Feetjies betower op Swakopmund

Skoonheidskoninginne kraai koning

17 December 2019 | Events

Swakopmund • [email protected]


Charzell Jacobs is die eerste Miss Summer Fairy Junior terwyl Izé-Lene van Wyk as Miss Summer Fairy Senior gekroon is.

Altesame 17 meisies het aan die kompetisie deelgeneem. Die jongste model, Alexis Engelbrecht (2), het die grootste kroon van die aand gewen, naamlik Mej. Debutante.

Die deelnemers het in vier verskillende kategorieë – Miss Tiny Summer Fairy, Little Miss Summer Fairy, Miss Pre-Teen Summer Fairy en Miss Teen Summer Fairy – die loopplank in jeans en t-hemde, kreatiewe drag en aanddrag op en af gestap.

In die kategorie Miss Tiny Fairy, het Donisia Guriras die kroon gewen. Sy is ook as Mej. Persoonlikheid in dié kategorie gekies. Haar eerste prinses is Alexis Engelbrecht terwyl Zia Klein haar tweede prinses is.

In die kategorie Little Miss Summer Fairy, het Charzell Jacobs gewen en is sy ook as Mej. Persoonlikheid gekroon. Haar eerste prinses is Angela Mootseng en Laliq Adams haar tweede prinses.

Drew-Ann Engelbrecht is aangewys as Miss Pre-Teen Summer Fairy en het ook die Mej. Persoonlikheid-titel gewen. Lalitha Majiedt is haar eerste prinses en Shané Venter haar tweede prinses.

In die tiener-kategorie is Izé-Lene van Wyk as Miss Teen Summer Fairy gekroon. Sy is ook as Mej. Persoonlikheid aangewys. Haar eerste prinses is Chantelle van Wyk, en Tammy-Ann Thomas die tweede prinses.

Die mees fotogeniese model in die junior kategorie was Laliq Adams en Chantelle van Wyk in die senior kategorie.

Daar is ook tydens die kompetisie verskeie spesiale toekennings gemaak: Laliq Adams is aangewys as junior Silvermist Fairy en Drew-Ann Engelbrecht as die Senior Silvermist Fairy. Hulle het dié toekenning ontvang ná hulle die grootste skenking aan die plaaslike dierebeskermingsvereninging (DBV) gemaak het. Elke deelnemer moes vir dié doel kat- en hondekos, speelgoed en komberse insamel.

Die Rosetta Fairy-toekenning, wat aan die mees kreatiewe deelnemer toegeken word, is ook in die onderskeie junior en senior kategorieë aan dié twee deelnemers toegeken.

Vir die verkoop van die meeste kaartjies, is Roniece Moalusi as junior Tinker Dust Fairy aangewys en Drew-Ann Engelbrecht het die titel vir senior deelnemers ingepalm.

Die Iredessa Fairy-toekenning is aan Charzel Jacobs (junior) en Innocentia Mukubi (senior) oorhanding omdat hulle die publiek se gunstelinge was.

Die beoordelaars vir die aand was entrepreneur, bemarker en onderwyser Ennie Magson, model en radiopersoonlikheid Olivia Anthea Christians, en die eienaar van ’n plaaslike modelakademie Hayley Schafer.

Similar News

 

Big screen comes to SRT’s aid

3 hours ago | Events

Swakopmund • [email protected] Scientific Society Swakopmund and Save the Rhino Trust screen the award-winning drama Baxu and the Giants on March 3 at 18:00. Entrance...

Swakopmund hosts municipal games

4 days ago - 24 February 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] More than 200 staff members gathered for a fun-filled edition of the Swakopmund municipality in-house games at the Vineta Sports Field...

Swimming for charity

5 days ago - 23 February 2020 | Events

Walvis Bay • [email protected] Twenty-eight swimmers braved the cold Atlantic ocean by swimming from the Walvis Bay lighthouse to the Swakopmund lighthouse on...

Vir vroue, deur vroue

1 week ago - 19 February 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Met vrouebemagtigingsvegters die wêreld oor op ’n missie, het Beatrice Schultz besluit om haar deel vir dié beweging te doen. Dus...

Face of Namibia om die draai

3 weeks ago - 04 February 2020 | Events

Walvisbaai • [email protected] Hierdie jaar se Face of Namibia-ekspo vind vanaf 31 Maart tot 5 April voor die Kuisebmond-stadion plaas. Dit is die vyfde skou...

Geologist makes her mark

4 weeks ago - 31 January 2020 | Events

Doctor Vickey Do Cabo discusses the unusual ride that life took her on during a talk which forms part of the Scientific Society of Swakopmund’s...

Innovasie dryf toerisme skou

1 month - 28 January 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] word tans gemaak vir die Namibië Toerisme Ekspo (NTE), met inligtingsessies wat in uitgesoeke dorpe reg oor die land gehou word.Die NTE...

Groenewald wins scavenger hunt

1 month - 27 January 2020 | Events

Walvis Bay • [email protected] Robert Groenewald won the first scavenger hunt which took place at Dunes Mall. He emerged victorious after collecting 76 points....

Onderwys is die ruggraat van die samelewing ...

1 month - 21 January 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Die tema van Saterdag se maatskaplike verantwoordelikheidsdag aangebied deur Welwitschia Music Production (WMP) was “Wees jouself vir Namibië”. Hande is uitgereik by...

Amoré is Mej. Touchies

1 month - 31 December 2019 | Events

Hentiesbaai Amoré van Schalkwyk het die gesogte Mej. Touchies 2019 titel Donderdag in Hentiesbaai gewen. Die 20-jarige Van Schalkwyk het...

Latest News

Elephant comfortably ‘settled in’

3 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] elephant at Rössmund is a unique attraction, but at the same time golf course management hope the pachyderm will move on.“This is...

Brand saai verwoesting

3 hours ago | Disasters

Hentiesbaai • [email protected] ’n Gedeelte van ’n huis op Hentiesbaai is deur ’n brand verwoes.’n Motorhuis wat omskep is in ’n leefarea waarin Briggite Gertze...

Pastor charged with kidnapping granted...

1 day - 27 February 2020 | Crime

Walvis Bay • [email protected] Pastor Marvin Damaseb allegedly took a girl who is believed to be 13-years old, without her mother’s consent from a primary...

Prayers continue for missing captain...

1 day - 27 February 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The wife of missing Resplendent captain Carlo Gordon says she wants answers to understand what happened to her husband...

Samherji explains retrenchments

1 day - 27 February 2020 | Fishing

Walvis Bay • [email protected] The workers on the Geysir currently fishing in Mauritania, are the only ones to keep their jobs while the rest...

Art therapy awareness

1 day - 27 February 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Art Stop Swakopmund hosted art therapist Jan Joubert for a session on art therapy, which involves the use of creative techniques...

Coronavirus impacts trade

1 day - 27 February 2020 | International

Swakopmund • [email protected] Over 50 delegates from member states are in Swakopmund for the Southern African Customs Union (SACU) meeting of senior trade officials.The...

Tennis triumph

1 day - 27 February 2020 | Sports

Swakopmund The Namibia Tennis Association (NTA) hosted their first tournament of the year at the municipal tennis courts in Vineta and at the Swakopmund Mole...

Tweya lashes out against policies...

2 days ago - 26 February 2020 | Government

Walvis Bay • [email protected] The minister of trade, SME development and industrialisation Tjekro Tweya lashed out against officials who he accuses of holding...

Load More