Dorpsraad sê oor Farm 37

Inwoners van Kuisebmond beskuldig die munisipale raad van misbruik om stemme vir die verkiesings te werf.

12 November 2019 | Local News

Walvisbaai • leandre[email protected]

Die Walvisbaaise munisipale raad het verskeie openbare vergaderings gehou met die oog daarop om inwoners in te lig oor die vordering gemaak in verband met Farm 37.

Tydens die Kuisebmond-vergadering het die inwoners die raad daarvan beskuldig dat hul die byeenkomste gebruik as’n strategie om stemme te kry vir die presidents- en nasionale verkiesings wat later die maand plaasvind.

Honderde inwoners het opgedaag vir die vergadering, maar was nie baie beïndruk dat die raad tot enkele weke voor die verkiesing gewag het om hulle in te lig oor Farm 37 nie.

Die onderburgemeester, Penelope Martin, raadslede Romeo Goseb en Tobias Nambala, asook die uitvoerende hoof, Muronga Haingura, het die gemeenskapslede op Kuisebmond toegespreek.

Die burgemeester van Walvisbaai, Immanuel Wilfred, raadslid Valencia Isaaks, John Manale, bestuurder van behuising en eiendom, en John Esterhuizen, hoofbestuurder van die department water en omgewing, het lede van die gemeenskap op Narraville toegespreek.

Aan die begin van die Narraville-vergadering het Wilfred dit duidelik gemaak dat die vergaderings nie belê is om enige politieke agenda te bevorder nie.

Farm 37 is in 2016 deur die Walvisbaai-stadsraad en die Erongo-streeksraad geïdentifiseer as ’n oplossing om meer as 30 000 inwoners te hervestig van wie 19 000 in plakkershutte woon. Tot dusver is goedkeuring verleen vir die beskikbaarstelling van kleiner erwe van 200 vierkante meter.

Tot dusver is die goedkeuring van die dorspgemeenskapraad gedurende September 2019 ontvang en die finale aanstelling van die landmeter is in Oktober gedoen.

Advertensies vir die aanstelling van konsultante vir die ontwerp van dienste (strate, elektriese werking, waterpype en rioolstelsel) is reeds in Augustus en September gedoen, met die evaluering wat in Oktober en November plaasgevind het, en die konsultante se aanstelling in Desember.

Die advertensie van die tenderbouprojek sal in Februarie 2020 gepubliseer word, met die evaluering en aanstelling van die kontrakteurs wat in Maart 2020 sal plaasvind.

Die vestiging van die terrein sal ongeveer April 2020 geskied, en die geskatte konstruksietydperk van hierdie dienste sal ongeveer 12 maande wees.

Farm 37 sal ongeveer 37 000 erwe lewer. Walvisbaai het tans slegs 16 843 erwe (ontwikkel en onontwikkeld).

Volgens ’n opname wat in 2017 gedoen is, was daar ongeveer 6 424 plakkershutte in agt gebiede van Kuisebmond. Sowat 5 107 mense het werk, met 1 175 wat werkloos is. Die gemiddelde inkomste is ongeveer N$ 3 300 per maand, met die minimum N$220 en die maksimum N$6 696.

Similar News

 

Search for drowned boy continues

3 days ago - 08 December 2019 | Local News

Henties BayA drowning incident involving an eleven year old boy Prince Samuel Pietersen was reported to the police yesterday in Henties Bay. According to the...

Youth stand against femicide

1 week ago - 03 December 2019 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Youth Against Femicide (YAF) movement operating with the backing of Dipogenic Media, are in the process of hosting...

Krygsgevangenes se grafte gaan herstel word

1 week ago - 03 December 2019 | Local News

Swakopmund · [email protected] Die Namibiese Volksmoordvereniging (Nambian Geniocide Association - NGA) beoog om die grafte van krygsgevangenes wat gesterf het gedurende die Ovaherero- en Nama-volksmoord...

Helpende hand vir senior burgers

2 weeks ago - 26 November 2019 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Die Erongo Trust vir Bejaardes het verlede week Woensdag N $ 260 304,67 van Belvedere Safari Adventures ontvang. Die Trust is in...

Mondesa set for development

2 weeks ago - 21 November 2019 | Local News

Swakopmund • [email protected] Several developments for Mondesa were discussed during a public meeting called by the Swakopmund municipality at the Meduletu hall recently.According to...

Kamplekke word blink gepoets

3 weeks ago - 19 November 2019 | Local News

Swakopmund • [email protected] Foto’s wat wat glo wys dat kampeergeriewe by Jakkalsputz afgebreek word, het onlangs ‘n bohaai op sosiale media veroorsaak. ...

Openbare toilet vir gemeenskap

3 weeks ago - 19 November 2019 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die Namibiese korrektiewe dienste het onlangs op Omaruru ’n openbare badkamer in die Hakahana-nedersetting amptelik oorhandig. Die oorhandiging het saamgegaan met...

Vroeë Kersgeskenk vir senior burgers

4 weeks ago - 12 November 2019 | Local News

Walvisbaai · [email protected] plaaslike haarkappers het laas Woensdag 31 senior burgers van die Kuisebmond-outehuis verras. Petra Pelma van Petra’s Hair Studio en Bradley...

Veiligheid vir bejaardes

4 weeks ago - 11 November 2019 | Local News

Swakopmund · [email protected] Die Swakopmund Retirement Village het gister vir die eerste keer hul noodplan ingeoefen.Die aftree oord het in Desember 2016 geopen en...

Service delivery boosted

1 month - 08 November 2019 | Local News

Swakopmund • [email protected] Swakopmund Municipality received two Ultimate Dependable (UD) trucks from Auto Sueco Namibia, with a combined value of N$3.1 million on Friday. The...

Latest News

Untouched beauty

15 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The Fine Art Gallery in Swakopmund is hosting “Untouched” – an exhibition by Rosa Smit and Betsy van Rensburg. The exhibition...

Search for drowned boy continues

3 days ago - 08 December 2019 | Local News

Henties BayA drowning incident involving an eleven year old boy Prince Samuel Pietersen was reported to the police yesterday in Henties Bay. According to the...

Desert Dash delivers once more...

3 days ago - 07 December 2019 | Sports

Swakopmund · [email protected] Nedbank Desert Dash competitors competed in various categories such as the solo (men’s and women), mixed two, four as well as four...

Headmaster arrested for corruption

5 days ago - 05 December 2019 | Crime

Swakopmund A 39-year old former headmaster of Vrede Rede Primary School, Lizette Hedwig Fisher-Lucas, was arrested on a charge of theft after she allegedly misused...

Danie van Antwerpen and Pikkie...

5 days ago - 05 December 2019 | Sports

The 54 players that competed in the Namib Mills better ball competition was the biggest field for many a month and what a good day...

Wêreldvigsdag herdenk

5 days ago - 05 December 2019 | Health

Walvisbaai • [email protected] Walvisbaai se munisipaliteit het Vrydag saam met die res van die wêreld, Wêreldvigsdag herdenk onder die tema “Gemeenskappe maak die verskil”.Tydens...

Fuel prices unchanged

1 week ago - 04 December 2019 | Energy

Fuel pump prices in Walvis Bay for 95 Octane Unleaded Petrol amount to N$ 13.05 per liter and that of Diesel 50 ppm is N$...

Fishermen protest against ‘fishrot’ accused

1 week ago - 03 December 2019 | Crime

Walvis Bay · [email protected] Approximately 300 fishermen held a peaceful demonstration outside the Kuisebmond Stadium in Walvis Bay earlier today.The fishermen, who are all unemployed...

Strawberry Fields Forever!

1 week ago - 03 December 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Strawberry Fields Vocal Training Academy hosted a show to commemorate the past year on Saturday evening. “The evening was just for...

Load More