'Ek is steeds ek'

’n Kwadrupleeg aan die kus wil hê sy verhaal moet ander aanmoedig.

17 March 2020 | Others

Mario Thaniseb, kwadrupleeg: “Dit was die moeilikste nuus wat ek ooit ontvang het.”

Walvisbaai







Toe Mario Thaniseb (32) sy ruggraat op twee plekke breek in ’n motorongeluk op 24 Desember 2011 het sy lewe vir ewig verander.

Mario was op pad na sy pasgebore seun toe die ongeluk gebeur en moes met meganiese kake uit die opgefrommelde wrak gesny word.

“Toe ek my bewussyn herwin in die hospitaal, was die pyn ondraaglik. Ek het besef ek kan nie beweeg nie,” sê hy.

Toe die dokter vir Mario sê hy sal nooit weer in staat wees om op sy eie asem te haal, te eet en te loop nie, het sy wêreld inmekaar getuimel.

“Dit was die moeilikste nuus wat ek ooit ontvang het,” sê hy.

Mario erken hy het destyds ’n fout begaan deur sy hoop nie volkome in God te plaas nie.

“Ek het die dokter vertrou. Hy het vir my kom sê dit is die einde van die lewe soos ek dit geken het. Die dokter van bo, God, het egter ander planne vir my gehad.”

Tweede kans

Mario het nie toegelaat dat sy verlamming die oorhand kry nie.

“Ek kon gesterf het, maar God het my ’n tweede kans gegee. Elke nuwe begin kom aan die einde van nog ’n nuwe begin. Ek is wel in ’n rolstoel, maar dit is nie die einde van die wêreld nie. Om selfbejammering te ontwikkel en almal anders te blameer vir wat gebeur het, is beslis die ergste fout wat ’n mens kan maak.”

Erongo het met Mario gesels waar hy ’n motiveringspraatjie by die Lutherse gemeente in Narraville aanbied.

Volgens hom het ’n arbeidsterapeut, Antoinette van Wyk, en haar man, Giovanni, baie tot sy herstelproses bygedra deur blote optimisme.

“My gesin vermy my sedert die ongeluk. Ek koester geen wrok teenoor hulle nie. Ek noem dit nie om hulle sleg te maak nie, maar om ander gesinne wat met mense in soortgelyke situasies te doen het, te waarsku dat hulle nie dieselfde fout moet maak nie. ”

Nadat Mario ’n jaar lank in die hospitaal deurgebring het, het hy na die gemeenskap teruggekeer sonder om te weet wat om te verwag.

“Die mense om my het geen kennis of ervaring gehad om iemand soos ek te hanteer nie. Ek was werkloos en was op myself aangewese.”

Hy het in ’n plakkershut in die agterplaas van sy tante se huis gewoon. Sy seun se ma was sy opsigter tot hul paaie in 2017 geskei het.

“Sy het swanger geraak. Ek kan haar nie blameer nie. Ek waardeer egter dat sy my tydens ’n baie moeilike periode bygestaan het. Ek was 22 en sy was 20 toe die ongeluk gebeur het.”

Hulp van elders

Toe sy seun se ma weg is, het sy vriende begin help waar, wanneer en waarmee hulle kon.

“Hulle het my vir my eie veiligheid in my ghetto toegesluit waneer hulle na elke besoek moes vertrek. Walvisbaai se weer is onvoorspelbaar. Dit was vir my 'n groot probleem. Ek kon myself nie bedek waneer dit koud geword het of die komberse verwyder waneer dit warm word nie. Dit het my baie hulpeloos laat voel.”

Mario wou ’n kliniese sielkundige word.

Hy het sedertdien vir talle werksonderhoude gegaan. By een geleentheid het ’n voornemende werkgewer hom gevra hoe hy in sy toestand wil werk.

“Ek het vir hulle gesê ek is bloot anders en het voorgestel ’n hulpstelsel kan die oplossing vir my en hul probleme wees.”

Mario het Isaac Muleka (20) as assistent gewerf en in 2016 besluit om sy verhaal te deel om bewustheid te skep en ander te inspireer deur skole en gesinne te besoek waar mense met gestremdhede woon.

Dit help ook om die rekeninge te betaal.

Motiveer ander

“Ek het briewe aan ondernemings geskryf waarin ek borgskappe vra om op verskillende plekke te gaan praat. Ek moet net na die bestemmings vervoer word en bied my dienste gratis aan. Ons moet onthou liggaamlike gestremdheid is nie die enigste soort gestremdheid nie.”

Mario het op 27 Desember 2018 gaan valskerm spring en die eerste Namibiese kwadrupleeg geword wat dit op ’n hoogte van 13 000 voet gedoen het.

Hy is tans besig met die skryf van ’n opvoedkundige handleiding met die titel Circle of Hope, wat wenke vir mense met gestremdhede bevat.

“Om te werk en aan te pas, is harde werk. Ek is nie bang of skaam nie en tel daagliks die stukkies op. Hou aan en praat met God, want sonder Hom is ons verlore. Niks in hierdie lewe is permanent nie; moenie dat die moeilike tye jou van jou seëninge laat vergeet nie. Motivering is oral. Gaan soek dit.”

Hy hoop ook om die regering te oortuig om maatreëls in te stel wat ander in ’n soortgelyke situasie in die toekoms kan help.

Similar News

 

Namibiese kookboek amper op die rak

1 month - 24 September 2020 | Others

Swakopmund • [email protected] Die Swakop Kosfees is een van die talle geleenthede op die dorp se kalendar wat op innoverende wyse aanhangers moes vermaak...

Politicians pay tribute to Mudge

1 month - 27 August 2020 | Others

Windhoek · [email protected] across the spectrum of Namibian politics have honoured veteran politician Dirk Mudge, who died yesterday at the age of 92. Dirk...

Facebook avatars personalise sharing

1 month - 25 August 2020 | Others

Social media giant Facebook set their platform ablaze with the release of their new avatar feature. Facebook users can now create virtual or digital personas...

Air Nam plans repatriation flights

5 months ago - 21 May 2020 | Others

Swakopmund • eleuschner.az.com.na Air Namibia wants to fly stranded EU citizens in Namibia home in the coming week and at the same time bring...

Wieland sê nee vir boelies

5 months ago - 05 May 2020 | Others

Swakopmund • [email protected] Andeline Wieland (24), wat aan The Bachelor South Africa seisoen 2 deelneem, sê alle vorme van afknouery moet teengestaan word sodat boelies...

Armed forces humiliate, assault civilians

5 months ago - 27 April 2020 | Others

Windhoek • [email protected] Namibians hailing from the Erongo and Oshana regions have instituted legal action with the help of lawyer Norman Tjombe against the Namibian...

Fireball over Namibia

6 months ago - 22 April 2020 | Others

On Monday night, many Namibians witnessed a strange phenomenon: A meteor briefly illuminated the heavens at around 21:30 (pictured). Numerous eyewitnesses claim to have observed...

Veilige hawe benodig ondersteuning

6 months ago - 21 April 2020 | Others

Walvisbaai • [email protected] Die Kids Haven-kinderhuis en plek van veiligheid bestaan die afgelope 11 jaar en sorg nou vir 28 kinders, waarvan...

Enhancing financial illiteracy

6 months ago - 01 April 2020 | Others

The Making Finance Work for Africa Partnership (MFW4A) has called on the youth to contribute to the fight for financial literacy by writing an essay...

TIDES

1 year - 27 June 2019 | Others

22 December - ThursdayLow 03:57 High 10:37 Low ...

Latest News

Cricket festival keeps on going

13 hours ago | Sports

Walvis Bay The annual Coastal Cricket Youth Festival sponsored by Walvis Bay Salt Refiners and hosted by Cricket Namibia, is being hosted for...

Covid’s real impact on the...

1 day - 23 October 2020 | Economics

The Covid-19 pandemic is a crisis like no other, and there was a substantial degree of uncertainty around its impact on lives and livelihoods. “Governments...

Geingob kommentaar ‘nie haatspraak’

1 day - 23 October 2020 | Government

Swakopmund • [email protected] Oomblikke ná President Hage Geingob sy gevoel oor wit stemmers geuiter het, het ’n storm oor sy opmerkings op sosiale media...

Calling all dancers

2 days ago - 22 October 2020 | Art and Entertainment

Walvis Bay •[email protected] The Namibia Dance Sport Academy is hosting the Global Dance Supreme – Namibia online qualifiers from 1 to 3 November...

Sakkie Tsam in the spotlight...

2 days ago - 22 October 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Swakopmund born and bred musician Sakkie Tsam officially kick-started his solo music career with the release of his single Nâma...

BC Stone management responds to...

2 days ago - 22 October 2020 | Labour

Walvis Bay • [email protected] Employees of BC Stone Products Namibia handed over a petition to their management, highlighting grievances pertaining to the company’s...

Land for SDFN

2 days ago - 22 October 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] The Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) received land from the Swakopmund municipality to build 31 houses. Speaking at the handover,...

Five new Covid cases in...

2 days ago - 22 October 2020 | Health

Health minister Dr Kalumbi Shangula announced 54 new Covid-19 cases and 22 recoveries. He said that 1 061 results were received from the laboratories and...

AgriPitch deadline dead ahead

2 days ago - 22 October 2020 | Events

There are just hours to go until the 23 October deadline to enter the African Development Bank’s (www.AfDB.org) AgriPitch Competition. Selected entries by African youth...

Load More