Erfenisweek kleurvol herdenk

23 September 2019 | Cultural

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt

Die strate van Swakopmund was met kleur en klank gevul toe dié dorp se Wetenskaplike Vereniging Erfenisweek met ’n kulturele optog afgesluit het.

Die optog is deur Nama-, Oshiwambo- en San-kultuurgroepe bygewoon en was dit die laaste item op die Erfenisweekprogram wat herdenk is met die tema “Volg die Namibiese ritme”.

Erfenisweek het verlede Maandag (16 September) by die museum begin waar verskeie aktiwiteite deur die loop van die week gehou is. Nadine Phiri het toe ook haar interaktiewe uitstalling geopen en soggens gasheer gespeel vir besoekende skole.

“Ons wou hê die kinders moes [meer oor erfenis] leer en almal was baie opgewonde,” het sy gesê.

Leerlinge is ’n geleentheid gegee om kalimbas, marimbas, mbiras en die San se musikale boog van nader te bekyk as deel van Phiri se interaktiewe uitstalling. Hulle is ook gewys hoe om die instrumente self te maak. Papier is voorsien en elkeen moes knip en plak om ’n persoonlike weergawe van ’n marimba te maak.

Die Chicken Bus Marimba Band en helpers van die COSDEF-sentrum was byderhand om leiding te gee.

Woensdag het Rigo Reddig van die Wetenskaplike Vereniging die gasheerstrikdas by die fliekaand aangetrek toe die rolprent Mama Africa wat handel oor die lewe van legendariese sangeres Miriam Makeba vertoon is.

Die week se propvol program is Vrydag met die optog afgesluit.

Volgens Reddig het alles vlot verloop, met deelnemers wat reeds laat blyk het hulle gaan in die toekoms aan soortgelyke aktiwiteite deelneem.

Belangstellendes kan Phiri se uitstalling nog tot einde Oktober by die Swakopmund museum besigtig.

Similar News

 

Fashion – the threads that bind us together

1 month - 15 September 2021 | Cultural

The Scientific Society Swakopmund plays host to the Namibian Heritage Week this year, together with the museum and COSDEF Arts and Craft Centre. The program...

Pandemie demp ­partytjiegees

1 year - 19 May 2020 | Cultural

Swakopmund • [email protected] jaarlikse Omaruru Kunstefees is een van die prominente jaarlikse gebeurtenisse wat gekanselleer is weens die onsekerheid wat met die Covid-19 pandemie gepaard...

Celebrating Namibia

2 years ago - 19 September 2019 | Cultural

Swakopmund · Iréne-Mari van der WaltThe Scientific Society Swakopmund (SSS) kicked-off their Heritage Week celebrations on Monday, 16 September with the Namib Marimbas at 10:00....

Klassieke musiek onder die sterre

2 years ago - 03 September 2019 | Cultural

Die chanson-sangeres Esther Fellner en die mondfluitjievirtuoos René Giessen vermaak konsertgangers met hul Best Music of the World-konsert. Foto Otis Finck Die Suid-Afrikaanse operasanger Jannie...

Kavango culture celebrated

2 years ago - 14 July 2019 | Cultural

Kuisebmond • Otis Finck The first ever Kavango Cultural Festival hosted in the Erongo region attracted a large crowd. The event...

Cultural diversity celebrated

3 years ago - 08 October 2018 | Cultural

The International School of Walvis Bay (ISWB) had visitors from the Confucius Institute, situated at the University of Namibia on Friday. The Confucius Institute is...

Oivo: Part of Küska for 30 years

3 years ago - 29 June 2018 | Cultural

A Swakopmund street procession without Oivo from the Red Cross is almost unimaginable. For the past 30 years he has taken part in the procession....

Küska street procession ‘best in years’

3 years ago - 29 June 2018 | Cultural

Erwin LeuschnerIt was an entire week filled with laughter, cheer and humour, but all things come to an end. The Swakopmund carnival, Küska, celebrated a...

BIBLE VERSE

3 years ago - 08 June 2018 | Cultural

1 Timothy 5:1-3; 5-6;8 Do not rebuke an older man harshly, but exhort him as if he were your father. Treat younger men as brothers,...

BYBELVERS

3 years ago - 01 June 2018 | Cultural

JOHANNES 3:3-8 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die...

Latest News

Pastels in the spotlight at...

9 hours ago | Art and Entertainment

Various artists are currently displaying their pastel artwork at the Fine Art Gallery in Swakopmund. These artists include Paul Dixon, Werner Schröder, Rosemarie Kuchling, Paul...

CATS programme beneficial

9 hours ago | Education

Manica Namibia has been affiliated with the Commercial Advancement Training Scheme (CATS) programme since 2005, and has had over 39 intakes, with an impressive pass...

Construction sector recovery to take...

9 hours ago | Economics

Windhoek ∙ [email protected] For the past five years, the construction sector continued with a downward trend. The sector recorded negative growth rates of 41.1%,...

Getooi teen kanker

1 day - 26 October 2021 | Events

Walvisbaai • [email protected] Die Walvisbaai-tak van die Kankervereniging van Namibië (CAN) het ’n spoggerige kuier, uitstappie en fietsrit by die Atlantis-sportklub op...

Kry jou tuingereedskap gereed ...

1 day - 26 October 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die Namibian Community Skills Development Foundation (Cosdef) gaan op 6 November die eerste varsgroentemark en ook ’n landbouprojek by...

Grumpy’s fishing report

1 day - 26 October 2021 | Fishing

The sand sharks are in the shallows which in turn brings the bigger predators closer too. A lot of anglers, including even the most...

Rare, unique catch ...

1 day - 26 October 2021 | Fishing

Ilka Schroeder recently caught a marbled electric ray at Mile 8. Local fishing guru Graham “Grumpy” Gramowsky said this is truly an uncommon catch in...

TIDES

1 day - 26 October 2021 | Fishing

Tuesday, 26 October High 06:12 Low 11:52 High 18:15 Low 00:17 Wednesday, 27 October High 06:58 Low 12:41...

Playtime Trust hosts top notch...

1 day - 25 October 2021 | Sports

The Walvis Bay-based Playtime Trust Namibia offers multi-disciplinary sports training programmes in soccer, cricket and athletics for the youth at the coast, particularly from disadvantaged...

Load More