Europa op Swakopmund silwerskerm

Deel in die kultuur van die Europese Unie

09 November 2019 | Art and Entertainment

Jan Kruger; Atlanta Cinema-eienaar; “Ek dink Hairareb gaan die meeste mense lok.”

Swakopmund · [email protected]

Die Europese Unie (EU) het hierdie week ’n Europese Filmfees op Swakopmund aangebied. Vertonings het Maandag met The King of the Belgians begin en eindig Sondagaand op ’n spesiale noot met die vertoning van Hairareb, ’n Namibiese film deur Oshoveli Shipah.

Hoewel nie Europees nie, word Hairareb as die juweel in die filmfees se kroon beskou. Hou egter die sakdoeke nader, aangesien dié eg Namibiese liefdesverhaal met tragedie deurboor is.

“Ek dink Hairareb gaan die meeste mense lok, aangesien dit ’n Namibiese film is,” het Jan Kruger van Atlanta Cinema op Swakopmund gesê. Die vertoning begin om 17:00 by Atlanta Cinema Swakopmund draai.

The King of the Belgians is ’n “mockumentary” waarin die Belgiese koning en sy gevolg gestrand raak wanneer die Franssprekende helfte van die land onafhanklikheid verklaar. Hy kan egter nie sommer só huis toe gaan nie omdat daar ’n storm woed. Daarna volg ’n skreeusnaakse reis vir hulle.

Dinsdag is Dome Karukoski se Tom of Finland vertoon. Die film handel oor Touko Valio Laaksonen, beter bekend as ‘Tom of Finland’. Hy was ’n waaghalsige kunstenaar wat, toe dit onwettig was om gay te wees, gay paartjies en die gay filosofie in sy kuns uitgebeeld het. Só het sy bydrae van hom ’n gay-ikoon van die 20ste eeu gemaak.

Gisteraand was Veve aan die beurt waarin Simon Mukali ’n agteraf politikus, sy ongelukkige vrou en ’n oudmisdadiger in ’n mengelmoes van drama veroorsaak. Die resultaat is ’n tamaletjie in die narkotika besigheid.

Marco Martins se São Jorge het ook gedraai. In dié rolprent word Jorge, ’n werklose bokser, in ’n wêreld van geweld en misdaad gedompel wanneer hy werk by ’n skuldinvorderingagentskap begin in ’n poging om sy finansies te laat klop.

Bloody Milk het Vrydagaand die gehoor vermaak. In dié fliek erf Pierre Chavanges sy ouers se plaas. Wanneer een van sy koeie siek word, is daar niks wat hy nie sal doen om te keer dat sy ander diere siek raak nie.

El Apóstol het ook gehore op die punt van hul stoele gehou. ’n Gevangene ontsnap en is op soek is na ’n verlore skat. Sy reis ontaard egter vinnig in ’n nagmerrie.

Similar News

 

Untouched beauty

1 day - 10 December 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The Fine Art Gallery in Swakopmund is hosting “Untouched” – an exhibition by Rosa Smit and Betsy van Rensburg. The exhibition...

Strawberry Fields Forever!

1 week ago - 03 December 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Strawberry Fields Vocal Training Academy hosted a show to commemorate the past year on Saturday evening. “The evening was just for...

There’s a fine line…

2 weeks ago - 21 November 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The opening of a solo exhibition by Michael Mansfield titled A Fine Line took place at Die Muschel in Swakopmund on...

Alles eg Namibies

2 weeks ago - 21 November 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Ná ’n lang gewag het #LANDoftheBRAVEfilm verlede naweek sy buiging in Swakopmund gemaak en spog dit met alles wat eg Namibies...

Namibiese rolprent op Swakopmund se silwerskerm

3 weeks ago - 17 November 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Die lang verwagte #LANDoftheBRAVEfilm het gisteraand sy debuut langs die kus gemaak ná die rolprent op 10 Oktober reeds in Windhoek...

Die engelstemme van Mondesa

1 month - 08 November 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] ’n onlangse besoek aan die kus dwaal ek teen sononder by die die jetty in Swakopmund rond waar ek iets warms teen...

Danceable ‘Tolika’ released

1 month - 01 November 2019 | Art and Entertainment

Omaruru · Adolf KaureThe Omaruru-based music group Xtrazz recently released their latest single, “Tolika”.The trio who started making music together in 2010 and whose ages...

Painting the music scene red

2 months ago - 09 October 2019 | Art and Entertainment

Walvis Bay • Leandrea LouwLocal singer and songwriter Monique English will be releasing her second studio album on 30 November. Titled Red, the 12-track album...

Plié, jeté, ballet!

2 months ago - 09 October 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt The Swakopmund Arts Association hosts a ballet concert entitled Peter and The Wolf in a combined effort with...

Klein kuns, groot geheim

2 months ago - 08 October 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • Iréne-Mari van der WaltDie Kunsvereniging van Swakopmund het Vrydagaand sy Little Big Things-uitstalling geopen.Elke jaar word kuns anoniem by die geleentheid verkoop. Belangstellendes...

Latest News

Dignity of ancestors restored

9 hours ago | History

Swakopmund · [email protected] The Namibian Genocide Association (NGA) organised a clean-up and restoration action of graves belonging to Ovaherero and Nama prisoners that perished...

Amnestie vir skuld

22 hours ago | Local News

Walvisbaai Walvisbaaiers wat in die rooi is by die munisipaliteit gaan opnuut kans kry om op te dok. Vanaf April 2020 sal skuldenaars wat hul...

Water vir almal

22 hours ago | Local News

Walvisbaai Behoeftige huishoudings sukkel dikwels om hul maandelikse munisipale rekeninge te betaal sowel as om agterstallige rekeninge te vereffen. Die munisipaliteit van Walvisbaai het reeds...

Straatnaam in gedrang

22 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] In die sosiale media maak Namibiërs beswaar teen die behoud van ‘n straatnaam in Swakopmund vernoem na mnr. Bernhard Esau, voormalige minister...

Dorp van die jaar jol

22 hours ago | Events

Swakopmund • [email protected] Die Swakopmund Kwêla Dorp van die Jaar Kia Makietie het Vrydagoggend afgeskop met die amptelike opening waargeneem deur me. Pauline Nashilundo,...

Cooperatively promoting fish consumption

22 hours ago | Fishing

The Namibia Fish Consumption Promotion Trust (NFCPT) signed a memorandum of understanding (MOU) with Benguella Ski Boat Fishing Association (BSBFA) in Walvis Bay recently. ...

ISO accreditations for Namport

22 hours ago | Infrastructure

The Namibia Ports Authority (Nam­port) once again secured and received its accreditations from the International Standards Organizations (ISO). This follows after a successful external audit...

Kraatz pushing skills development

22 hours ago | Business

Another nine NIMT students were taken on board the Kraatz internship program at the company based in Walvis Bay. They will be trained for the...

Grumpy's fishing report

22 hours ago | Fishing

What a week anglers enjoyed along our coast, with plenty of big sized kob brought ashore at Paaltjies. Last week Sunday was “fun day”...

Load More