Geen einde aan familie se pyn, lyding

'n Walvisbaaise gesin sukkel om afskeid te neem van 'n familielid wat aan Covid-19 dood is.

14 September 2021 | Local News

Theresa van der Merwe; Dogter; “Haar liggaam lê nou al meer as 80 dae by die lykshuis op Walvisbaai.”

Walvisbaai



Me. Theresa van der Merwe het meer as twee maande gelede haar ma aan die dood afgestaan weens Covid-19, maar wag nog steeds om haar ter ruste te lê.

“Haar laaste wens was om veras te word. As gevolg van 'n fout by die krematorium in Windhoek, kan haar wens steeds nie vervul word nie. Haar liggaam lê nou al meer as 80 dae by die lykshuis op Walvisbaai.”

Die familie het 'n ruk gelede, voor die heengaan van me. Wilhelmina Elizabeth Viljoen (eggenote en moeder) ook 'n ander familielid, mnr. Ruben Alexander (broer), aan die dood afgestaan.

“Ons het duisende dollar uitgegee om vir Ruben te begrawe en nou verwag die staat ons moet N$150 per dag vir meer as 80 dae betaal om die liggaam van ons ma te kry waar sy tans by die lykshuis geberg word.”

Van der Merwe sê haar familie is ná die begrafnis van haar broer finansieel lamgelê.

“Nou het ons met nog meer emosionele trauma te doen. Waar kry ons die duisende dollar om te betaal? Dit is nie regverdig nie, want dit is nie ons skuld die krematorium het gebreek nie. Dit wil vir ons voorkom asof die staat ons wil dwing om ons ma eerder te begrawe.”

Die direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het op navraag gesê dit is 'n nuwe wending waarna beslis gekyk moet word.

“Ek kan my nie nou oor die weg vorentoe uitlaat nie, want ek moet eers met my kollegas konsulteer. Ons het dit nog nie bespreek nie, maar daar is altyd 'n manier.”

Die families van pasiënte wat in 'n staatshospitaal dood is, word vir die eerste week van lykshuisfooie kwytgeskeld; daarna kos dit N$10 per dag.

Die families van private pasiënte wat in 'n staatshospitaal sterf, moet egter N$100 per dag opdok en N$150 vir diegene wat nie in 'n staatshospitaal dood is nie.

Nangombe het mediese superintendente en senior mediese personeel in beheer van mediese staatsgeriewe reeds in korrespondensie van 27 Julie aangesê om uitstaande fooie te verhaal.

Hy het ook aan amptenare uitgewys volgens die regulasies van die Mediese Wet nommer 36 van 1994 is hulle gemagtig om 'n liggaam in die staatslykshuis wat nie binne 14 dae opgeëis word nie, in die naaste begraafplaas te begrawe.

“Dit is nodig en moet gedoen word weens die druk wat Covid-19-sterftes op lykshuise plaas.”

Me. Anna Jonas, direkteur van gesondheid in die Erongostreek, het die stand van sake bevestig en administratiewe hoofde in korrespondensie gedateer 3 Augustus, daarop gewys die aanbevelings van Nangombe is ook van toepassing op mense wat aan Covid-19 dood is.

“Die aanbevelings moes geïmplementeer word en daar moet veral aandag geskenk word aan die inhoud van paragraaf vyf wat handel oor onopgeëisde liggame.”

Similar News

 

World Food Day supported

1 day - 15 October 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Hodago Fishing handed over 25 food parcels to the office of the governor, in support of World Food Day that...

Blue Economy draft policy consultations on the go

3 days ago - 13 October 2021 | Local News

Walvis Bay •[email protected] Consultative workshops with various stakeholders for the development of Namibia's sustainable Blue Economy policy are taking place across the country.The...

Matutura kry parke

4 days ago - 12 October 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Drie speelgronde in Matutura is Woensdag deur die burgemeester van Swakopmund, me. Louisa Kativa, ingehuldig.Tydens die geleentheid wat by een van...

Namport cares

5 days ago - 12 October 2021 | Local News

Namport donated 100 parcels containing ‘basic dry food’ to the office of the Erongo governor on Tuesday, 5 October. The gesture was done...

Weduwees, Ehika bereik kompromie

5 days ago - 12 October 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] ’n Groep visser-weduwees en Ehika Fishing het hul verskille uitgestryk. Volgens Rojo van Wyk, ’n stigterslid van die Fishermen...

Streef na ’n skoner Walvisbaai

5 days ago - 12 October 2021 | Local News

Walvisbaai Die munisipaliteit van Walvisbaai het onlangs 123 beton-asdromme ter waarde van N$80 000 bekom en op strategiese plekke oraloor die hawedorp geplaas. Die...

Westside reis nou in styl

5 days ago - 12 October 2021 | Local News

Michelline Nawatises • [email protected] Ho?rskool Westside wat meer as 1 200 leerlinge akkommodeer, het twee maande gelede ’n 16-sitplekbus aangeskaf....

Parliament to host public hearings on abortion

5 days ago - 11 October 2021 | Local News

Windhoek • [email protected] Namibians in favour of reproductive justice and abortion law reform and those battling to retain Namibia’s restrictive abortion law will be...

Mattresses and blankets donated to school hostels

6 days ago - 10 October 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] The office of the governor recently donated 32 matrasses and 64 blankets to the directorate of education, in a bid...

Stinky water flood premises

1 week ago - 09 October 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Residents of Tamariskia voiced their discontent about sewage water spilling into their premises and homes.Upon visiting Brockerhoff Laan, a resident who...

Latest News

Martial arts action at The...

17th of October 15:21 | Sports

Swakopmund • Leena Ndakevondjo The Namibian Karate Federation (NKF) held its first National championship in two years due to Covid-19 that brought a...

Hileni Tjivikua is on a...

17th of October 14:56 | Business

Windhoek • Rivaldo Kavanga Hileni Tjivikua began her journey as the managing director of the Automobile Association of Namibia (AA Namibia) in 2014 and...

Two in a row for...

15 hours ago | Sports

Woermann Brock Hardware & Building Supplies lifted the Namib Diesel Social League 2021 trophy for the second consecutive year.Namib Diesel sponsored the tournament and Jaco...

First-ever career week at Duinesig

16 hours ago | Education

Swakopmund • [email protected] Duinesig High School hosted its first-ever career week from 11 to 15 October. Universities and colleges joined forces as exhibitors and...

Volkswagen Caddy to retail in...

16 hours ago | Motors

Volkswagen Commercial Vehicles will be launching the new Caddy in South Africa from November 2021. The Caddy was first launched in the local...

Vaccination uptake not satisfactory ...

16 hours ago | Ministries

The number of new Covid-19 infections have significantly decreased in the past few weeks. Health minister Dr Kalumbi Shangula stated that the decline in...

Blue Waters up against Pro-Ed...

22 hours ago | Sports

Blue Waters will face Pro-Ed Old Boys Cricket Club I in the final of this year’s edition of the Coastal T20 Cricket League.Helmut Mack confirmed...

Elderly person murdered

1 day - 16 October 2021 | Crime

The police are appealing for help from the public to find the suspects wanted in connection with a murder and a housebreaking with intent to...

Kudus II ready for Unam...

1 day - 15 October 2021 | Sports

Walvis Bay •[email protected] The FNB Kudus II team will meet the University of Namibia (Unam) II in a Namibia Rugby Union (NRU) reserve...

Load More