Droë hawe vir Swakopmund

Die beplande oprigting van ’n droë hawe sal verkeer van swaar voertuie verlig, werksgeleenthede skep en munisipale koffers ’n hupstoot gee.

24 March 2020 | Business

Die bestuurskomitee van Swakopmund se munisipale raad het die verkoop van ongeveer 20 ha grond vir die oprigting van ’n droë hawe goedgekeur.

Dié stuk grond, waar die aansoeker Ecobond Services Namibia van plan is om die beoogde gerief op te rig, is sowat N$3,75 miljoen werd en is buite Swakopmund oorkant Nonidas langs die spoorlyn geleë.

Dit sal die droë hawe huisves, wat kantore, stoorplekke, brandstoftenks, ’n kantien, ablusieblokke en oornaggeriewe vir skofwerkers en sekuriteitswagte insluit.

Ecobond Services Namibia het aanvanklik aansoek gedoen om die grond in Junie 2017 te huur. Die raad het die versoek in Julie 2019 toegestaan.

Die maatskappy het die raad toe daarvan in kennis gestel hy sou die grond eerder weens die reusebelegging van kapitaal in die projek aanskaf.

’n Lid van die maatskappy se bestuur sê die droë hawe-aanleg sal verskeie dienste verskaf.

“Swakopmund is ’n ingangs- en uitgangspunt vir die hawegebied. Dit is ’n strategiese plek om buitelandse beleggings te lok en ook om die teenwoordigeheid van swaar voertuie in Walvisbaai te verlig. Dit sal ook die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se vraag na internasionale logistieke goedere bevredig,” het hy gesê.

Die vraag na so ’n gerief deur die SADC-lidlande blyk uit navorsing wat deur Ecobond Services Namibia onder belanghebbendes soos die Namibiese hawe-owerheid en die Walvisbaai-korridorgroep gedoen is.

“Die huidige uitbreiding van die Walvisbaai-hawe is in ’n sekere mate beperk, aangesien items soos plofstof en chemikalieë nie langs die hawe gestoor kan word nie, weens die gevaar en risiko’s wat dit vir mariene lewe en die omgewing inhou.”

Benewens indiensneming wat met so ’n ontwikkeling gepaard gaan, kan dit ook die dorp se inkomste na verwagting verhoog omdat die munisipaliteit verskeie dienste gaan verskaf.

“Dit sluit water, afval en behandeling in, elektrisiteit wat deur Erongo RED voorsien word, en kan moontlik ook ander sakebeleggings lok.”

Die raad het op 22 November 2018 besluit die toekenning van grond moet in beginsel goedgekeur word, en het gesê hy is besig met die samestelling van ’n strategiese strukturele plan wat die identifisering van die mees geskikte plek vir ’n vragmotorhawe insluit.

Daarom is voorgestel aktiwiteite en geboue by ’n droë hawe moenie vir akkommodasiedoeleindes aangewend word nie.

Die raad voel ’n vragmotorhawe moet in die omgewing van die droë hawe opgerig word, aangesien so ’n gerief baie swaarvoertuigverkeer gaan veroorsaak.

Die raad het ook voorgestel dit is meer geskik om so ’n besigheid buite die stad op te rig weens die maatskaplike probleme waarmee vragmotorhawens gepaard gaan.

Die ligging en grootte van die beoogde vragmotorhawe is op 11 Januarie 2018 tydens ’n beplanningsforum bespreek.

Toe is besluit die waarnemende uitvoerende hoof moet ’n vergadering met die Namibiese polisie en die Paaieowerheid oor die moontlike terrein belê.

Daar is ook aanbeveel die voorgestelde vragmotorhawe moet oor ’n weegbrug beskik.

Similar News

 

Pick n Pay clears the air

3 days ago - 02 July 2020 | Business

Walvis Bay Pick n Pay responded to what it terms misleading reports that appeared about the closure of its store in Walvis Bay yesterday.According...

Pick n Pay trims workforce

2 weeks ago - 18 June 2020 | Business

Pick n Pay announced today that it will be restructuring its operations in an effort to set the business on a path to sustainability.The 100%...

Coastal traders ask for restrictions to be lifted

2 weeks ago - 18 June 2020 | Business

Ogone Tlhage Informal traders at the coast have joined those asking for level-one restrictions to be lifted in the Erongo Region, saying that they have...

Mine, union reach agreement

3 weeks ago - 13 June 2020 | Business

Swakopmund CNNC Rössing Uranium and the Mineworkers Union of Namibia (MUN) Rössing branch executive committee (BEC) met today (12 June 2020) to conclude negotiations...

Lockdown in Erongo petitioned

3 weeks ago - 10 June 2020 | Business

Walvis Bay • [email protected] than 1000 people had signed a petition challenging the extended lockdown in the Erongo region.The petition, which is accompanied by a...

Business closures and retrenchments looming

3 weeks ago - 09 June 2020 | Business

Walvis Bay •[email protected] President Hage Geingob extended the existing Phase 1 lockdown to the whole of the Erongo region for 14 days.Walvis Bay has already...

Stappe teen fopnuus-verspreider

1 month - 03 June 2020 | Business

Walvisbaai • [email protected] Ná die bevestiging dat ’n trokdrywer positief vir Covid-19 getoets het, het gerugte oor die gesondheidstatus van alle drywers wat by...

Transit cargo increase via Walvis Bay corridors

1 month - 02 June 2020 | Business

The Walvis Bay-Ndola-Lubumbashi Development Corridor has seen a steady increase in cargo, as transporters move essential goods destined for neighbouring countries along the route, reports...

Erongo Red closes shop temporarily

1 month - 28 May 2020 | Business

Walvis Bay •[email protected] Erongo RED ordered employees working at their head office (excluding pay points) to vacate the building until Friday. This...

Restaurants on the edge

1 month - 20 May 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] Many restaurant owners in Swakopmund are at their wits end. They cannot pay full salaries or retrenchments, and most restaurants are...

Latest News

Unified strategy needed to contain...

5th of July 18:18 | Local News

Swakopmund The governor of the Erongo region Neville Andre says the best way to get the upper hand against Covid-19, is a comprehensive...

NBC staff member tests...

5th of July 18:12 | Health

Swakopmund • [email protected] A staff member of the Namibia Broadcasting Corporation’s (NBC) Erongo regional office in Swakopmund has tested positive for Covid-19.NBC's chief commercial...

Toddler drowns

5th of July 18:02 | Local News

Swakopmund • iré[email protected] A 4-year old girl lost her life to the sea in Swakopmund on Saturday at 16:00.Erongo region crime investigation coordinator,...

Newborn baby diagnosed with Covid-19...

1 day - 04 July 2020 | Health

The minister of health and social services Kalumbi Shangula announced that the country recorded twenty-six new cases of Covid-19.The minister said that all of the...

Harbour town welcomes Covid-19 recovery...

1 day - 03 July 2020 | Health

Walvis Bay • [email protected] The Covid-19 pandemic has created an influx of panic with negative news dominating the headlines. However, residents of Walvis...

Back to business for Novanam...

2 days ago - 03 July 2020 | Fishing

Lüderitz-based fishing company NovaNam announced that its land-based employees can return to work on 7 July, when the first vessel returns with catch. After the...

A slow day for Covid-19...

3 days ago - 02 July 2020 | Health

During this morning’s briefing at the Covid Communication Centre, health minister Kalumbi Shangula announced eight new cases of Covid-19, with patients ranging from ages 13...

Pick n Pay clears the...

3 days ago - 02 July 2020 | Business

Walvis Bay Pick n Pay responded to what it terms misleading reports that appeared about the closure of its store in Walvis Bay yesterday.According...

PowerCom commissions new towers

3 days ago - 02 July 2020 | Technology

Information Communication Technology (ICT) infrastructure provider PowerCom, recently commissioned four infrastructure towers at the coast and one in Rehoboth. The towers were constructed to increase...

Load More