyer nie betrokke is by die alledaagse besluite van die hotel nie.

“Ons het empatie met die werknemers se situasie. [Maar] as ’n aandeelhouer is TransNamib nie betrokke by die dag-tot-dag besluite wat die bestuur van die hotel bepaal nie. Ons hoop dat die hangende hofsaak so gou as moontlik opgelos sal word sodat ons die groep se probleme kan aanspreek.”

Die werkers voer aan dat hulle nie meer kan oorleef nie; dat daar weens wanbetaling op hul meubels en huishoudelike toestelle beslag gelê is.

“Meeste van ons het gesinne en kinders wat moet skool toe gaan. Hoe verduidelik ons vir ons kinders dat daar nie geld is om skryfbehoeftes en uniforms te koop nie? Hoe sê ons vir ons kinders wat verlede jaar goeie punte behaal het in matriek, dat hulle by die huis moet sit omdat daar nie geld is vir registrasiefooie nie?” wou Richard Haoseb, een van die werkers, weet.

Die groep skryf in hul petisie dat hul kontrakte met die hotel hulle verbied om elders werk te soek.

Sout in wonde

Die werkers sê voorts die Namibiese Voedsel- en Verwante Werkersunie (NAFAU) het hulle in hierdie tyd afgeskeep. “Ons het met die polisie gereël om ’n vreedsame optog te hou, maar toe ons die verkeersdepartement bel, het hulle gesê die aksie is deur iemand by NAFAU afgestel,” sê Haoseb

Hy meen egter die groep sal sonder NAFAU voortgaan indien die unie nie bystand wil bied nie.

“Sou die aandeelhouers nie aan ons eise gehoor gee nie, sal julle ons gesigte elke dag sien tot julle moeg is vir ons. Ons sal geraas maak met of sonder NAFAU.”

Similar News

 

Best Cheer workers on strike

1 week ago - 12 April 2021 | Labour

Karibib A strike was staged at Best Cheer Investments on Monday in a bid to draw attention to the plight of workers at...

Basic income grant immediately feasible

1 month - 11 March 2021 | Labour

Windhoek ∙ [email protected] of a basic income grant (BIG) for Namibia say not only is its immediate implementation feasible but warn that without a BIG...

Hotelwerkers kry geen gehoor

1 month - 27 February 2021 | Labour

Swakopmund • [email protected] Werknermers van die Swakopmund Hotel en Vermaaklikheidsentrum het ’n paar weke gelede ’n vergadering met die topbestuur van TransNamib en...

NFCPT workers still on strike

1 month - 26 February 2021 | Labour

Walvis Bay •[email protected] Employees of the Namibia Fish Consumption Promotion Trust (NFCPT) across the country are still on strike after the deal proposed...

Strike action threatened at Best Cheer

1 month - 24 February 2021 | Labour

Swakopmund • [email protected] The regional office of the Miners Worker’s Union (MUN) in western Namibia is disappointed by “Best Cheer Investments Namibia’s deliberate...

NFCPT workers strike over wages

2 months ago - 13 February 2021 | Labour

Walvis Bay •[email protected] Employees of the Namibia Fish Consumption Promotion Trust (NFCPT) are on a nationwide strike after wage negotiations reached a deadlock on...

‘Working conditions deplorable’

2 months ago - 04 February 2021 | Labour

UIS The management of Uis Tin Mine denied allegations of unfair labour practices, nepotism, substandard facilities and alleged safety breaches at the...

Community prevents USave from operating

3 months ago - 18 January 2021 | Labour

Swakopmund • [email protected] Community members of Mondesa and the Affirmative Repositioning (AR) party cadres joined aggrieved workers of the Shoprite - Checkers Group in...

AR stands alongside NAFAU in Shoprite strike

3 months ago - 14 January 2021 | Labour

The Affirmative Repositioning (AR) movement has combined forces with the Namibian Food and Allied Workers’ Union (NAFAU) in support of Shoprite workers during their industrial...

Swakopmund community joins Shoprite workers protest

3 months ago - 11 January 2021 | Labour

Swakopmund • [email protected] Affirmative Reposition (AR) Swakopmund denies that violence broke out at the U-Save shop in Mondesa.This came after residents and members of...

Latest News

Buccaneers Summer League 21 concluded

11 hours ago | Sports

The final round of the Buccaneers Summer League tournament was played on 10 April, with congratulations going to Brandon Grane who defeated everyone in the...

LeSean Elshadai drops EP in...

12 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Recording artist Clinton “LeSean Elshadai” Mulenga and Jonathan “Johnny Be Good” Luvindao recently released the EP (extended play) project Kaliyuga with...

Choose your most inspiring moment...

12 hours ago | Sports

Sports fans around the globe can be part of next month’s Laureus World Sports Awards by voting in an online poll to pick the Laureus...

Maria Nepembe triumphs at Zikomo...

12 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Namibian socialite and entrepreneur Maria Nepembe scooped three accolades at the Zikomo Awards that took place in Lusaka, Zambia, recently.Nepembe took...

CFC extends its lead

13 hours ago | Sports

The second round of the 2021 Bank Windhoek Fistball League saw Cohen Fistball Club (CFC) defeat hosts and rivals Sport Klub Windhoek (SKW) with a...

Moving farewell over the Namib...

13 hours ago | Local News

Swakopmund As a symbol of respect and in line with the wishes of Hans Burkhardt who died at the beginning of the year, several...

‘Zero Hour’ set to premiere

13 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund The short film Zero Hour premieres at the Mondesa Multi-Purpose Centre on Thursday at 18:30.“In this 10-minute short film, 22-year-old recent graduate Mbakoo...

Local visual arts sector is...

13 hours ago | Art and Entertainment

The Bank Windhoek Triennial 2020 Awards ceremony and exhibition opening takes place on Thursday (22 April 2021) at 16:00. With 491 submissions received of which...

Nande eet Rössmund vir brekfis...

1 day - 22 April 2021 | Sports

Likius Nande het met tien houe gewen toe Rössmund-klub buite Swakopmund vir die tweede keer die Standard Bank Swakop Ope aangebied het, as deel van...

Load More