Erongo Business and Tourism Expo byna hier

Vanjaar se ekspo beloof weereens om sake en toerisme in die streek na vore te bring.

22 October 2019 | Events

Walvisbaai • Verskaf

Die 13de jaarlikse Erongo sake- en toerisme ekspo vind aan die einde van hierdie maand plaas.

Ondanks die huidige resessie, het hierdie ekspo een van die grootste handelskoue in Namibië geword.

Die ekspo vind vanaf Woensdag 30 Oktober tot Saterdag 2 November in Walvisbaai plaas en beloof dit om weer vir die plaaslike ekonomie ’n hupstoot te gee.

Verskeie ondernemings in Walvisbaai en die ander kusdorpe sal by die skou baat, aangesien die klem op sake val en nie deur vermaak oorskadu word nie.

Die ekspo fokus op plaaslike, streeks- en internasionale sakegeleenthede, die skoonheid van die Erongostreek asook as natuurlike en mariene hulpbronne, uitstekende hawefasiliteite en verskillende verbindings tussen die hawe en lande in die streek. Só word beleggingsgeleenthede in Walvisbaai in die kollig geplaas.

Die ekspo vind by die stadsaal plaas en toegang is gratis. Terwyl kinders die speelterrein kan geniet, kry ouers kans om rond te loop en te kyk wat die verskillende uitstallers bied.

Benewens die munisipaliteit van Walvisbaai, sluit die ekspo se vennote onder andere ErongoRED, Confidénte Newspaper, Dunes Guest House, MTC Namibia, Guans Packaging, Namibia Breweries en Coca-Cola in.

Volgens die organiseerders, verwag hulle ’n soortgelyke aantal sake-uitstallers en besoekers as verlede jaar, ten spyte van die heersende ekonomiese toestand. Uitstallers sluit bankdienste, opvoedkundige instansies, versekeraars en kleinhandelaars, talle plaaslike SMEs, ministeries en openbare ondernemings asook diplomatieke sendings in Namibië in.

Op die oomblik is daar net nog ’n paar uitstalspasies oor.

Wat die buite-area betref, is 90% van die stalletjies aan mikro-ondernemings toegeken waar tradisionele en internasionale kos beskikbaar sal wees.

In vergelyking met vorige uitgawes van die skou, word daar vanjaar ’n groter verskeidenheid uitstallers wat uiteenlopende produkte en dienste aangebied.

Trekpleisters sluit in die Usakos Museum wat inligtingsessies hou en die Moonlight Resort wat ’n ‘pop up’-restaurant bestuur en wat ook ook sorg vir kos vir gaste wat die openingseremonie bywoon.

“Met al hierdie en nog meer op die spyskaart, nooi die organiseerders ’n ieder en elk wat wil deelneem aan vanjaar se ekspo om so gou as moontlik die besprekingskantoor te kontak,” het me. Desire Stevens van Expo Studios Namibia gesê.

Similar News

 

Onderwys is die ruggraat van die samelewing ...

3 days ago - 21 January 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Die tema van Saterdag se maatskaplike verantwoordelikheidsdag aangebied deur Welwitschia Music Production (WMP) was “Wees jouself vir Namibië”. Hande is uitgereik by...

Amoré is Mej. Touchies

3 weeks ago - 31 December 2019 | Events

Hentiesbaai Amoré van Schalkwyk het die gesogte Mej. Touchies 2019 titel Donderdag in Hentiesbaai gewen. Die 20-jarige Van Schalkwyk het...

Night Market wows

1 month - 24 December 2019 | Events

Swakopmund • [email protected] The two-day December Night Market concluded on Saturday at the Swakopmund Hotel and Entertainment Centre. The market recorded an average attendance of...

Kerstradisie leef voort

1 month - 18 December 2019 | Events

Swakopmund • [email protected] Die Swakopmund munisipaliteit het sy jaarlikse Kersmark oor die naweek aangebied. In die verlede het dit in die parkeerarea agter die...

Feetjies betower op Swakopmund

1 month - 17 December 2019 | Events

Swakopmund • [email protected] Charzell Jacobs is die eerste Miss Summer Fairy Junior terwyl Izé-Lene van Wyk as Miss Summer Fairy Senior gekroon is.Altesame 17...

Lip aflek lekker

1 month - 17 December 2019 | Events

Swakopmund • [email protected] “Foodie” is ’n Engelse term vir iemand wat hou van kos en kosmaak. Nedbank het die afgelope naweek aan foodies langs...

Klein Mejuffrou Walvisbaai gekroon

1 month - 16 December 2019 | Events

Walvisbay • [email protected] Drie skoonheidskoninginne is Vrydagaand in Walvisbaai gekroon. Hulle is Cline-Lee Kusch (Little Miss Walvis Bay), Drew-Ann Engelbrecht (Little Miss Walvis Bay...

The festive season is here

1 month - 14 December 2019 | Events

Bank Windhoek is hosting the annual Summer Festival this holiday season for visitors to the coast, from 6 until 21 December 2019. A...

Dorp van die jaar jol

1 month - 11 December 2019 | Events

Swakopmund • [email protected] Die Swakopmund Kwêla Dorp van die Jaar Kia Makietie het Vrydagoggend afgeskop met die amptelike opening waargeneem deur me. Pauline Nashilundo,...

Tyd vir eenheid

1 month - 03 December 2019 | Events

Walvisbaai •[email protected] en jonk het Sondag tydens die Dag van Eenheid op die grasperk oor die Walvisbaai-munisipaliteit die feestyd amptelik verwelkom.Dié geleentheid word jaarliks deur...

Latest News

Kudus aiming for 7s glory

2 days ago - 22 January 2020 | Sports

Walvis Bay • [email protected] A group of 14 First National Bank (FNB) Kudu Rugby Club players and two officials departed for the Swartland...

Langasems maak reg vir aksie

2 days ago - 22 January 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Bay Road Runners wil die jaar op ’n vinnige pas afskop met die klub se eie en eerste byeenkoms vir hardlopers langs...

Onderwys is die ruggraat van...

3 days ago - 21 January 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Die tema van Saterdag se maatskaplike verantwoordelikheidsdag aangebied deur Welwitschia Music Production (WMP) was “Wees jouself vir Namibië”. Hande is uitgereik by...

Geestesiektes: Breek die stigmas af...

3 days ago - 21 January 2020 | Health

Swakopmund • [email protected] Mense moet opgevoed word oor die verskeie mites rondom geestesiekes. Só sê me. Ilanza Klein (29), ’n aktivis wat haarself vir die...

These are Swakop’s top healthy...

3 days ago - 21 January 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] Hero Multisave Supermarket emerged as the top butchery, Mobi Soft Serve as the top mobile kiosk and Museums Café as the...

Pushing beyond existing boundaries

3 days ago - 21 January 2020 | Business

According to Maersk, drilling operations planned for its Angola-Namibia campaign will be done at a world record water depth. Maersk said that the well in...

Grumpy’s fishing report

3 days ago - 21 January 2020 | Fishing

Slightly cleaner water made for tough fishing this past week and it appeared as if the fish disappeared. This was not totally the...

TIDES

3 days ago - 21 January 2020 | Fishing

Tuesday, 21 January Low 07:03 High 13:26 Low 19:41 High 02:00 Wednesday, 22 January High 02:04 Low...

Housing market remains under pressure

4 days ago - 20 January 2020 | Infrastructure

According to Ruusa Nandago, FNB Group Economist and author of the FNB Residential property report released on 16 January 2020, the index reached a historic...

Load More