Eet in die wolke

Swakopmund gaan eersdaags spog met ’n restaurant in die lug.

03 December 2019 | Business

Melissa Jonk; Eienaar; “Dit is beslis iets opwindend wat Swakopmund kan bied.”

Swakopmund • [email protected]

Uiteet is nie vir sissies nie.

Hiervan kan enige besoeker aan FlyDining getuig en binnekort gaan Swakopmund ook spog met een van dié unieke restaurante-in-die-lug.

Melissa en Gavin Jonk beplan om FlyDining Swakopmund teen Mei 2020 hoog in die wolke te begin.

FlyDining is ’n uitsonderlike ervaring wat avontuur en etes kombineer om letterlik ’n hemelse eetervaring te bied. Die kinkel in die kabel is, anders as jou gewone sit-en-eet-restaurant, dat moet jy vlieg voor jy kan proe.

Die unieke konsep gee mense die kans om 50 meter bo die ’n vyfster-, vyfgangete te geniet, ’n drankie te drink en vrolik te wees.

Die restaurant word met ’n hyskraan in die lug gehou.

Melissa het gesê die eetplek in die wolke kan 24 mense op ’n slag akkommodeer.

“Daar is sitplek vir enkellopers, paartjies en groepe.”

Presies waar die restaurant gaan hang, kan in die stadium nie bevestig word nie. Melissa het wel gesê gaste sal beslis ’n uitsig oor die dorp, see en duine hê.

So ’n ete in die lug sal ongeveer 45 minute duur, en die dapper eters kan aansit, oftewel opgehys word, vir ontbyt, middag- en aandete.

Intussen is Melissa besig om die spyskaart te finaliseer, met die fokus op Namibiese disse.

FlyDining kan in 45 van die 195 lande geniet word en die veiligheidsmaatreëls is uiters streng.

“Jy moet bedryfsregte bekom om ’n FlyDining-franchise te besit. Die besigheid se regulasies is duidelik en uiters streng oor hoe ons passasiers moet beveilig.”

Gaste word in ’n stoel vasgegespe wat rondom ’n etenstafel gerangskik is. Daar is ook plek vir tussen een en vier personeellede in die “kombuis-afdeling” wat in die middel van die restaurant gelëe is.

Melissa het gesê sy het self nog nie die voorreg gehad om FlyDining te beleef nie, maar hoop om eersdaags na Indië te reis waar sy aan die ervaring sal meemaak. “Ek kan nie iets bemark wat ek self nog nie beproef het nie.”

Die inisiatief sal die bestaande unieke toeristetrekpleisters op Swakopmund komplementeer.

“Dit is beslis iets opwindend wat Swakopmund kan bied,” het Melissa gesê.

Similar News

 

Interne veranderinge by Orano

3 days ago - 14 January 2020 | Business

Swakopmund Orano Mynbougroep se bestuurende direkteur, Hilifa Mbako, beklee sedert 1 Januarie 2020 die rol van uitvoerende voorsitter ná ’n dekade by die maatskappy.“Hierdie...

Nuwe hotel vir Walvisbaai

4 days ago - 14 January 2020 | Business

Walvisbaai • [email protected] Die City Centre Hotel wat in die hartjie van Walvisbaai se middedorp geleë is, het onlangs sy deure amptelik geopen.Plaaslike...

Kospakkies bring trane van vreugde

4 days ago - 14 January 2020 | Business

Verteenwoordigers van Erongo Marine Enterprises (EME) het op Kersdag kospakkies aan 260 bejaardes langs die kus versprei. Die maatskappy het ook geskenke aan 32 weeskinders...

DP World, !Nara Namib take hands

4 days ago - 14 January 2020 | Business

Global trade enabler DP World signed a Memorandum of Understanding (MoU) with !Nara Namib Free Economic Industrial Zone some time ago. The partnership seeks...

Lugballon gaan unieke uitsig bied

3 weeks ago - 24 December 2019 | Business

Swakopmund • [email protected] Destination Swakopmund is tans hard aan die werk om Swakopmund in ‘n alles-in-een-toerismebestemming te omskep. Vanuit die inisiatief spruit reeds...

Kraatz pushing skills development

1 month - 11 December 2019 | Business

Another nine NIMT students were taken on board the Kraatz internship program at the company based in Walvis Bay. They will be trained for the...

Ontsoutingsaanleg les Erongo streek se dors ...

1 month - 26 November 2019 | Business

Wlotzkasbaken • Leandrea Louw Die Erongo-ontsoutingsaanleg het 50 miljoen kubieke meter (50 miljard liter) drinkwater geproduseer sedert dit in 2010 begin werk het.Die anleg is...

Nuwe gesig vir supermark

1 month - 26 November 2019 | Business

Karibib • [email protected] Woermann Brock (WB) Supermark Karibib is onlangs vanuit die grond af op oorgebou. Luidens Konrad Schwieger, die bemarkingsbestuurder by die winkelgroep, het...

Hotel vir middedorp beplan

2 months ago - 05 November 2019 | Business

Walvisbaai • Otis Finck Die bestuurskomitee van Walvisbaai se munisipale raad het toestemming verleen vir die verkoop van twee erwe in die middedorp vir die...

SWAiTEX kicks off

3 months ago - 09 October 2019 | Business

Swakopmund • Adolf Kaure The Namibia Chamber of Commerce and Industry (NCCI) 2019 Swakopmund International Trade Expo (SWAiTEX) was launched at The Dome in...

Latest News

Genesa to wow the coast...

16 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Germany-based musician Genesa Handrick is the star attraction at the Welwitschia Music Production (WMP) Social Responsibility Day taking place at the...

Nuwe skooljaar begin

1 day - 16 January 2020 | Education

Swakopmund • [email protected] Opvoeding in staatskole loop aanhoudend deur weens begrotings wat aanhou krimp en klasse wat aanhou groei.Vir die direkteur van onderwys in...

“Tides of Talents” to commence

1 day - 16 January 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The Tides of Talents group exhibition opening at the Fine Art Gallery on Friday (tomorrow), features contemporary works by young artists...

Gerugte van brandstigting onwaar

1 day - 16 January 2020 | Local News

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt Met ‘n eenvoudige “onbekend” as rede vir die oorsaak van ‘n brand wat Saterdag ‘n huis op Swakopmund...

“Tides of Talents” to commence

3 days ago - 14 January 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The Tides of Talents group exhibition opening at the Fine Art Gallery on Friday at 10:00, features contemporary works by young...

Interne veranderinge by Orano

3 days ago - 14 January 2020 | Business

Swakopmund Orano Mynbougroep se bestuurende direkteur, Hilifa Mbako, beklee sedert 1 Januarie 2020 die rol van uitvoerende voorsitter ná ’n dekade by die maatskappy.“Hierdie...

Residents discouraged to vote at...

3 days ago - 14 January 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] Returning officer Jeff Manale told members of the public not to leave larger areas like Kuisebmond or Narraville to vote...

Adri toor met koekversierings

4 days ago - 14 January 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] As jong meisie was Adri Myall (42) reeds dol daaroor om koeke te versier en het aandagtig gekyk hoe haar tannie Mienie...

Nuwe hotel vir Walvisbaai

4 days ago - 14 January 2020 | Business

Walvisbaai • [email protected] Die City Centre Hotel wat in die hartjie van Walvisbaai se middedorp geleë is, het onlangs sy deure amptelik geopen.Plaaslike...

Load More