Droom van ouetehuis word werklikheid

Na verwagting sal die oprigting van 'n ouetehuis in Narraville sowat N$22 miljoen beloop.

16 November 2021 | Local News

Shaheed Saban; Tegniese adviseur; “Die eerste fase behels die bou van ongeveer 50 eenhede, die hoofsaal en die kliniek.”

Walvisbaai • [email protected]



Verskeie maatskappy en individue het hul hande diep in hul sakke gesteek en altesaam sowat N$1,7 miljoen vir die bou van 'n ouetehuis in Narraville geskenk.

Tydens 'n galadinee om geld vir die projek in te samel, het David Williams, voorsitter van die Narraville-ouetehuis se direksie, gesê die idee om 'n ouetehuis in Narraville te bou het reeds sowat 20 jaar gelede ontstaan.

“Daar was baie struikelblokke, maar uiteindelik sien ons die lig aan die einde van die tonnel.”

Die projek se tegniese adviseur, Shaheed Saban, het gesê sowat N$22 miljoen (BTW uitgesluit) word benodig om die fasiliteit te voltooi wat uit 58 wooneenhede, 'n kliniek en 'n saal sal bestaan.

“Ons wil aan bejaarde inwoners die geleentheid gee om gelukkige lewens te lei. Ons kan dit net doen deur dienste te lewer wat aangepas is vir individuele behoeftes van bejaardes en deur dit te kombineer met ondersteuning vanaf die plaaslike gemeenskappe wat ons bedien.”

Saban het gesê die ouetehuis sal in twee fases gebou word.

“Die eerste fase behels die konstruksie van sowat 50 eenhede, 'n saal en kliniek. Die oorblywende eenhede sal in die tweede fase gebou word op die perseel waar die huidige fasiliteit vir bejaardes geleë is.”

Die wooneenhede wat 'n enkel persoon of 'n paartjie sal huisves, bestaan uit 'n badkamer, slaapkamer, kombuis en 'n sitkamer.



TOTALE KOSTE

Die uiteensetting van die totale koste van die projek toon N$2 miljoen word vir die skoonmaak van grond, die landskap en opvulling benodig. Die grensmure en hekke sal teen 'n koste van N$380 000 opgerig word.

Altesaam N$13 miljoen word benodig vir die konstruksie van die 50 wooneenhede op erwe 295 en 328, en N$2,2 miljoen is geoormerk vir die oorblywende agt eenhede en voorbereiding van die terrein op erf 297.

'n Bedrag van N$1,5 miljoen word benodig vir die bou van die saal, N$1,6 miljoen vir die mooimaak van die landskap en plaveisel, N$1 miljoen vir die siekeboeg en toerusting, en N$1 miljoen vir voorlopige en onvoorsiene kostes.

Saban het gesê 'n eenheid sal sowat N$250 000 kos om te bou.

Walvisbaai se burgemeester, Trevino Forbes, het gesê die munisipale raad ondersteun die inisiatief.

“Ons sal dus verseker dat die goedkeuring vir die grond gegee word.”



SKENKINGS

Die skenkers sluit onder meer in Okadhona Fishing (N$100 000), Walvisbaai se munisipale raad (N$20 000, asook die goedkeuring van die grond), Lüderitz Waterfront (N$50 000), Wesco (N$250 000 vir 'n eenheid), Embwinda Fishing (N$250 000 vir 'n eenheid), Hangana Seafood (N$25 000), Venmar Fishing (N$50 000), Ehika Fishing and Fishermen's Widows Trust (N$101 000), RDS Fishing Arandis (N$100 000), Merlus Fishing (N$50 000), Emeritus Fishing (N$50 000) en mnr. Bastos (N$25 000), Leylandi Lüderitz Fishing (N$50 000), Tordesillas-gesin (N$20 000), NovaNam (N$125 000), Ben Amadhila (N$2 000), NovaNam-werknemers (N$1 000), Margaret Klazen (N$2 000), Tunacor (N$30 000), Beluga Fishing (N$30 000), Corvima (N$10 000), Nautilus Fishing (N$50 000), die Hipondoka-familie (N$20 000), Erongo Marine Enterprises (N$250 000, waarvan N$100 000 op een van die opge­veilde items gebie is), en werkne­mers van Erongo Marine Enterprises (N$15 000).

'n Veiling wat ook deel van die geleentheid was, het sowat N$210 000 ingebring.

Van die items wat opgeveil is, was die karatepak wat Leonard Martin gedra het toe hy as wêreldkampioen aangewys is, 'n resieshemp van die plaaslike renjaer Allan Martin, en die jong plaaslike rugbyspeler Chad Plato se trui wat hy gedra het toe hy Namibië by die 2019 Wêreldbeker verteenwoordig het.

Similar News

 

NSA secures funding for delayed census

14 hours ago | Local News

Windhoek ∙ Ogone Tlhage The Namibia Statistics Agency (NSA) will be able to conduct its census later this after securing funding for the...

Wrong body buried

3 days ago - 13 January 2022 | Local News

Swakopmund • [email protected] Two grieving families suffered more trauma after their loved ones’ bodies were accidently switched, allegedly at the Swakopmund district hospital,...

Municipal resorts experience good holiday occupancy

1 week ago - 06 January 2022 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The local resorts experienced more bookings this festive season compared to the previous year, according to Florentia Mutrifa, the head...

More locals on holiday at the coast

1 week ago - 06 January 2022 | Local News

Swakopmund ∙ [email protected] There were many more Namibians enjoying their festive season at the coast than foreigners, according to several business people and institutions to...

‘Kersfeeskomeet’ sorg vir skouspel uit Namibië

1 week ago - 05 January 2022 | Local News

Windhoek • Ronelle Rademeyer Soos in Betlehem van ouds het die “wyse manne en vroue” van die astronomiewêreld die afgelope Kerstyd na Namibië gereis agter...

Toerismesekuriteitseenheid vir kusdorp

1 week ago - 04 January 2022 | Local News

Swakopmund ondervind die afgelope tyd ’n toename in geweld en rooftogte wat op toeriste gemik word. Die Swakopmund-munisipaliteit weier egter om terug te sit...

Pa swem nog 'n myl vir sy outistiese seun

1 week ago - 04 January 2022 | Local News

Swakopmund • [email protected] Haller het voor die Nuwejaar die jaarlikse Jetty Myl in Swakopmund geswem met sy outistiese seun, Fanilo (12), asook die bewusmaking, aanvaarding...

Mobiele verkeerskantoor 'n aanwins

1 week ago - 04 January 2022 | Local News

Walvisbaai • [email protected] mobiele “Booze Bus'-verkeerskantoor het 'n uiters besige tyd beleef vandat dit op 10 Desember amptelik in die kusstreek begin werk het. Dié...

Be beach safe

2 weeks ago - 31 December 2021 | Local News

The festive season is here and everyone is heading to the coast to tan on the beach and enjoy the refreshing waves.A day of fun...

Use of fireworks prohibited in residential areas

2 weeks ago - 31 December 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] use or exploding of fireworks within a local authority area is prohibited as stipulated in section 3 of the Local Authorities Act...

Latest News

The Audi Q5, SQ5 Sportback

14 hours ago | Motors

Following the Q3 Sportback and the e-tron Sportback, Audi now presents its third crossover utility vehicle, the first-ever Q5 Sportback. This coupé with dynamic lines...

Drones delivering to your doorstep

14 hours ago | Technology

Windhoek • [email protected] Namibia will most likely start using drones to deliver medicine to remote locations within the next few weeks.This comes after a...

More than the absence of...

14 hours ago | Health

Ideally, it is a state of mental well-being in which people cope well with the many stresses of life, can realize their own potential, and...

Suspected avian flu being investigated

2 days ago - 14 January 2022 | Environment

Swakopmund • [email protected] Following a major outbreak of avian influenza in South Africa’s Western Cape a few months ago that killed almost 25 000...

Taxi-tariff guide gives legal footing

2 days ago - 14 January 2022 | Infrastructure

Walvis Bay • [email protected] The recently published taxi-tariff guide by the Namibia Bus and Taxi Association (Nabta) to accompany the official taxi-tariff hike...

Boggelrugwalvis spoel uit

2 days ago - 14 January 2022 | Picture of the day

'n Boggelrugwalvis het gister laatmiddag by Langstrand Uitbreiding 1 tussen Swakopmund en Walvisbaai uitgespoel. Volgens 'n inwoner het die dooie walvis met laegety teen 'n...

Van Walvis tot wêreldklas animasieregisseur

2 days ago - 14 January 2022 | Art and Entertainment

Windhoek ∙ [email protected] Die Namibies gebore Reginald Amukoshi Emvula was een van die regisseurs van die animasiefilm Encanto wat Maandagoggend die Golden Globe-toekenning vir...

Maybe I was wrong –...

2 days ago - 14 January 2022 | Police

Windhoek ∙ Mathias Haufiku Police chief Sebastian Ndeitunga yesterday said he might have acted ‘ultra vires’ when he issued an internal memo to...

Shangula lambasts anti-vaxxers

2 days ago - 14 January 2022 | Ministries

Health and social services minister Kalumbi Shangula has implored vaccine sceptics to abandon the anti-vaccine campaign and to join the nation to successfully fight Covid-19...

Load More