Geen genade vir dronkbestuur

Bestuurders wat hul skuldig maak aan dronkbestuur, verkeersreëls verontagsaam of onpadwaardige voertuie gebruik, sal die gevolge dra.

17 December 2019 | Crime

Walvisbaai





Dertien mense is vir dronkbestuur in die Erongostreek aangekeer.

Volgens ao. Ileni Shapumba, bevelvoerder vir gemeenskapspolisiëring, is agt voorvalle op Walvisbaai aangeteken, vier op Swakopmund en een op Karibib.

In een voorval het die bestuurder van ’n motor wat by die Swakopmund-padblokkade op die B2 aangekeer is, glo remvloeistof gedrink om ’n toets vir alkohol in sy bloedstroom te probeer fnuik.

“Hy het positief getoets en is toe beveel om sy motor te verlaat sodat ’n verdere toets gedoen kon word,” het Shapumba gesê. “Toe hy begin siek voel, het hy die polisiebeamptes vertel wat hy gedoen het en hy is na ’n hosptaal op Swakopmund geneem. Sy toestand is bestendig,” het Shapumba gesê.

Saterdag het ‘n bestuurder wat vermoedelik onder die invloed was, beheer oor sy voertuig verloor en op die Hentiesbaaipad in ’n ander voertuig vasgejaag. Die bestuurder het ernstige beserings opgedoen. Hy is eers na ’n hospitaal op Swakopmund geneem en is Sondag na Windhoek oorgeplaas. Die ses mense in die ander voertuig het geringe beserings opgedoen.

Verskeie bestuurders wat nie in besit was van hul rybewyse nie en ander verkeersreëls verontagsaam het, is ook in hegtenis geneem en aangekla.

Borgtog vir iemand wat vir dronkbestuur toegesluit word, beloop N$8 000 vir Namibiërs en N$9 000 vir buitelanders.

“Slegs een persoon het op Swakopmond borgtog betaal en ses van die agt mense wat op Walvisbaai in hegtenis geneem is. Almal wat vir dronkbestuur aangekeer is, woon aan die kus,” het Shapumba gesê.

Hy het bygevoeg daar is ’n toename in voertuie met vervalde lisensieskywe.

“Altesaam 22 persone is vir dié oortreding op Swakopmund aangekla en een op Karibib. Dit is ’n ernstige oortreding en diegene wat hulle daaraan skuldig maak, kan agter tralies beland totdat hulle voor ’n hof verskyn.”

Volgens Shapumba was daar dusver geen ernstige motorongelukke in die streek nie.

“Dit is egter noodsaaklik dat bestuurders by die verkeersreëls hou. Elkeen moet verantwoordelik optree sodat ons hierdie probleem saam die hoof kan bied.”

Shapumba het vakansiegangers aangeraai om lank voor die tyd hul reis te beplan en te verseker dat voertuie padwaardig is.

“Bestuurders van voertuie met verslete bande gaan beboet word. Daar word ook van hulle verwag om die verslete band of bande te vervang voordat hulle verder kan reis.”

Sakmesse wat in die besit van mense op straat en by drinkplekke gevind is, is deur lede van die polisie in Kuisebmond gekonfiskeer. “Ons vermoed die messe word gebruik om misdade, veral rooftogte en aanrandings, te pleeg,” het Shapumba gesê.

Die polisieoptrede is deel van die voortgesette Operasie Kalahari-woestyn.

Similar News

 

Samherji vessel seized for a second time

1 week ago - 09 February 2020 | Crime

Walvis Bay • [email protected] The Samherji-linked vessel, Heinaste, was seized again by Namibian authorities on Friday as part of the ongoing Fishrot case....

Heinaste captain sentenced

1 week ago - 05 February 2020 | Crime

Walvis Bay • [email protected] The captain of the fishing vessel Heinaste, Angrimur Brynjolfsson (67), was sentenced to a fine of N$950 000 or...

Stolen cattle recovered

2 weeks ago - 31 January 2020 | Crime

Otjimbingwe Various cases of stock theft have been reported in the Otjimbingwe settlement this month. However, a number of animals were recovered by members...

Pastor remains behind bars

3 weeks ago - 22 January 2020 | Crime

Walvis Bay • [email protected] Marvin Damaseb (39), a pastor of Holy Ghost Fire Ministries in Walvis Bay, remains in custody on charges of kidnapping...

Gruwelweek vir streek

1 month - 11 January 2020 | Crime

Swakopmund · Iréne-Mari van der WaltMasen Awaseb (28) is Vrydag (10 Januarie) dood toe die 22-jarige Kondjeni Mwatukange na bewering met ‘n bakkie in ‘n...

Cellphone robber arrested

1 month - 08 January 2020 | Crime

Walvis Bay · [email protected] of the suspects involved in a robbery in Walvis Bay on Tuesday was arrested in Kuisebmond earlier today. The Namibia Police...

Brutal murder shocks Swakopmund

1 month - 23 December 2019 | Crime

Swakopmund · [email protected] A 38 year old man, Erasmus Nekonga was murdered in Swakopmund’s Mondesa township on Saturday morning while sitting in his car.According...

Stolen cattle retrieved

2 months ago - 12 December 2019 | Crime

Karibib Erongo community policing commander Ileni Shapumba confirmed that members of the Namibian police, reservists and the Karibib District Watch successfully retrieved 13...

Demonstration against corruption hijacked

2 months ago - 10 December 2019 | Crime

Walvis Bay • [email protected] Hundreds of people took to the streets of Walvis Bay on foot and by car to demonstrate against corruption.The...

Headmaster arrested for corruption

2 months ago - 05 December 2019 | Crime

Swakopmund A 39-year old former headmaster of Vrede Rede Primary School, Lizette Hedwig Fisher-Lucas, was arrested on a charge of theft after she allegedly misused...

Latest News

Kickboxers awarded

13 hours ago | Sports

Walvis Bay • [email protected] The Namibia RCFAI & Kickboxing Academy hosted their annual prize-giving ceremony recently. The club was established in 2016 and...

Bumpy road ahead

2 days ago - 14 February 2020 | Infrastructure

Swakopmund • [email protected] The Cross Border Road Transport – Regulators’ Forum (CBRT-RF) gathered at the Seaside Hotel to discuss progress over the two years...

Athletics season promises great action...

2 days ago - 14 February 2020 | Sports

Walvis Bay •[email protected] The athletics season is in full swing along the coast and right around the corner is the Zonal athletics meet....

Low water levels affecting health

4 days ago - 12 February 2020 | Local News

The Karibib municipality has sent out an official warning about its water supply. In a media statement, the municipality said that the low levels of...

Options are running out

4 days ago - 12 February 2020 | Infrastructure

Swakopmund • [email protected] “The threat to Windhoek remains a reality. We just don’t have enough water,” said NamWater’s managing director, Abraham Nehemia, during a...

Korrupsie in die kollig

4 days ago - 12 February 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Lede van die publiek het verlede Vrydagaand (7 Februarie) in die Tamariskia gemeenskapsaal op Swakopmund vergader om die Fishrot-skandaal te bespreek....

Skuiling vir dierevriende

6 days ago - 11 February 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Donna Collins is geen vreemdeling wanneer dit kom by hulpverlening aan diere nie. Met die koms van die nuwe...

Vandale saai verwoesting

6 days ago - 11 February 2020 | Local News

Walvisbaai Die munisipaliteit van Walvisbaai het inwoners versoek om te help om voorvalle van vandalisme in die hawestad te voorkom. “Vandalisme hou groot gevare vir...

Turn your passion into a...

6 days ago - 11 February 2020 | Education

SwakopmundThe 2020 academic year at the COSDEF Arts and Crafts Centre officially commenced while the registration process is on-going. The trainees’ induction and placement in...

Load More