Die kaf van die koring

Navorsing skakel die Illuminati en Lucifer uit

24 January 2021 | Health

Windhoek ∙ [email protected]


“Die entstof plaas ’n mikroskyfie in jou lyf en Bill Gates gaan jou en jou doen en late met ’n valkoog dophou. Om nie daarvan te praat dat dit jou DNS gaan verander en dat jy amptelik nou aan Lucifer en sy bende behoort nie. En natuurlik is daar die immerteenwoordigende Illuminati wat agter alles skuil en die Covid-19-virus gekweek het om jou te dwing om ryk farmaseutiese maatskappye se sakke nog voller te maak deur hul entstof te koop.”

Samesweringsteorieë oor die entstowwe teen Covid-19 oorheers sosiale en gedrukte media. Maar wat is feite en wat is fiksie?

Die feit dat ’n entstof jou DNS kan verander, is loutere bog, skryf die wetenskaplike Awie Badenhorst en Izak de Vries op Litnet.

“Daar is geen meganisme bekend hoe RNS (ribonukleïensuur) daarin kan slaag om die menslike DNS te beïnvloed nie. Daar bestaan nie eens enige hipoteses in dié verband nie,” sê hulle.

RNS speel ’n rol in die “lees” van die DNS en in die bou van die belangrike molekules in elke sel en word hoofsaaklik deur ribosome gedoen.

Heinz Mödler, ’n mediese spesialis en skrywer van Kaapstad, verduidelik op ’n eenvoudige wyse die kern in die menslike sel bevat al die genetiese materiaal wat nodig is om van jou ’n mens te maak.

“Alles wat jy nodig het om jouself te wees en te oorleef, is opgesluit in die DNS wat in die kern gevind word. Hierdie inligting word aangewend om ’n magdom verskillende proteïene te vervaardig,” sê Mödler. Elke proteïen het ’n spesifieke funksie en word gebruik om te kan sien en hoor, om bloedvate te maak, om senuwees, bene, hormone en alles anders waaruit jou liggaam bestaan, te vervaardig.

Volgens hom bestaan DNS uit verskillende boublokke en die volgorde daarvan bepaal watter tipe proteïen gaan op die ou end vervaardig word. Proteïene word buite die kern, in die sitoplasma, vervaardig. Op een of ander manier moet die genetiese boodskap dus die kern verlaat om in die sitoplasma opdragte te kan gee.

“Hierdie genetiese opdrag verlaat die kern in die vorm van ’n DNS-patroonvorm (template) wat die boodskapper-RNS (mRNA, messenger RNA) genoem word.

Mödler verduidelik wetenskaplikes het die Covid-19-virus se mRNA gebruik om hierdie nuwe entstof te ontwikkel. Dié proses is vinniger, want dit is nie nodig om eers vreemde virusproteïene te vervaardig wat in die entstof ingesluit word nie. Met mRNA in die entstof sal die menslike selle self die vreemde proteïen vervaardig.

Volgens Mödler is dié metode ook veiliger, omdat daar geen risiko vir Covid-19-infeksie is nadat die entstof toegedien is nie.

“Die entstof bevat mos geen lewendige of dooie virusse nie. Nie eens deeltjies van die virus nie,” sê hy.

Die mRNA wat wetenskaplikes gekies het, is die stuk wat lei tot die vervaardiging van ’n spesifieke proteïen, diestekelproteïen (S-proteïen).

Dié proteïen is verantwoordelik vir die kenmerkende uitstulpings wat op die Covid-19-virus gesien word en is vir die virus baie belangrik, want dit word gebruik om aan ’n menslike sel te bind en dan die virus se inhoud in die gasheer se sel te stort.

“Indien dié spesifieke mRNA in ’n entstof opgeneem word, sal die sel dit gebruik om die S-proteïen te vervaardig. Die liggaam se immuunstelsel sal dan hopelik die S-proteïen as vreemd herken en teenliggame daarteen produseer om immuniteit teen die Covid-19-virus te bewerkstellig.”

Vir enige chemiese stof, ook mRNA, om deur ’n sel opgeneem te word, moet dit vetoplosbaar wees, want die selmembraan bestaan uit vette. mRNA is wateroplosbaar. Nadat die stukkie mRNA in die laboratorium vervaardig is, moet die navorsers nou ’n manier vind om dit in die menslike sel te kry.

Volgens Mödler het sekere van die entstofvervaardigers die stukkie mRNA met vier verskillende vette omhul om dit vetoplosbaar te maak. Dié vetomhulde mRNA kan maklik deur die selmembraan glip om die mRNA in die sitoplasma vry te stel. “Nou is die mRNA waar dit moet wees en kan die sintese van die S-proteïene begin.”

Vektor

’n Ander manier is om van ’n vektor (draer) gebruik te maak. ’n Vektor is ’n lewende organisme wat iets huisves, soos ’n kiem of selfs ’n stukkie mRNA, wat dan aan ’n ander organisme oorgedra kan word.

Mödler verduidelik die proses hoe ’n entstof vervaardig word met eerstens ’n verswakte virus en wanneer die oorspronklike virus gebruik word. Om te verhoed dat die virus die mens ná inenting siek maak, word dit verswak sodat dit hoogstens ’n afgewaterde infeksie veroorsaak. Die voordeel van hierdie metode is langtermyn-immuniteit.

Tweedens word ’n dooie virus gebruik wanneer die virus onskadelik gestel en in die entstof opgeneem word.

“Die komponente van die virus is steeds in staat om as ‘vreemd’ herken te word en die liggaam vervaardig teenliggame. Wanneer iemand lewende virusse het, is immuniteit reeds in plek.”

Derdens kan sekere dele / proteïene/ virus-tipe produkte in die entstof geplaas word. Ná inenting vervaardig die liggaam teenliggame teen die gekose komponent in die entstof. Hierdie entstowwe kan nie siekte veroorsaak nie. Ongelukkig is die immuunreaksie nie altyd sterk genoeg nie en moet opvolginentings toegedien word.

Mödler sê boublokke (nukleïensure) van RNS kan ook gebruik word en dié tipe entstowwe bevat nie enige vreemde materiaal wat van die virus afkomstig is nie, maar laat die menslike selle toe om self die vreemde stowwe te vervaardig. Dit aktiveer die immuunstelsel om teenliggame te produseer.

“Navorsers is nou in staat om die virus se mRNA in die menslike sel te kry. Ongelukkig is die kans groot dat die sel hierdie materiaal as vreemd genoeg gaan ag en dit vernietig nog voordat die immuunstelsel ’n kans kan kry om teenliggame te produseer.

“Om die afbreking te verhoed, word van die boublokke in die mRNA se struktuur verander sodat die liggaam dit nie meer as só vreemd herken dat dit summier vernietig word nie, maar nogtans as vreemd genoeg om teenliggame daarteen te vervaardig.

“Nou word daar nie meer gepraat van mRNA nie, maar aangepaste mRNA. Dit lei uiteindelik tot die sintese van die S-proteïen in die sitoplasma. Hierdie S-proteïen sal die immuunstelsel in die liggaam stimuleer om teenliggame te maak en siedaar, jy is immuun teen die virus.”

Volgens Mödler was die navorsers baie slim om juis die S-proteïen te kies, want coronavirusse, insluitend mutasies en ander variante, het almal die kenmerkende uitstulpings op hul oppervlakke.

“Indien ’n virus uitstulpings het, bevat die virus die S-proteïen. Die teenliggaampies in jou liggaam sal dus doeltreffend kan keer dat enige van hierdie virusse jou siek maak. Daar is geen kans dat die entstof jou kan siek maak nie, want dit bevat geen virusse, dooie virusse of selfs virusdeeltjies nie, soos vroeër genoem. Ook bevat die nuwe entstof nie preserveermiddels nie, veral nie thiomersal nie.”

Hy beklemtoon die einde van die pad van die tegnologie wat nou ter sprake is om die Covid-19-entstof te vervaardig, is nog lank nie in sig nie.

Die potensiaal van hierdie tegnieke is nog in die beginstadium en dit beloof om ’n indrukwekkende reus in die mediese wêreld te word – of jy nou die inenting gaan kry of nie.

Hoe weet ons 'n entstof is veilig?

Die BBC berig veiligheidsproewe begin in die laboratorium, met toetsing en navorsing op selle en diere, voordat dit na menslike studies aanbeweeg. Die beginsel is om klein te begin en eers tot die volgende stap van toetsing oor te gaan as daar geen uitstaande kommer oor veiligheid is nie.

Watter rol speel proewe?

Solank die veiligheidsdata goed is, kan wetenskaplikes toets of die entstof of behandeling ook doeltreffend is. Dit beteken toetse in groot getalle vrywilligers. In die geval van Pfizer-BioNTech (die eerste entstof wat in Brittanje goedgekeur is) was dit sowat 40 000 individue.

Die helfte ontvang die entstof en die ander helfte ’n plasebo. Die navorsers en deelnemers weet nie watter groep is watter een nie, totdat die uitslae ontleed is, om vooroordeel te voorkom. Al die werk en bevindinge word nagegaan en onafhanklik geverifieer.

Volgens die BBC het die proewe vir Covid-19-entstowwe teen ’n geweldige spoed plaasgevind, maar is geen stappe oorgeslaan nie.

Die Oxford-AstraZeneca entstofproewe is in ’n stadium vrywillig op ys geplaas om ondersoek in te stel waarom een deelnemer, een uit duisende, gesterf het. Dit het hervat toe bevestig was die sterfte kon nie aan die entstof toegeskryf word nie.

Wat is in die Covid-19-entstowwe?

Pfizer-BioNTech se entstof (en dié van Moderna) gebruik stukkies genetiese kode om ’n immuunreaksie te veroorsaak en word ’n mRNA-entstof genoem.

Dit verander nie menslike selle nie, maar verskaf bloot aan die liggaam instruksies om immuniteit teen Covid op te bou. Die Oxford-AstraZeneca gebruik ’n skadelose virus wat verander is om meer soos die pandemie se virus te lyk. Entstowwe bevat soms ander bestanddele soos aluminium, wat die entstof meer stabiel of doeltreffend maak.

Sal ’n enstof my siek maak?

Daar is geen bewyse dat enige van hierdie bestanddele skade veroorsaak wanneer dit in klein hoeveelhede gebruik word nie.

Entstowwe gee jou nie ’n siekte nie. Dit leer jou liggaam se immuunstelsel om die infeksie waarvoor dit ontwerp is om jou teen te beskerm, te herken en teen te veg.

Sommige mense ontwikkel wel ligte simptome nadat hulle ingeënt is, soos seer spiere of ’n verhoogde temperatuur. Dié simptome is egter nie die siekte self nie, maar die liggaam se reaksie tot die entstof.

Wat is allergieë?

Allergiese reaksies tot entstowwe is volgens die BBC se navorsing skaars. Vir enige goedgekeurde entstof word die bestanddele gelys. Geen ernstige nadelige reaksies is tydens die proewe van die Pfizer-BioNTech-entstof geïdentifiseer nie. As ’n voorsorgmaatreël het die maatskappy gesê mense met ’n geskiedenis van beduidende allergiese reaksies moet egter nie tans die Pfizer-entstof kry nie.

Wat as ek reeds Covid-19 het?

Mense sal steeds die entstof kan kry, selfs al het hulle in die verlede Covid-19 gehad. Dit is omdat natuurlike weerstand nie lank kan heers nie en immunisasie meer beskerming kan bied.

Volgens riglyne is daar ook geen veiligheidskommer om entstowwe aan mense met “lang” Covid-19 te gee nie. Mense wat egter tans Covid-19 het, moet egter nie die entstof kry totdat hulle herstel het nie.

Hoe dierevriendelik is entstowwe en bevat dit alkohol?

Sommige entstowwe soos dié teen gordelroos en die nasale verkoue-entstof vir kinders, kan varkgelatien bevat.

Die Covid-entstowwe van Pfizer, Moderna en AstraZeneca bevat nóg dit, nóg enige ander diereprodukte.

Vir diegene wat byvoorbeeld om geloofsredes besware het teen entstof wat alkohol bevat, is die antwoord dat nie enige van die genoemde entstowwe alkohol bevat nie.

As almal ingeënt word, hoekom moet ek?

Oorweldigende wetenskaplike bewyse sê immunisering is die beste weerstand teen ernstige infeksies. Covid-19-entstowwe verhoed mense om erg siek te raak en kan lewens red. Dit is egter nog nie duidelik hoeveel beskerming entstowwe bied in terme van hoe dit mense weerhou om Covid-19 te versprei nie. Sou entstowwe egter wel hierin slaag, kan die immunisering van mense die siekte uitwis.

Is dit doeltreffend teen nuwe variante?

Tot dusver was spesialiste en die farmaseutiese maatskappye wat entstowwe vervaardig optimisties dat dit doeltreffend teen ontluikende variante en stamme is.

Volgens Medical News Today het Pfizer verklaar daar is geen rede om te vermoed dat die entstof nie teen die SARS-CoV-2-variant sal werk nie. Beide Pfizer-BioNTech en Moderna, het mRNA-entstowwe wat die genetiese inligting van die virus bevat.

Volgens kenners is mRNA-tegnologie aanpasbaar genoeg dat, in teorie, wetenskaplikes maklik die mRNA-entstowwe kan aanpas om doeltreffendheid teen komende variante of stamme van ’n virus te verseker.

Tot dusver wil dit nie voorkom of die virus weerstandig teen Covid-19-entstowwe geraak het nie, sê die entstofkundige Philip Krause, voorsitter van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se werkgroep vir Covid-19-entstowwe.

“Die minder goeie nuus is, die vinnige evolusie van hierdie variante stel voor dat, sou dit moontlik wees vir die virus om in ’n entstofweerstandige fenotipe te ontwikkel, dit moontlik vinniger kan gebeur as waarvan ons hou,” het hy gesê.

Bronne: Litnet/Netwerk24/BBC/Science/Nature/MedicalNewsToday

Similar News

 

Suicide in a Covid world

4 days ago - 18 April 2021 | Health

Experts at Stellenbosch University (SU) are involved in an important international study tracking suicide rates across the globe since the advent of the Covid-19 pandemic....

Private sektor mag entstowwe invoer

1 week ago - 13 April 2021 | Health

Windhoek ∙ [email protected] Die private sektor en wel groothandelaars en verspreiders mag Covid-19-entstowwe van geloofwaardige bronne na Namibië invoer om die verkryging van entstowwe...

Slight amendments to Covid measures announced

3 weeks ago - 31 March 2021 | Health

The minister of health and social services Kalumbi Shangula made an announcement on the amendment to Covid 19 regulations today.The measures that will come into...

Japanese ambulances for Swakop

1 month - 23 March 2021 | Health

The ambassador of Japan to Namibia Harada Hideaki will sign a grant contract with Louisa Kativa, the mayor of Swakopmund on Wednesday (24 March).The Japanese...

‘Vaccine justice for Africa’ - Adesina

1 month - 22 March 2021 | Health

The president of the African Development Bank Dr. Akinwumi Adesina decried the lack of Covid-19 vaccines reaching Africa, calling for vaccine justice for the continent....

Covid vaccine arrives in Erongo

1 month - 22 March 2021 | Health

Swakopmund • [email protected] Sinopharm’s Covid-19 vaccine which was donated to Namibia by the Chinese government, arrived in the Erongo region on Friday morning. Erongo health...

Kalumbi on Covid vaccines: We can’t wait for WHO...

1 month - 18 March 2021 | Health

Windhoek ∙ [email protected] Health minister Dr Kalumbi Shangula says Namibia is not obliged to wait for World Health Organisation (WHO) approval to use a...

Entstof vandag hier

1 month - 16 March 2021 | Health

Windhoek ∙ [email protected] Die CoronaVac-entstof, wat deur die Chinese farmaseutiese vervaardiger Sinopharm ontwikkel is, word vandag amptelik in Windhoek in ontvangs geneem.Die eerste inentings...

Pay up first, council tells ministry

1 month - 25 February 2021 | Health

Swakopmund • [email protected] Given the second wave of the coronavirus that hit Namibia, the Ministry of Health asked for additional accommodation in Swakopmund...

Namibia working towards acquiring vaccine

1 month - 25 February 2021 | Health

Walvis Bay The minister of health and social services, Dr Kalumbi Shangula, said that Namibia is hard at work to ensure that...

Latest News

Buccaneers Summer League 21 concluded

15 hours ago | Sports

The final round of the Buccaneers Summer League tournament was played on 10 April, with congratulations going to Brandon Grane who defeated everyone in the...

LeSean Elshadai drops EP in...

16 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Recording artist Clinton “LeSean Elshadai” Mulenga and Jonathan “Johnny Be Good” Luvindao recently released the EP (extended play) project Kaliyuga with...

Choose your most inspiring moment...

17 hours ago | Sports

Sports fans around the globe can be part of next month’s Laureus World Sports Awards by voting in an online poll to pick the Laureus...

Maria Nepembe triumphs at Zikomo...

17 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Namibian socialite and entrepreneur Maria Nepembe scooped three accolades at the Zikomo Awards that took place in Lusaka, Zambia, recently.Nepembe took...

CFC extends its lead

17 hours ago | Sports

The second round of the 2021 Bank Windhoek Fistball League saw Cohen Fistball Club (CFC) defeat hosts and rivals Sport Klub Windhoek (SKW) with a...

Moving farewell over the Namib...

17 hours ago | Local News

Swakopmund As a symbol of respect and in line with the wishes of Hans Burkhardt who died at the beginning of the year, several...

‘Zero Hour’ set to premiere

18 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund The short film Zero Hour premieres at the Mondesa Multi-Purpose Centre on Thursday at 18:30.“In this 10-minute short film, 22-year-old recent graduate Mbakoo...

Local visual arts sector is...

18 hours ago | Art and Entertainment

The Bank Windhoek Triennial 2020 Awards ceremony and exhibition opening takes place on Thursday (22 April 2021) at 16:00. With 491 submissions received of which...

Nande eet Rössmund vir brekfis...

1 day - 22 April 2021 | Sports

Likius Nande het met tien houe gewen toe Rössmund-klub buite Swakopmund vir die tweede keer die Standard Bank Swakop Ope aangebied het, as deel van...

Load More