Gastehuis gaan ­kusdorp ophelder

Twaalf jaar ná Bernie Volkmann 'n erf met 'n seeuitsig gekoop het, is die bou van 'n gastehuis nou aan die gang.

25 August 2020 | Business

Bernie Volkmann; Eienaar; “Die idee is dat die huisies se kleur die oog moet vang.”

Swakopmund • [email protected]



'n Welkome en kleurvolle ­verandering kom vir Swakopmund se silhoeët - en dít te danke aan Bernie Volkmann se nuwe gastehuis.

Volkmann sê die idee om 'n gastehuis op sy eiendom in Strandstraat op te rig spook al by hom vandat hy dit in 2008 gekoop het. Hoewel die idee altyd in sy agterkop was, het hy vir homself gesê hy sou daaraan aandag skenk wanneer hy tyd het omdat hy dit graag op sy eie wou doen.

En nou is die tyd uiteindelik reg.

Die gebou se argitektuur herinner aan Engelse vakansiehuisies en word teen 'n geskatte N$10 miljoen opgerig.

Volkmann sê hy poog om met die gastehuis 'n bietjie kleur aan Swakopmund se bestaande silhoeët te verskaf.

“Die gastehuis se argitektuur is ietwat jolig met die verskillende ­huisies in verskeie kleure. Die idee is dat die huisies se kleur die oog vang. Dit is hoekom die grondvloer, wat een eenheid is, redelik effekleurig is van buite. Ek wil hê dit moet soos verskeie losstaande huisies lyk en daarom het elke huisie ook sy eie dak. Indien ons alles onder een dak gehou het, sou dit soos een groot gebou lyk,” sê Volkmann.

Die 12 jaar se wag is volgens hom 'n bedekte seën.

“In die tyd het die boubeperkings, met betrekking tot hoogtebeper­kings verander en daarom het ek nou meer kreatiewe spasie gehad om in te werk wat die argitektuur betref.”

Ongelukkig kon selfs die kleur­volle gastehuisies nie die impak van die Covid-19-pandemie vryspring nie, sê Volkmann.

“Ons het die toestemming om die gastehuis te bou die dag ontvang wat die eerste inperking aangekondig is en daarom het ons die bouproses uitgerek. Ons planne nou is om die 'dop' te voltooi en dan die binnekant in stadiums te voltooi.”

Volkmann sê hy is deeglik bewus dat die toerismebedryf nie gou weer op die been sal wees nie. “Ons verwag dat toerisme eers weer volgende jaar sal optel, en selfs dan sal ons baie stadig op dreef kom.”

Similar News

 

Restaurantbedryf langs die kus toon tekens van herstel

4 days ago - 24 October 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] Restauranteurs aan die kus sê dat hulle kwale stadig maar seker besig is om ’n onaangename herinnering te word ná die...

Designed to support local

2 weeks ago - 13 October 2020 | Business

The Buy Local Grow Namibia campaign which was officially set in motion on 1 October 2020, continues to gain momentum.The campaign which is set to...

#GrowYourBusiness talks launched

2 weeks ago - 13 October 2020 | Business

Standard Bank Namibia and the Namibia Economist launched series of online #GrowYourBusiness talks to inspire business owners and provide them with guidance, monitoring and management...

New life breathed into old mine

3 weeks ago - 07 October 2020 | Business

Swakopmund • Erwin LeuschnerDiamond company Namdeb announced the successfully sale of the Elizabeth Bay mine to Sperrgebiet Diamond Mining (SDM), a subsidiary of the Lewcor...

Op die oewer van die Omarururivier

3 weeks ago - 06 October 2020 | Business

Omaruru Die Rivendell-veiligheidsdorp op Omaruru word op die oomblik teen ’n beraamde koste van N$30 miljoen opgerig. Wanneer dit voltooi is, gaan dit uit...

Gholflandgoed vir hawedorp beplan

3 weeks ago - 06 October 2020 | Business

Die bestuurskomitee van die Walvisbaaise munisipaliteit is ten gunste daarvan dat grond aan President's Links Estate beskikbaar gestel word vir die ontwikkeling van 'n gholflandgoed...

Nantinda leads in uncharted waters

3 weeks ago - 06 October 2020 | Business

Lüderitz The general manager (GM) of Hangana Abalone, Aune Nantinda joined the O&L team as production manager at Hangana Seafood last...

Teachers thanked with free flight tickets

3 weeks ago - 05 October 2020 | Business

On the occasion of World Teacher’s Day, Qatar Airways gives away 21 000 complimentary tickets to teachers to thank them for their vital work in...

Support for 2021 census

3 weeks ago - 04 October 2020 | Business

Old Mutual handed over a sponsorship of N$120 000 to the Namibia Statistics Agency as a means to mobilise Better Data, Better Decisions and Better...

Sage by Dee remembers Walvis Bay ordeals

4 weeks ago - 30 September 2020 | Business

Walvis Bay • [email protected] Sage by Dee recently released its latest range of watches called Walvis Bay Closet Essentials Seasonal.The watch brand is owned...

Latest News

Erongo records three new Covid-19...

2 hours ago | Health

The health minister Kalumbi Shangula announced 77 new Covid-19 cases and 51 recoveries on Wednesday afternoon. He said that 1 115 results were received from...

Old guard must go and...

2 hours ago | Politics

Windhoek · [email protected] Bay Urban constituency councillor Knowledge Ipinge, who is vying to retain his seat in the upcoming local and regional authority elections, says...

Rugby Africa concludes solidarity campaign

2 hours ago | Sports

Rugby Africa announced the immediate release of €170 000 from a solidarity fund for its member unions earlier this year. The Rugby Africa Executive Committee...

Breek weg na Omaruru

2 hours ago | Events

Omaruru • [email protected] die ekonomie aan die kus weer op die been is te danke aan ’n toestroming van binnelandse besoekers, moet inwoners en besighede...

NaTIS arrives in Arandis

1 day - 27 October 2020 | Infrastructure

Arandis The deputy minister of Works and Transport Veikko Nekundi officially opened a NaTIS office in Arandis today. Nekundi said that the realisation...

Six new Covid cases for...

1 day - 27 October 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 54 new Covid positive cases and 65 recoveries. Shangula explained that 531 Covid-19...

Law enforcement officers ready for...

1 day - 27 October 2020 | Sports

Walvis Bay The Erongo Law Enforcement Sports Association (ELESA) host the 5th edition of the Law Enforcement Sports Tournament at Jan Wilken Sports...

Swierige matriekafskeid

1 day - 27 October 2020 | Events

Hoërskool Duneside se matriekafskeid het Saterdag by die Hotel Atlantic op die hawedorp plaasgevind. Veertien matrikulante het die geleentheid met die tema “MET Gala” bygewoon...

Pophuis bou is nie speletjies

1 day - 27 October 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected]'n Inwoner van Swakopmund het tydens 'n finansiële verknorsing as 'n toevlug hom na die maak van pophuise gewend. Koster Cronje sê hy...

Load More