Een vir die rekordboeke

10 June 2021 | Local News

In Mei 2013 het mariene bioloë verstom gestaan oor die nuus dat ’n grys walvis vir die eerste keer ooit suid van die ewenaar aan die kus van Walvisbaai in Namibië waargeneem is.

Was hierdie walvis moontlik ’n oorblyfsel van ’n Atlantiese bevolking wat volgens vermoede al lankal tot uitwissing gejag is? Die laaste waarneming van ’n grys walvis was klaarblyklik in die 1740s. Of was dit ’n aanduiding van die begin van ’n nuwe bevolking in dié area?

Nou het navorsers verbonde aan die Durham Universiteit in die Verenigde Koninkryk (VK) en die Universiteit Stellenbosch in Suid-Afrika (SA), dié alleenlopende grys walvis se geboorteplek as die Noordelike Stille Oseaan geïdentifiseer. Hul bevindings is vandag (9 Junie 2021) in die vaktydskrif Biology Letters gepubliseer.

Terwyl grys walvisse daarvoor bekend is dat hulle van die wêreld se langste migrasies onderneem, het hierdie Namibiese grys walvis elke rekord in die boek oortref deur ’n beraamde 27 000 km vanaf sy geboorteplek te reis – bykans halfpad rondom die wêreld.

Prof Rus Hoelzel, ’n evolusionêre bioloog van die Durham Universiteit en hoofouteur van die artikel, het die volgordebepaling van die hele genoom van die walvis gedoen ten einde die uitdaging van sy herkomsbepaling te kon oorkom: “Dit identifiseer sy geboorteplek onomwonde as die Noordelike Stille Oseaan. Wat ons egter nié weet nie, is of hierdie merkwaardige lang migrasie slegs ’n toevallige rondlopery is, en of sy voorkoms in die Atlantiese Oseaan 'n voedingsuitstappie verteenwoordig, wat moontlik gemaak is deur 'n deurgang deur Arktiese pakys.”

Bykanse uitwissing

Vroeg in die negentiende eeu is grys walvisse rondom Korea en Japan bykans tot uitwissing gejag, maar die bevolking in die oostelike deel van die Noordelike Stille Oseaan was minder erg daardeur geraak. In die Atlantiese Oseaan is die geskiedenis nog onduidelik, maar daar is fossielrekords wat uit die pleistoseen dateer, voeg hy by.

Mede-outeur en bioinformatikus Fatih Sarigol, ook van die VK, sê hulle sou verkies het om met meer as een monster te werk, of om só ’n migrasie met ’n GPS-opsporingstoestel te dokumeteer: “Niemand kon voorsien dat hierdie walvis die Suid-Atlantiese Oseaan sou besoek nie. Vir sulke onverwagse geleenthede in die wetenskap moes ons van buitengewone metodes gebruik maak om sy herkoms te kon vasstel.”

Dr Simon Elwen en Dr Tess Gridley, direkteure van die Namibiese Dolfynprojek en navorsingsgenote in die Departement Plant- en Dierkunde by die Universiteit Stellenbosch, sê hulle het dadelik geweet dat hierdie waarneming 'n ongewone gebeurtenis was:

“Gedurende die twee maande wat die walvis in Walvisbaai gebly het, het ons so veel as moontlik inligting ingesamel. Dit het die neem van genetiese monsters behels, asook gedetailleerde foto’s, aangesien grys walvisse op grond van hulle merke geïdentifiseer kan word.”

Hulle het geweet dat die genetiese materiaal hulle sou help om vas te stel van watter bevolking die walvis vandaan kom, en hoe ver dit gekom het. Tot dusver het die foto-identifikasie van die grys walvis nog geen passing opgelewer nie.

Spesie aan die beweeg

Volgens die navorsers het die waarneming in die Suid-Atlantiese Oseaan, in kombinasie met ’n handvol ander waarnemings in die Noord-Atlantiese Oseaan oor die afgelope dekade, aangedui dat die spesie aan die beweeg is.

Migrasie van grys walvisse van die Stille Oseaan-bevolking kan ook toegeskryf word aan menslike bedrywighede: “Ons glo dat die mees waarskynlike reisroete van die Namibiese walvis, via die Arktiese Oseaan was, 'n deurgang wat slegs moontlik gemaak is as gevolg van die afname in ysvloei wat toegeskryf kan word aan klimaatsverandering in onlangse jare.”

Similar News

 

Namdock and MANWU strike agreement

4 hours ago | Local News

Local ship repair company Namdock and the Metal and Allied Namibian Workers Union (MANWU) signed a Recognition and Procedural Agreement earlier this month.“This agreement signed...

Motion tabled to rescind selling of Extension 12 and...

4 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] A motion to rescind a council resolution made in 2014 in terms of Narraville extension 12 and 14 was...

Namport, Meatco sign MOU

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvis Bay The Namibian Ports Authority (Namport) and the Meat Corporation of Namibia (Meatco) recently signed a Memorandum of Understanding (MoU).The two entities aim...

Seidler wen sy 'doodstryd' na Tokio

1 day - 22 June 2021 | Local News

Tielman van Lill – Phillip Seidler het die eerste Namibiër in die geskiedenis geword wat die Olimpiese Spele in die oopwaterdissipline oor 10 kilometer kwalifiseer.In...

No patient left behind

1 day - 22 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] hospitals across the country are overcrowded – a situation that is described as serious. Thankfully, “we have not yet had to turn...

Sop om die koue te verdryf

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Alet Smit is hard aan die werk om 'n sopkombuis op Walvisbaai te begin wat spesiaal vir kinders van spesifiek dié...

Pendeldiens maak 'n verskil

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Om na die gemeenskap om te sien, lê Carlo van der Merwe nog altyd na aan die hart. Te midde van die...

Refurbished kennels for furry friends

1 day - 22 June 2021 | Local News

The Namibian Ports Authority refurbished the Walvis Bay K9 dog kennels at the port police station, to the value of N$280 000. The dog kennels,...

Increasing Covid cases put pressure on health facilities

2 days ago - 21 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Erongo regional governor Neville Andre says the surge in Covid-19 cases is putting pressure on the region’s health facilities.He made...

Sale of erven postponed due to Covid cases

2 days ago - 21 June 2021 | Local News

Wlotzkasbaken • [email protected] The chief financial officer of the Erongo regional council, Hâbate Doëses, says the sale of the Wlotzkasbaken erven has been...

Latest News

Calls to rename UNAM Stadium...

4 hours ago | Sports

Windhoek • [email protected] Former UNAM FC head coach Woody Jacobs says it would be fitting for the UNAM Stadium in Pioneers Park in...

Motion tabled to rescind selling...

4 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] A motion to rescind a council resolution made in 2014 in terms of Narraville extension 12 and 14 was...

Namport, Meatco sign MOU

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvis Bay The Namibian Ports Authority (Namport) and the Meat Corporation of Namibia (Meatco) recently signed a Memorandum of Understanding (MoU).The two entities aim...

Seidler wen sy 'doodstryd' na...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Tielman van Lill – Phillip Seidler het die eerste Namibiër in die geskiedenis geword wat die Olimpiese Spele in die oopwaterdissipline oor 10 kilometer kwalifiseer.In...

No patient left behind

1 day - 22 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] hospitals across the country are overcrowded – a situation that is described as serious. Thankfully, “we have not yet had to turn...

Sop om die koue te...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Alet Smit is hard aan die werk om 'n sopkombuis op Walvisbaai te begin wat spesiaal vir kinders van spesifiek dié...

Pendeldiens maak 'n verskil

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Om na die gemeenskap om te sien, lê Carlo van der Merwe nog altyd na aan die hart. Te midde van die...

Tides

1 day - 22 June 2021 | Fishing

Tuesday, 22 June Low 07:22 High 13:46 Low 19:34 High 02:00 Wednesday, 23 June High ...

Grumpy’s Fishing Report

1 day - 22 June 2021 | Fishing

•Grumpy Gramowsky Canopy and Maketu’s were the pick of the week. Wow, so many big galjoen and steenbras were caught and brought to shore,...

Load More