Dorp van die jaar se makietieplanne

Sedert Swakopmund Kwêla se Dorp van die Jaar-­kompetisie gewen het, word hard gewerk om die prestasie in Desember te vier.

10 September 2019 | Local News

Swakopmund • Otis Finck



Ná drie vorige probeerslae het Swakopmund op 16 Junie vanjaar met Kwêla se Dorp van die Jaar-titel weggestap.

Die wenprys is N$1 miljoen se advertensielugtyd op kykNET, en die KIA Makietie word op 6 en 7 Desember op Swakopmund gehou.

Die makietie se amptelike bekendstelling was op 31 Julie en is deur die dorp se adjunkburgemeester, me. Maria Elago, behartig.

Om Kwêla se Dorp van die Jaar te wees, is 'n besonderse prestasie en bied 'n uitstekende geleentheid aan die stadsraad en inwoners om die dorp te bemark.

Meer as 20 000 mense word by die feestelikhede in Desember verwag.

Die geld wat gegenereer word, sal gebruik word om die onkostes vir die makietie te delg. Dit wat oorbly, sal vir die bemarking van Swakopmund gebruik word. Welsynsorganisasies sal skenkings ontvang en studente wat aan die nuwe universiteit op Swakopmund wil studeer, sal deur middel van beurse ondersteun kan word.

Homebrew Films, Artist Warehouse en 'n plaaslike reëlingskomitee bestaande uit lede van Destination Swakopmund (9) en munisipale amptenare (7) is in beheer van die makietieplanne.



Bydrae

Die stadsraad is genader om N$20 000 by te dra en die Vineta-sportveld, asook aangrensende oop grond vir parkering gratis beskikbaar te stel. Die verhoog vir die verskeie optredes sal op die sportveld wees.

Aangesien die makietie aan die begin van die feesseisoen gehou word, is die stadsraad versoek om spesiale verblyfpakkette vanaf 1 tot 14 Desember beskikbaar te stel vir diegene van ander dorpe wat wil saamkuier.

Mense wat vir die tydperk plek bespreek by sekere eenhede in die munisipale ruskamp, sal moontlik 20%-afslag kan kry

Spesiale kaartjiepakkette gaan ook moontlik beskikbaar gestel word vir deelne­mers aan die Internasionale ­Jeugkampioenskappe vanaf 2 tot 6 Desember, asook die Desert Dash wat op 6 en 7 Desember plaasvind.

Die reëlingskomitee sê die makietie moet 'n jaarlikse instelling word en in die toekoms in eerste week van Desember onder 'n ander naam gehou word.

Volgens die voorlopige program sal plaaslike dansgroepe en musikante soos George Longane tydens 'n musiek­konsert op die eerste dag van die makietie met Suid-Afrikanse kunstenaars onder wie Fatman, Wynand en Cheree, Juanita du Plessis en Die Campbells die verhoog deel.

Die volgende dag word die pret voortgesit. Die Saterdagoggend word 'n “slegs vir dames”-geleentheid met Hannes van Wyk by die Strand Hotel gehou. Lollos sal die kinders vermaak en 'n kookkompetisie vir bekendes sal onder leiding van die Namibiese sjef Sanet Prinsloo by die sportstadion gehou word. Dirk van der Westhuizen, Jezelle, Willem Botha, Leah, asook die welbekende Emo Adams en sy orkes gaan die voete laat jeuk en die ore laat tuit vir die tweede deel van die pret op die dag.

Dit word ook oorweeg om op 8 Desember opelugflieks op 'n reuse­skerm te vertoon.

Om dit alles moontlik te maak, benodig die plaaslike reëlings­komitee vennote en borge.

Lede van die junior dorpsraad is genader om te help met die verkoop van kaartjies, asook by die beplande pretpark vir kinders.

Similar News

 

Veiligheid vir bejaardes

14 hours ago | Local News

Swakopmund · [email protected] Die Swakopmund Retirement Village het gister vir die eerste keer hul noodplan ingeoefen.Die aftree oord het in Desember 2016 geopen en...

Service delivery boosted

3 days ago - 08 November 2019 | Local News

Swakopmund • [email protected] Swakopmund Municipality received two Ultimate Dependable (UD) trucks from Auto Sueco Namibia, with a combined value of N$3.1 million on Friday. The...

Municipal workers up in arms

5 days ago - 06 November 2019 | Local News

Swakopmund • Adolf Kaure Dissatisfied employees of the Swakopmund municipality held a peaceful demonstration yesterday, demanding that salary negotiations for the 2019/2020 financial year...

Pophuis help met stryd teen kanker

1 week ago - 01 November 2019 | Local News

Swakopmund • Iréne-Mari van der WaltDie Lionsklub op Swakopmund het onlangs N$20 000 aan dr. Merwena Basson geskenk om haar praktyk se kankerpasiënte wat behandeling...

Junior stadsraadlede ingehuldig

2 weeks ago - 29 October 2019 | Local News

Die nuwe junior stadsraad is Vrydagaand amptelik ingehuldig. Kuundja Kavari van die International School of Walvis Bay is as junior burgemeester verkies en sy adjunk...

Hongersnood se einde in sig

3 weeks ago - 22 October 2019 | Local News

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt Die munisipaliteit van Swakopmund het onlangs Wêreldvoedseldag her­denk met die oorhandiging van kos aan die Tears Of Hope-weeshuis, Ubuntu...

Prokureurs span saam teen geslagsgeweld

3 weeks ago - 22 October 2019 | Local News

Swakopmund • Otis Finck 'n Regspraktisynsfirma op Swakopmund, Ellis Shilengudwa Incorporated (ESI), in samewerking met die Lindi Prinsloo Trust, die Janet Martin-liefdadigheidsorganisasie en die vroueregte­aktivis...

Nuwe komitee vir Narraville se mense

4 weeks ago - 15 October 2019 | Local News

Walvisbaai • Leandrea Louw Inwoners van Narraville het onlangs 'n komitee aangewys as verteenwoordigende spreekbuis van die gemeenskap wat betref kwessies, uitdagings en ontwikkeling...

Nog 'n hupstoot vir kankervereniging

4 weeks ago - 15 October 2019 | Local News

Swakopmund • Leandrea Louw Die Erongo-tak van die Kankerver­eniging van Namibië (CAN) het Saterdag sy grootste, jaarlikse geldinsamelingsveldtog, die Hats and Roses-geleentheid, op Swakopmund...

NamGreenWood help herwin

4 weeks ago - 15 October 2019 | Local News

Swakopmund • Adolf KaureDie Swakopmund-munisipaliteit het tydens sy maandelikse agendavergadering NamGreenWood Ent CC toestemming gegee om herwinbare materiaal van die Swakopmund-stortingsterrein te verwyder. NamGreenWood het...

Latest News

Grumpy's ­fishing report

3 hours ago | Fishing

Outdoor Centre • Grumpy Gramowski The Cymot Corporate Angling competition held recently was a huge success. About 50 four-man teams entered, which means 200 anglers...

TIDES

3 hours ago | Fishing

Tuesday, 12 NovemberHigh03:13Low08:55High15:17Low21:18Wednesday, 13 NovemberHigh03:43Low09:25High15:47Low21:48Thursday, 14 NovemberHigh04:14Low09:57High16:19Low22:20Friday, 15 NovemberHigh04:48Low10:32High16:55Low22:56Saturday, 16 NovemberHigh05:27Low11:12High17:36Low23:36Sunday, 17 NovemberHigh06:11Low12:01High18:25Low00:26Monday, 18 NovemberHigh07:07Low13:06High19:28Low01:34Best fishing:Tuesday, 12 Novemberfrom 14:45 to 15:49Saturday, 16 Novemberfrom 16:02 to...

Hupstoot vir Shack Dwellers

7 hours ago | Infrastructure

Walvisbaai • [email protected] Die Walvis Bay Shack Dwellers het N$1 miljoen van die Erongo-streeksraad deur middel van die kiesafdeling-ontwikkelingsfonds (CDF) ontvang.Die groep van...

King of the Ring I

7 hours ago | Sports

Swakopmund The first King of the Ring Championship takes place in Swakopmund next Saturday (16 November). The event is sanctioned by the Namibian Kickboxing Federation...

King of the Ring I

14 hours ago | Sports

Swakopmund The first King of the Ring Championship takes place in Swakopmund next Saturday (16 November). The event is sanctioned by the Namibian Kickboxing...

Veiligheid vir bejaardes

14 hours ago | Local News

Swakopmund · [email protected] Die Swakopmund Retirement Village het gister vir die eerste keer hul noodplan ingeoefen.Die aftree oord het in Desember 2016 geopen en...

Development for Arandis

1 day - 11 November 2019 | Infrastructure

Arandis · [email protected] The Arandis logistics hub, truck port and prepaid water meter projects were launched by the governor of the Erongo region Cleophas...

Europa op Swakopmund silwerskerm

2 days ago - 09 November 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund · [email protected] Europese Unie (EU) het hierdie week ’n Europese Filmfees op Swakopmund aangebied. Vertonings het Maandag met The King of the...

Toerbus brand uit

2 days ago - 09 November 2019 | Disasters

Swakopmund • [email protected] Vier en dertig toeriste se Namibiese besoek is kortgeknip ná hul “Rotel”-bus aan die brand geslaan het.Die bus het...

Load More