Frankryk wink vir plaaslike karateka

Twee plaaslike karateka gaan die land op internasionale vlak verteenwoordig.

08 June 2021 | Sports

Louisa Kativa; Burgemeester; “Om te gee gaan nie oor ’n skenking nie, maar om ’n verskil te maak.”

Swakopmund







Parys se liggies wink vir twee plaaslike karateka.

Keanu Stuurman (21) en Mayvonne Swart (19) van Swakopmund sal vanaf 11 tot 13 Junie ’n Olimpiese kwalifiseringstoernooi in dié Franse hoofstad bywoon.

Die ontwikkelingsfonds van die Swakopmund-burgemeester en plaaslike weldoeners - wat vir hul reis- en verblyfskostes betaal - maak hul deelname moontlik.

“Die munisipaliteit van Swakopmund ondersteun jeug- en sportontwikkeling ten volle. Keanu en Mayvonne is deel van ons gemeenskap en ware ambassadeurs vir ons dorp, die streek en die land. Om te gee gaan nie oor ’n skenking nie, maar om ’n verskil te maak,” het die burgemeester, me. Louisa Kativa, gesê toe die twee karateka by haar besoek afgelê het om hul dank uit te spreek.

Die uitstaande bedrag om Keanu in staat te stel om na Frankryk te reis, is deur die weldoeners Gudrun en Isabelle Bellwinkel (inwoners van Swakopmund) geskenk ná raadslid Claus Goldbeck hulle genader het.

Ná ’n kort praatjie deur Sugnet Smit van The Dome op Kosmos Radio en ’n versoek aan luisteraars om tot Keanu se sakgeld by te dra, het die Rotary Swakopmund ’n koevert met kontant aan The Dome Gym gestuur met die woorde: “Vir die Karate Kid”.

Die Namibiese Karate Vereniging het finansiering vir twee van die top-4 verkose atlete beskikbaar gestel.

Stuurman en Swart, wat in die derde en vierde plekke aangewys is, moes hul eie finansiering (ongeveer N$45 000 per atleet) insamel.

Toegewyde sportman

Stuurman is die afgelope drie jaar een van The Dome se Elite Athletic-spanlede.

Hy is ’n toegewyde sportman en presteerder en sê sy doelwit vanjaar is om vir Namibië te kwalifiseer en die land by die Olimpiese Spele in Tokio te verteenwoordig.

Sy passie vir karate het hom die geleentheid gegee om aan die komende Olimpiese kwalifiseringstoernooi in Parys deel te neem.

Keanu beoefen die afgelope 14 jaar (vandat hy 7 jaar oud is) karate en sy daaglikse roetine bestaan uit vier tot ses uur se oefening per week saam met Sensei Valdemar Swart, eienaar en Dojo-hoof van Shotokan Karate Academy International (SKAI) op Swakopmund.

Swart is sedert dag een Keanu se afrigter en die SKAI Swakopmund Dojo ondersteun hom finansieel vir karate-oefensessies. Keanu kombineer sy opleiding met twee sessies in The Dome Gym.

Sedert hy met karate begin het, was sy droom om Namibië op Wêreld Karate Federasie-vlak te verteenwoordig. Om aan die Olimpiese kwalifiserende byeenkoms deel te neem, sal ’n bewys wees dat die ware grondbeginsels van karate as ’n sport hom op sy pad gelei het.

Hy is ook een van die atlete wat voordeel trek uit die Swakop Karate Sosiale Fonds, wat ’n inisiatief van SKAI Swakopmund is om atlete te ondersteun wat internasionaal deelneem.

The Dome Academy ondersteun Keanu die afgelope paar jaar met gimnasiumlidmaatskap, opleiding en studiegeld sowel as mentorskap as deel van hul jeugontwikkelingsprogram.

Ons glo dat internasionale blootstelling sy talent sal versterk om ’n hoër vlak van vir hom as persoon en vir ons land te bereik,” sê me. Ulla Finkeldey, direkteur van The Dome Academy en ook Keanu se professionele afrigter en mentor.

Similar News

 

Calls to rename UNAM Stadium after late Jeffery

4 hours ago | Sports

Windhoek • [email protected] Former UNAM FC head coach Woody Jacobs says it would be fitting for the UNAM Stadium in Pioneers Park in...

Looser talks mental health

6 days ago - 17 June 2021 | Sports

Windhoek ∙ [email protected].com Namibian elite cyclist Vera Looser took to social media to announce that she has been taking time out to focus on...

Wilro neem voortou met eerste uitstappie

6 days ago - 17 June 2021 | Sports

Omraruru ∙ Tielman van Lill Nadat die laaste vorige motortydren in die land verlede jaar in November aangebied was, het Wilro Dippenaar Saterdag...

Nedbank Desert Dash online entries open

1 week ago - 13 June 2021 | Sports

Registration for the 2021 edition of the Nedbank Desert Dash opened last next week.“2020 was a watershed year for us in terms of hosting a...

Walvis Bay Golf Club news

1 week ago - 13 June 2021 | Sports

Round Table 36 invites golfers to enter one or more teams in the Walvis Bay Round Table 36 Golf Day on 9 July 2021 in...

Golf action at Rössmund

1 week ago - 11 June 2021 | Sports

Three tournaments were recently concluded at Rössmund Golf Club. The Betterball Stableford golf tournament sponsored by Standard Bank took place on 22 May and...

Rugby dealt serious blow

1 week ago - 10 June 2021 | Sports

Windhoek ∙ [email protected] Namibia Rugby Union (NRU) president Corrie Mensah says they have requested the Rugby Gold Cup Pool A competition to be postponed...

Dorgeloh, Savage tops at Namibia Nationals Squash Open

2 weeks ago - 08 June 2021 | Sports

Swakopmund • [email protected] Emil Dorgeloh and Judy Savage emerged as the winners at the adrenaline-packed Visions Consulting Namibia National Squash Open that took...

‘Everyone Wins’ campaign celebrates the power of sport

2 weeks ago - 06 June 2021 | Sports

Laureus, the global sporting movement that believes sport has the power change the world, is launching a new Everyone Wins campaign to drive engagement, raise...

The champagne’s on ice – Hamata

2 weeks ago - 05 June 2021 | Sports

Windhoek ∙ [email protected] Local football pundit Isack Hamata said Brave Warriors and Mamelodi Sundowns forward Peter Shalulile has what it takes to...

Latest News

Calls to rename UNAM Stadium...

4 hours ago | Sports

Windhoek • [email protected] Former UNAM FC head coach Woody Jacobs says it would be fitting for the UNAM Stadium in Pioneers Park in...

Motion tabled to rescind selling...

4 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] A motion to rescind a council resolution made in 2014 in terms of Narraville extension 12 and 14 was...

Namport, Meatco sign MOU

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvis Bay The Namibian Ports Authority (Namport) and the Meat Corporation of Namibia (Meatco) recently signed a Memorandum of Understanding (MoU).The two entities aim...

Seidler wen sy 'doodstryd' na...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Tielman van Lill – Phillip Seidler het die eerste Namibiër in die geskiedenis geword wat die Olimpiese Spele in die oopwaterdissipline oor 10 kilometer kwalifiseer.In...

No patient left behind

1 day - 22 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] hospitals across the country are overcrowded – a situation that is described as serious. Thankfully, “we have not yet had to turn...

Sop om die koue te...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Alet Smit is hard aan die werk om 'n sopkombuis op Walvisbaai te begin wat spesiaal vir kinders van spesifiek dié...

Pendeldiens maak 'n verskil

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Om na die gemeenskap om te sien, lê Carlo van der Merwe nog altyd na aan die hart. Te midde van die...

Tides

1 day - 22 June 2021 | Fishing

Tuesday, 22 June Low 07:22 High 13:46 Low 19:34 High 02:00 Wednesday, 23 June High ...

Grumpy’s Fishing Report

1 day - 22 June 2021 | Fishing

•Grumpy Gramowsky Canopy and Maketu’s were the pick of the week. Wow, so many big galjoen and steenbras were caught and brought to shore,...

Load More