Face of Namibia om die draai

’n Unieke ekspo wil armoede bekamp deur vroue te leer om onafhanklik te wees.

04 February 2020 | Events

Mary Shikongo, stigter; “Ons het al meer as 15 vroue gehelp om hul ondernemings te registreer.”

Walvisbaai • [email protected]

Hierdie jaar se Face of Namibia-ekspo vind vanaf 31 Maart tot 5 April voor die Kuisebmond-stadion plaas.

Dit is die vyfde skou van sy soort en vir die eerste keer sedert sy ontstaan gaan die ekspo, wat kwesbare lede van die gemeenskap wil help, oor ses in plaas van drie dae strek.

Face of Namibia is in 2010 gestig en was aanvanklik ’n skoonheidskompetisie. Intussen is dit omskep in ’n platform vir die ontwikkeling van vroue en die bevordering van ontluikende entrepreneurs.

Stigter Mary Shikongo sê haar visie is om verandering in die lewens van vroue te bewerkstellig deur hulle te bemagtig.

“Ons doelwit is om armoede die stryd aan te sê. Ons wil in die toekoms ’n rehabilitasiesentrum vir dwelmverslaafdes asook ’n beroepsentrum oprig in die streek, waar ons vroue kan help om toegang tot formele onderwys te bekom.”

Face of Namibia deel ook kennis oor die voorkoming van tienerswangerskappe en MIV/vigs, asook inligting oor veilige seks en geslagsgeweld.

“Ons gee elke jaar tien gratis stalletjies weg aan kwesbare vroue wat direk deur geslagsgeweld geraak is en wat handgemaakte produkte verkoop. Ons het al meer as 15 vroue gehelp om hul ondernemings te registreer. Hierdie jaar wil ons dieselfde doen, asook drie ekstra stalletjies aan onderskeidelik ’n kerk, ’n skool en ’n liefdadigheidsorganisasie beskikbaar stel.”

By die ekspo kan lede van die gemeenskap met maatskaplike werkers en ander organisasies gesels wat hul dienste gratis aanbied. Organisasies wat deelneem, sluit in die Namibia Planned Parenthood Association (NAPPA), die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, JPHIEGO vir gratis besprekings oor besnydenis vir mans en die Namibia Adult Literacy-program.



Uitstallers kom van oral oor Namibië en elders.

Die ekspo bring die gemeenskap byeen en bespreek sakegeleenthede vir die jeug en entrepreneurs.

Die adjunkminister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, me. Aino Kapewangolo, het tydens die bekendstelling van vanjaar se ekspo gesê die oorlog teen talle maatskaplike euwels kan net gewen word as uiterste armoede uitgewis word.

“Die armoedesituasie in baie ontwikkelende lande is uniek; die meerderheid van ons bevolking word daagliks deur armoede gekonfronteer. Hulle het meestal niks te ete nie,” het sy gesê.

Kapewangolo het onderwys en werkskepping as volhoubare maniere uitgesonder om armoede uit te wis.

“Om armoede uit te roei en ongelykheid aan te spreek, verg ’n weldeurdagte benadering sodat ons nie diegene wat in armoede leef agterlaat nie. Namate ons nader kom aan die bereiking van Visie 2030, moet ons ’n balans vind met ’n geïndustrialiseerde land en die massas ophef wat in armoede leef.”

Sy glo dat so ’n balans deur ’n robuuste en volhoubare stelsel van maatskaplike toelaes bereik kan word. Sy het ontluikende entrepreneurs aangemoedig om kreatief te wees as hulle hul sake-idees ontwikkel.

“Dit is net deur innoverende en kreatiewe denke wat ’n mens instaat gestel word om ander te oortref en ’n krag te word om mee rekening te hou.”

Similar News

 

AgriPitch deadline dead ahead

2 days ago - 22 October 2020 | Events

There are just hours to go until the 23 October deadline to enter the African Development Bank’s (www.AfDB.org) AgriPitch Competition. Selected entries by African youth...

'n Aand van glans

4 days ago - 20 October 2020 | Events

Die 33 graad 12-leerders van die Hoërskool Duneside op Walvisbaai het Vrydag tydens 'n ­spesiale seremonie die uitnodigings na hul matriekafskeid ontvang. Die matriekafskeid word...

Afskeid 'n aand van swier en glans

1 week ago - 13 October 2020 | Events

The Dolphin Schools was die eerste skool langs die kus wat hul matriekafskeid Vrydagaand by die Oceans-restaurant op Walvisbaai gehou het. Die tema vir die...

Covid-19 kills Hats & Roses

3 weeks ago - 28 September 2020 | Events

The annual Cancer Association of Namibia Hats & Roses ladies event scheduled for the first Saturday of October in Windhoek, followed by a second event...

Walvis Bay represented at Miss Supranational

3 weeks ago - 27 September 2020 | Events

Walvis Bay •[email protected] Former Miss Walvis Bay Monique Smith is a semi-finalist in the prestigious Miss Supranational Namibia beauty pageant slated to take place on...

Heritage Week embraces ‘new normal’

1 month - 21 September 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Namibian Heritage Week officially started in Swakopmund today (Monday) under the theme “Ombazu Ndjiritutumuna”, which means “Building Cultural Resilience - The New...

Learn to mask it!

1 month - 19 September 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Swakopmund Scientific Society (SSS) announced that it will host a mask-making workshop.According to the SSS’s public relations officer (PRO) Irina Ivanova, both...

Heritage Week to unite community

1 month - 13 September 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Every year, a week on the calendar is dedicated to celebrating Namibia’s heritage. This year’s event will be held under the theme...

Rooi lig flikker vir geleentheidsbedryf

2 months ago - 30 July 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] ’n Groep maatskappye in Swakopmund sal op 1 Augustus kragte saamsnoer met Destination Swakopmund vir die spesiale “United By Light”-geleentheid. ...

Bergavontuur roep

2 months ago - 28 July 2020 | Events

Omaruru • [email protected] Liefhebbers van natuurskoon en avontuur kan uitsien na 'n asemrowende en aksiebelaaide naweek. 'n Belewenis is van 7 tot 9 Augustus by...

Latest News

Cricket festival keeps on going

11 hours ago | Sports

Walvis Bay The annual Coastal Cricket Youth Festival sponsored by Walvis Bay Salt Refiners and hosted by Cricket Namibia, is being hosted for...

Covid’s real impact on the...

1 day - 23 October 2020 | Economics

The Covid-19 pandemic is a crisis like no other, and there was a substantial degree of uncertainty around its impact on lives and livelihoods. “Governments...

Geingob kommentaar ‘nie haatspraak’

1 day - 23 October 2020 | Government

Swakopmund • [email protected] Oomblikke ná President Hage Geingob sy gevoel oor wit stemmers geuiter het, het ’n storm oor sy opmerkings op sosiale media...

Calling all dancers

1 day - 22 October 2020 | Art and Entertainment

Walvis Bay •[email protected] The Namibia Dance Sport Academy is hosting the Global Dance Supreme – Namibia online qualifiers from 1 to 3 November...

Sakkie Tsam in the spotlight...

1 day - 22 October 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Swakopmund born and bred musician Sakkie Tsam officially kick-started his solo music career with the release of his single Nâma...

BC Stone management responds to...

2 days ago - 22 October 2020 | Labour

Walvis Bay • [email protected] Employees of BC Stone Products Namibia handed over a petition to their management, highlighting grievances pertaining to the company’s...

Land for SDFN

2 days ago - 22 October 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] The Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) received land from the Swakopmund municipality to build 31 houses. Speaking at the handover,...

Five new Covid cases in...

2 days ago - 22 October 2020 | Health

Health minister Dr Kalumbi Shangula announced 54 new Covid-19 cases and 22 recoveries. He said that 1 061 results were received from the laboratories and...

AgriPitch deadline dead ahead

2 days ago - 22 October 2020 | Events

There are just hours to go until the 23 October deadline to enter the African Development Bank’s (www.AfDB.org) AgriPitch Competition. Selected entries by African youth...

Load More